Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

      Feetjie sit in die swaai en ry heen en weer, heen en weer terwyl sy ‘n vrolike deuntjie sing. Haar lied verstom al haar woud vriende en hulle luister gehipnotiseerd en aandagting na haar pragtige stem en lied.

      Sy sing:- 
     
      So ry ek heen en weer
      so ry ek heen en weer
                 
                  Ek ry op my boom skoppelmaai
                  kyk in die pad af tot by die draai
                  So gelukkig elke keer
                  elke gogatjie se seer
                  gesondmaak elk se pyn
                  almal gelukkig in samesyn
     
                  So ry ek heen en weer
                  so ry ek heen en weer
       

      Die doudruppels van die nag se dou maak reenboog kleure op haar swaai se spinnerak toue as dit die sonstrale vang wat deur die boom se blare val. Een van haar bosvriende het vir haar hierdie spesiale feetjie swaai gemaak. Ou spinnie die spinnekop met sy agt voete het die hele dag lank geswoeg om die swaai aanmekaar geweef te kry met sy sysagte, maar sterk spinnerak draadjies. Hy het dit gedoen om sy dankbaarheid te betoon aan feetjie omdat sy een been gebreek het en feetjie dit weer gespalk het.

      Haar werk is om na die gesondheid van al haar bos vriende om te sien. Daar woon baie diere, asook insekte en wurmpies in die woud na wie se gesondheid sy moet omsien. Sy is die dokter van die woud. Sy kan nie verdra dat iemand hartseer is of in pyn verkeer nie. Sy het reeds al haar rondtes by die siekes gedoen en nou het sy ‘n bietjie vrye tyd. Sy gebruik dit om vir al haar vriende te sing om hulle gelukkig te hou. ’n Gelukkige woud is ‘n vriendelike woud. Sy hou daarvan as al haar vriende gelukkig en vriendelik is.
     
      Ou boom kaboutertjie sit amper vas aan die slaap in die mik van die groot boom. Net daar waar die tak uitsteek oor die bospaadjie en waaraan Feetjie se swaai vasgemaak is. Hy het die hele boom se blare weer oor geverf. Dit is sy boom hierdie en hy moet gereeld die nuwe blare lig groen verf. As die blare ouer word verf hy hulle weer ‘n donkerder groen. As die blare oud word en net voordat hulle grond toe val moet hy hulle weer bruin verf. Dit is ‘n groot boom en dit hou hom baie besig. Somtyds werk hy in die nag en dan moet vuurvliegie en gloeiwurmpie hom help en lig maak sodat hy kan sien in die donker om sy verfkwassie in die regte verf te druk. Somtyds kry hy ‘n glipsie in die donkerte en dan is een blaar sommer bruin aan die een kant met bietjie groen daarby gemeng. In die bos kry elke kabouter ‘n taak. Party kry ‘n boom om te verf en ander is weer besig tussen die grasse onder op die grond waar hulle struike en gars plant.
     
      “Jy sing so pragtig vandag dat jy my skoon aan die slaap sing, want ek is nou so moeg gewerk”, se boomkabouter
     
      Skielik sit kabouter kiets regop. Hy is seker hy het ‘n trilling van voetspore in die paadjie daar onder gevoel. Hy maak vir veetjie stil en hulle luister aandagtig. Kabouter spits sy ore nog langer as wat hulle reeds is. Sowaar, daar kan hy dit nou duidelik hoor ook. Voetstappe wat al in die paadjie aankom. Almal in die woud hou skielik op met praat en bly tjoepstil. Net sonbesie hou natuurlik aan met sy eentonige spel op sy viool, want sy eie ore is so doof van die viool dat hy in elk geval niks kan hoor wat om hom aangaan nie.
     
      Feetjie sien die seuntjie eerste waar hy om die draai in die paadjie verskyn. Twee traan strepe duidelik te sien wat intussen twee stof strepies op sy wange begin maak het. Sy het al baie die seuntjie in die paadjie gesien stap, maar dan was hy uitbundig vrolik en al huppelend met al die diere in die woud gesels, maar sy het hom nog nooit so hartseer gesien nie. Ook nooit met hom terug gesels nie, want hy was dan so vrolik en bly.
     
      stap aan tot hy reg hier onder die boom kom waar veetjie en kaboutertjie sit. Die seuntjie steek skielik vas en gaan sit op die grond met sy rug teen die groot ou boom se stam. Toe begin sy lyf weer te ruk soos hy snik en groot blink trane rol oor sy wange.
     
      Veetjie kyk vir kabouter en hy knik vir haar. Sy gly met een van spinekop se sysagte drade of en gaan sit op die seuntjie se oor. Kabouter klim rats af teen die boom se stam en gaan sit op die seuntjie se ander oor. Met ‘n sagte amper onhoorbare stemmetjie vra feetjie vir die seun. “Wat is jou naam”. “Fr ... an..coi...s “ kom dit al snikkend van die kind. “Nou waarom is jy so hartseer seun” vra kabouter met ‘n bietjie growwer stem. “My pa is oorlede. Rowers het in die nag gekom en hom vermoor en my moeder verskriklik geslaan”. “ Ek was baie bang en het onder die bed weggekruip tot hulle weg is” . “So dan was dit waarom al die polisie voertuie vannag hier onder die boom deur is na die plaas” se kabouter”.
     
      “My mmoeder se, nou sal ons die plaas moet verkoop, want ons sal nie alleen hier kan bly nie, sy is te bang, bevrees en nou vrees sy vir ons lewens ook”. “Nou waarheen gaan julle dan” vra veetjie. “ “My moeder se ons gaan nou in die dorp bly”. “Ek het net vir oulaas hier in die paadjie kom stap om vir al my woud vriende te kom groet”, se die seuntjie. “Ag, ons is so jammer om te hoor van jou groot hartseer seun”, se kabouter.
     
      Feetjie roep al die bos diertjies solank nader sodat hulle almal hier voor die seun kan verby beweeg in die paadjie en hy hulle kan groet, voordat hy dorp toe trek. Die een klein bokkie wat altyd die seuntjie kom geselskap hou het kom nader tot by die seuntjie en lek met sy nat tongetjie die sout trane op wat oor die seuntjie se wange geloop het. “Moenie so ongelukkig lyk nie.” “Jy het nog steeds al jou bos vriende om jou geselskap te hou en na jou stories sal luister as jy met ons kom gesels” Die seuntjie belowe plegtig dat hy nog steeds vir sy moeder sal vra of hulle so gereeld as moontlik bietjie kan uitry plaas toe sodat hy hier in die paadjie kan kom stap, want in die paadjie het hy al sy gelukkigste tye deurgebring met al die woud diere, voels en inskte sy vriende.
     
      Feetjie vee met ‘n sagte vingertjie die seuntjie se laaste traan af en belowe hom dat hulle altyd ‘n tydjie vir hom sal maak as hy kom kuier by hulle in die woudpaadjie. Toktokkie kom ook verby en tok, tok, tok op die grond. Hy maak keel skoon nadat almal stil geword het van sy geklop. “Ek wil net se dat namens ons gogatjies, skoenlappers en wurmpies ons hoop jy baie gelukkig gaan wees daar op die dorp, maar ons sal jou baie mis hier in die bospaadjie.
     
      Die seuntjie raak vas aan die slaap teen die boom se stam met veetjie wat met haar helder, maar sagte stem hom aan die slaap sing.
     
      Hy skrik met ‘n skok wakker en kom agter dat die son reeds aan die sak is oor sy woudpaadjie. Hy staan op en stap haastig terug na die plaashuis waar sy moeder vir hom inwag. Hy vertel opgewonde aan haar van sy ondervinding in die woudpaadjie, maar sy moeder lag en se: “Hene Francois, jy het darem ‘n vreeslike verbeelding of miskien het jy dit gedroom toe jy daar teen die boom aan die slaap geraak het.”
      20/10/2014
       
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Foto
Ahwww dit was so mooi en so lekker om te lees. My kinders het 'n boek by name Woudvolk gehad waar aan hierdie storie herinner. Ek dink hier wag 'n hele boek vir jou!
5 jaar 1 maand 4 dae 9 ure oud


feetjie en kabouter storie
ek voel soos Ano.. het aan jou lippe gehang!!! as die "groot mense" maar net weet watse wonder wereld hulle misloop deur te wil groot wees!!! natuurlik is daar feetjies en kaboutertjies om al die einas van die lewe weg te toor... puik geskryf Schatz
5 jaar 1 maand 4 dae 10 ure oud


Ano
Feetjie
En my binne-kind swaai nou heel onbetaamlik aan jou lippe! Dankie, dit was wraggies 'n lekker lees :-D
5 jaar 1 maand 4 dae 16 ure oud



Geweeg

deur Manie Jackson

Gedigte van skooldae af , die tyd toe ek geweeg is, tot ek getrou het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar