Jeugverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoofstuk 4

Saterdagoggend vroeg lui die voordeurklokkie. Briana weet dit kan nie Kimmy wees nie want hulle het eers afgespreek vir later die dag en Kimmy staan nooit so vroeg op op ‘n Saterdag nie. Tot haar verbasing is die Ruan wat luilekker op die tuinmuurtjie sit. “What’s up Bri?” “Nie veel nie en daar?” Ruan trek net as antwoord sy skouers op. “Mag ek ‘n koppie koffie bedel?” “Natuurlik. Jy weet mos jy is welkom.” “Cool.” Briana maak vir hulle koffie en gee vir Ruan die bak met beskuit aan. Dit is nie meer so ongemaklik tussen hulle nie, maar die spontane lag en gesels is nog nie heeltemal terug nie. “Kom jy Woensdag weer saam jeug toe?” “Ek weet nie. Woensdag was vir my baie lekker gewees...maar...dis net my verhouding met God is op die oomblik nie te great nie.” “Niemand van ons is perfek nie Bri, maar weet jy wat? God dink jy is to die for. Ons elkeen het maar ‘n journey wat ons moet loop en dis okay. God verwag nie een oomblik dat ons perfek moet wees nie. Hy weet ons is nie en dis hoekom Hy Jesus vir ons gestuur het. To perfect the imperfect.” Briana glimlag en antwoord: “Dit wat jy sê is so waar. Ek dink jy moet eerder ‘n motiveringspreker word.” Ruan lag en sê: “Genesing vat tyd. Vat dit net dag vir dag en bid dat God jou sal lei. Lees vanaand bietjie Mattheus 11:28. Dis tyd dat jy rus Bri.” “Ai Ruan. Wanneer het jy so wys geword?” “Vandat ek weet waar kom my hulp vandaan.” Briana glimlag. Hulle gesels nog vir ‘n rukkie oor dit en dat en Ruan is net op die punt toe die voordeurklokkie lui. Briana is bly om Kimmy te sien maar wens sy en Ruan kon nog ‘n rukkie gekuier het. Hulle maak die taak in rekordtyd klaar en Briana en Kimmy is heel tevrede met die uitkomste. Toe Kimmy weg is was Briana die skottelgoed en pak dit weg. Haar ma is by die skool waar sy met die mini-netbal help. Skielik brand sy om haar kitaar uit te haal. Sy voel amper skuldig toe sy die kas onder haar bed uithaal. Sy lig die deksel op en haal die kitaar uit. Dit voel goed om weer die kitaar vas te hou. ‘n Intense verlange na haar pa spoel oor haar. Sy het nog nie een van sy e-mails geantwoord vandat hy daar weg is nie en sy voel skuldig. Haar pa was nog altyd haar rolmodel gewees, haar hero, maar sedert die storm losgebars het weet sy nie meer hoe om met haar ma of haar pa te kommunikeer nie. Sy skakel die rekenaar aan en teken in op gmail. Sy maak die laaste e-mail wat sy van haar pa ontvang het oop. Dit was so twee weke gelede gewees en sy het die e-mail al honderd keer oorgelees maar nog nie die moed gehad om hom te beantwoord nie. Trane brand in haar oë en sy kliek op reply. Sy vee meer as een keer die boodskap uit. Niks klink reg. Uiteindelik stuur sy net: Hoop dit gaan goed. Dink aan Pa. Sy weet dis nie veel nie, maar dis darem beter as niks. Die res van die naweek snel verby sowel as Maandag en Dinsdag. Sy het nog niks weer van Ruan gehoor sedert Saterdag nie en sy is opgewonde om haar vanaand weer te sien. Hy kry haar weer kwart voor ses. Hy gaan groet haar eers haar ma en hou dan die deur vir haar oop. Daar is effens minder tieners as die vorige week en Briana voel meer gemaklik as die vorige week. Andries groet hulle vriendelik en wissel ‘n paar woorde met hulle voordat hy na die volgende tieners aanbeweeg. Briana is verstom oor hoe maklik Ruan met almal gesels of hy hulle nou ken of nie. Sy is ook oor die algemeen ‘n ekstrovert maar sy hou haarself maar skugter. Toe hulle soos gebruiklik die aand met praise en worship begin wink Ruan haar nader. Briana skud haar kop en staan op die kantlyn en kyk. Sy weet dat as sy net een liedjie gaan saamsing al haar weerstand sal verkrummel. Sy sing die woorde in haar hart sonder om haar lippe te roer. Andries het ‘n mooi boodskappie oor vergifnis en Briana kan nie anders as om aan sy lippe te hang nie. Dit verstom haar dat hy vir die tweede keer in ‘n ry praat oor iets wat so direk van toepassing is op haar. Sy het ‘n hele paar mense wat sy moet vergewe en sy weet hoe langer sy wag hoe moeiliker gaan dit wees. Na die boodskappie speel hulle ‘n speletjie en toe begin die tieners een vir een huis toe gaan. Ruan is besig om die laaste paar stoele reg te skuif en Andries wink haar nader. Andries kom staan langs Briana en sê: “Briana ek is regtig bly om jou weer te sien. Ek wil jou egter iets vra.” “Jy kan maar vra.” “Ek sien jy deel nie neem aan die praise en worship nie. Dis jou volste reg om nie daaraan deel te neem as jy wil nie. Die enigste rede hoekom ek vra is omdat jy dit altyd so baie geniet het. Ek het net gewonder of is iets fout?” “Nee, Andries, ek is maar net nie op ‘n lekker plek op die oomblik nie. Buitendien is dit vir my lekker om net te luister, die woorde in my hart saam te sing.” “Dis al wat belangrik is, jou hart. Dis egter jammer. Ons mis jou stem.” Briana kyk verleë af. “Toemaar een van die dae het ons haar weer terug op die verhoog.” gooi Ruan sy stuiwer in die armbeurs. Briana is verlig toe hulle dit daar laat. Ruan vra of sy reg is om huis toe te gaan en sy knik. Hy stap saam met haar tot by die voordeur. “Dit lyk darem asof jy weer gemaklik begin voel by die jeug.” “Ja ek doen nogals.” Ruan knik en gee haar ‘n drukkie. Briana staan buite en kyk totdat hy by hulle huis in verdwyn. Sy verstaan nie hoekom voel sy skielik so alleen nie. Sy gaan sê vir haar ma nag en trek haar nagklere aan. Sy wil net haar lig af sit toe haar oog haar Bybel vang. Sy trek hom nader en sit vir ‘n oomblik na die Bybel en staar. Sy weet nie eintlik waar om te begin nie. Die versie Jeremia 29:11 kom by haar op en sy wonder wat laat haar aan hierdie spesifieke versie dink. “Ek weet wat ek vir julle beplan sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie. Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting.” Briana prewel saggies: “Here, U sê U beplan vir ons voorspoed, hoekom beleef ons dan soveel teenspoed? Het U ‘n spesifieke plan daarmee?” Briana sit haar lig af sy is skielik doodmoeg. Sy slaap lekker en toe sy later wakker skrik onthou sy dat haar ma het haar al twee maal kom wakker maak vanoggend. Sy trek haastig aan en borsel haar tande. Daar is nie tyd vir ontbyt nie en sy gryp net ‘n appel in die verbygaan. Sy is verbaas om vir Ruan buite te sien staan. “En nou Ruan?” “Jou ma het gevra ek moet seker maak dat jy by die skool kom. Jy is blykbaar nie baie lus vir opstaan vanoggend nie. Ek was nou net op pad om ‘n beker yskoue water te gaan kry.” “Jy sal dit nie waag nie mnr. de Witt.” “En hoekom nogals nie?” “Want jy is hopeloos te gaaf.” “Ha! Dis wat jy dink, maar as jy nie nou dadelik in die kar klim nie sal ons daardie teorie moet toets.” “Wat gaan jy doen? My oor jou skouers gooi en ontvoer?” “Baie maklik. Jy is so lig soos ‘n veertjie.” Briana lag net en klim in toe Ruan vir haar die deur oophou. Hulle kom darem betyds by die skool. Net-net, maar tog. Briana is net op pad na haar registerklas toe, toe sy amper in juffrou Andrews vasloop. Juffrou Andrews lyk regtig bly om haar te sien en Briana voel skuldig. “Briana ek het juis gehoop om jou vandag raak te loop.” “Hoe gaan dit met Juffrou?” “Dol. En met jou Briana kind?” “Goed dankie.” “Regtig?” “Uh ja. Juffrou moet my asseblief verskoon.” “Net ‘n oomblik Briana. Ek weet nie hoekom het jy jou sang net so gelos nie, maar ek wil jou vandag ‘n guns vra. Nie net namens myself nie, maar namens jou en hoërskool Meyer. Neem deel aan die talentkompetisie. Jy gaan vir die res van jou lewe spyt wees as jy nie gaan deelneem nie.” Briana maak haar oë toe en byt op haar lip voordat sy antwoord: “Ek waardeer dit dat Juffrou aan my dink, maar ek kan regtig nie.” “Hoekom nie?” “Ek...Ek kan net nie.” “Ek hoop van harte dat jy van plan sal verander. Die oudisies is volgende Dinsdag om twee uur in die skoolsaal. Ek hoop dat ek ten spyte van alles jou tog daar sal sien.” Briana knik en stap na haar registerklas. Sy is tien minute laat en word eers deur mnr. Hattingh uitgetrap. Sy voel baie na aan trane. Sy kry haastig koers na die Engelse klas toe die klok lui. Kimmy staan vir haar voor die deur en wag. Hulle het die meeste van hulle klasse saam waaroor Briana baie dankbaar is. Sy haat dit om in ‘n klas te wees waar sy nie regtig iemand ken nie. “Wat is fout Vriendin?” vra Kimmy toe sy sien hoe bekaf haar vriendin lyk. “Die dag het sommer net aaklig begin.” “Hoe so?” vra Ju-Ané wat intussen ook by hulle aangesluit het. “Ek het juffrou Andrews raakgeloop wat weer aan my gekarring het oor die talentkompetisie en toe het mnr. Hattingh my uitgetrap omdat ek laat was vir die registerperiode.” “Ai Vriendin. Lyk vir my na ‘n blou Donderdag.” sê Kimmy simpatiek. “Sommer pikswart as jy my vra.” “A nee ah Bri, waar is jou fighting spirit? Ek bedoel nie om ‘n brommer in jou salf te wees nie, maar Juffrou Andrews het ‘n punt beet oor die talentkompetisie.” “Dis ‘n vlieg Kimmy, nie ‘n brommer nie.” sê Briana vies en Kimmy rol net haar oë. Briana is verlig toe die dag uiteindelik verby is. Sy val met haar skoolklere en al op haar bed neer. Sy lê nog so op die bed toe daar ‘n klop aan haar deur is. Elaine stap die kamer binne en wil eers iets sê oor die vuil koppies wat oral rondstaan, maar los dit eerder. Haar dogter is sewentien jaar oud en dis tyd dat sy verantwoordelikheid vir haarself begin aanvaar. “Bri, is alles reg? Jy het my nie eers gegroet nie.” “Ek het nie geweet Ma is al by die huis nie.” “Jou Pa het gevra jy moet hom bel as jy ‘n tydjie kry.” “O so julle is nou weer op speaking terms?” “Briana! Ek is nou moeg vir jou ongeskikte gedrag. Dink jy die afgelope tyd was vir my maklik gewees? Ek het alles moontlik gedoen om te sorg dat jy gelukkig is ten spyte van my eie hartseer.” Briana en haar ma argumenteer nog ‘n rukkie en dan sê Elaine: “As jy eendag weer reg is om beskaafd te wees kan ons weer gesels.” Sy storm uit die kamer uit en Briana sit verslae en wonder hoe het hierdie argument in die eerste plek ontstaan. Briana weet dat dit is eintlik net haar eie skuld en die trane dreig om te loop. Sy moet met iemand hieroor praat. Sy wil eers vir Kimmy bel maar toe sy haar kom kry het sy Ruan se nommer ingetik. Sy wil eers aflui maar besluit dan daarteen. Hy is immers haar beste vriend en sy weet dat sy hom met haar lewe kan vertrou. “Hey Bri. Dis ‘n verrassing.” Sy aarsel ‘n oomblik en vra dan: “Ruan kan ek asseblief oorkom? Ek moet met iemand praat.” Hy kan aan haar stemtoon hoor dat sy baie ontsteld is en stem dadelik in. Briana was vinnig haar gesig en verruil haar skooluniform vir ‘n kortbroek en gemaklike hemp. Sy trek haar plakkies aan en kry koers langsaan toe. Sy het skaars geklop of Ruan maak die deur vir haar oop. Die trane dreig om weer te loop en Ruan hou haar eers ‘n rukkie vas. Hy lei haar na die sitkamer toe en gaan sit langs haar op die wit leerbank. “Praat met my, asseblief.” “Alles is so deurmekaar en ek en my Ma het ‘n hengse argument gehad.” “Waaroor?” “Oor my ongeskikte gedrag...” “Het sy rede gehad om jou te berispe?” “Ja seker.” “Briana, ek is jou beste vriend en juis daarom het ek die vrymoedigheid om dit vir jou te sê. Die afgelope tyd was jy nie jouself gewees nie. Ek weet nie wat het gebeur nie, maar die Briana wat ek die afgelope paar maande leer ken het is nie my beste vriendin Bri nie. Maar ek jou te goed. Ek kan sien dat jy met ‘n seerkry binne jou rondloop wat jy dink jy kan wegsteek. Ek wens net ek het geweet wat dit is en wat het dit met musiek te doen.” “Ek wil jou so graag vertel Ru. Dis net ek is bang dat as ek dit hardop sê dit so stupid sal klink, ek is bang om enige iemand toe te laat om so diep in my siel in te kyk.” “Jy dink dat jy jouself beskerm deur die mense wat vir jou omgee uit jou lewe uit te sny, maar inteendeel. Jy is besig om jouself te ruïneer en jy kom dit nie eers agter nie. Jy bly vasklou aan hierdie seer en vir wat? Dis tyd om te laat gaan. Anders gaan jy jou lewe by jou laat verbygaan sonder om ooit regtig vry te wees.” “Dis maklik vir jou om te sê. Jy staan nie in my skoene nie.” “Nee ek doen nie. Maar ek is ‘n mens. ‘n Gebroke mens. Een of ander tyd kry ons almal seer maar dis juis wat ons menslik maak. Ons moet eers seerkry voordat ons regtig kan begin lewe. Ek moes my Sussie aan die dood afstaan. Dink jy vir ‘n oomblik dit het my onaangeraak gelaat?” Abigail was maar vier jaar oud toe sy verdrink het. Ruan was ses gewees. Hulle het kort na die fratsongeluk langs Briana hulle ingetrek. “Ek is jammer, ek het dit nie so bedoel nie.” “Ek weet, maar net dink net voordat jy praat Bri. Net omdat ek nie in jou situasie is nie beteken dit nie ek kan nie met jou relate nie. Wil jy my nou nie vertel wat aangaan nie?” Op daardie oomblik kom Ruan se ma die huis binne. Sy is verbaas om Briana daar te sien. “My wêreld Briana. Dit voel asof ek jou ‘n leeftyd terug laas gesien het.” “Hi tannie Jacqui. Ja, ek was lanklaas hier gewees.” “Dis lekker om jou weer te sien. Jy moet nou weer meer gereeld kom kuier hoor.” “Ek sal so maak Tannie.” Jacqui verdwyn die kombuis in en begin met die kos. “Wil jy gaan stap?” vra Ruan en Briana knik. Sy het skielik ‘n brandende begeerte om hom alles te vertel. “Dinge was die afgelope tyd so deurmekaar gewees met my Ma en Pa se egskeiding.” “Ek verstaan. Dit moes vir jou ‘n baie harde slag gewees het.” “Dit was. Ek het altyd gedink hulle is so gelukkig. Dis ten minste die front wat hulle voorgehou het.” “Ja tannie Elaine en oom Bryan het altyd so gelukkig gelyk. Hoekom is hulle uitmekaar? Jy hoef my nie te sê as jy nie wil nie.” “Hulle het nooit voor my baklei nie maar ek het later gehoor hulle het baie rusie gemaak oor my Pa so baie gewerk het, oor geld en my Pa was ongelukkig oor my Ma se vriendskap met oom Ruwald.” “Het hulle...?” “Nee. Hulle was net goeie vriende gewees. Ek dink maar net my Ma en Pa het uitmekaar gegroei. Hulle sal altyd vir mekaar omgee, maar ek dink op die ou einde was dit net nie genoeg nie.” “Ek is jammer.” “Ek ook, maar ek het die afgelope tyd kans gehad om te dink. Ek is baie lief vir hulle albei en al wat ek wil hê is dat hulle gelukkig moet wees. Al is dit dan sonder mekaar.” “Ek is bly. Maar daar is iets ander wat pla, né?” vra Ruan teer. Briana kyk stip voor haar en sê: “Voordat my Ma-hulle uitmekaar is het ek op ‘n boks in die stoorkamer afgekom. Ek was nuuskierig en het die boks begin uitpak. Daar binne was ‘n aannemingsertifikaat gewees. Mý aannemingsertifikaat.” Daar heers ‘n oomblik ongemaklike stilte tussen hulle en dan vra Ruan: “Is jy aangeneem?” Briana knik en antwoord: “Ja. Ek het my Ma-hulle gekonfronteer en sy was eers woedend omdat ek in die goed gekrap het. Sy...uhm...Sy het gesê sy wou nie gehad ek ek moes so uitvind nie. Sy wou my self vertel het wanneer dit tyd reg was.” “Wow. Ek moet sê dis die laaste ding wat ek verwag het.” “My biologiese Ma was sewentien toe sy swanger geraak het. Sy wou my laat aborteer het, maar haar Ouma het uitgevind en haar oorreed om my eerder op te gee vir aanneming. My Ma-hulle kon self nooit kinders hê nie en was toevallig vriende met haar Ouma.” “Ek is jammer. Ek verstaan nou hoekom daar hierdie hartseer is wat aan jou kleef.” “Weet jy Ruan, hoe dit voel om te hoor jy moes eintlik nooit hier gewees het nie. Ek was nie veronderstel om gebore te geword het nie.” “Is dit regtig wat jy dink? Bri, God maak nie foute nie. Hy het ‘n spesifieke plan vir jou lewe en Hy het jou met ‘n rede die kans op lewe gegee.” “Hoekom is ek dan gebaar deur ‘n blote kind wat my nooit wou gehad het nie? Hoekom kon ek nie my aanneem ouers se biologiese kind gewees het nie? Hulle wou dan so graag ‘n kind hê.” “Briana. Ons verstaan nie God se weë nie, maar ek vertrou dat hy ‘n rede met dit alles gehad het en al is jy miskien nie biologies hulle kind nie is daar nie ouers wat vir jou liewer kan wees as tannie Elaine en oom Bryan nie.” Briana sê niks. Haar hart is bitter seer en sy weet dat hy het gelyk, maar dit maak dit nie minder seer nie. “Wat het dit te doen met musiek?” “Musiek was my en my Pa se ding. Hoe kan ek voortgaan met iets wat nie regtig deel is van my identiteit nie? Ek het gedink en het my talent van my Pa geërf en nou voel dit vir my alles soos ‘n klug. Musiek behoort aan die verlede toe alles nog heel was. Nou is dit vir my net ‘n herinnering aan ‘n tyd wat was...” “Briana. Ek verstaan dat jy seer het, maar of jy nou jou talent van jou Pa geërf het of nie-dit bly joú talent. Moenie iets doen waaroor jy vir die res van jou lewe gaan spyt wees nie.” Hulle begin terug stap huis toe. Briana sê niks nie en Ruan los haar. Hy weet dat sy dinge vir haarself moet uitwerk. Al wat hy nou vir haar kan doen is bid.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Hartsnare

    deur Driekie Grobler

    100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar