Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoofstuk 5

Briana het intussen vir haar Ma gaan omverskoning vra. Hulle het ‘n lang gesprek gehad en alles uitgepraat. Briana spandeer die middag in haar kamer. Sy huil haar hart uit en haal dan haar dagboek uit. Sy staar lank na die leë bladsy voordat sy skryf: Liewe Dagboek, Ek het vandag vir Ruan alles vertel. Dit voel asof daar ‘n berg van my skouers af is. Die donkerte is nie meer so konstant binne my nie. Ek het nogsteeds meer vrae as antwoorde, maar vir die eerste keer voel dit of ek okay gaan wees. Dalk nie nou dadelik nie-maar met tyd. Die volgende middag loop Ruan vir Kimmy in die mall raak. Hy nooi haar vir koffie. Sy is baie verbaas oor sy aanbod maar aanvaar dit tog. Sy en hy is meer kennisse as vriende ten spyte van die feit dat hy en Briana beste vriende is. Hy weet dat Kimmy en Briana het ‘n hegte band en dis juis om hierdie rede wat hy besluit het om haar te nader. “Kimmy, ek moet bieg daar skuil meer agter my aanbod vir koffie.” “Ja, ek het so gefigure. So?” “Ek is bekommerd oor Briana en ek wil jou vra om net ‘n oog oor haar te hou.” “Ja. Ek het agter gekom sy is nie haarself nie.” “Het Briana jou ooit iets vertel? Anders as dat haar ouers uitmekaar is?” “Nee. Sy het nooit eers vir my gesê wat was die rede vir hulle egskeiding nie. En ek wou ook nie karring nie, ek weet dat sy sal praat wanneer sy reg is.” “Jy is reg. Ek weet dat jy daar sal wees die dag as jy haar nodig het.” “Dankie Ruan, ek sal. Briana was nog altyd daar vir my gewees en ek is van plan om daar te wees vir haar. Sy het egter ‘n baie goeie vriend in jou ook en ek dink partykeer sy sal jou makliker vertrou as vir my.” “Ag nee wat ek dink jy verbeel jou. Maar dit maak nie saak nie solank sy omring is met mense wat vir haar omgee.” “Ja. Jy gee regtig baie om vir haar, né?” “Meer as wat enige iemand ooit sal besef.” Hulle gesels nog ‘n rukkie oor dit en dat en slaan dan elkeen sy eie koers in. Die dae gaan hopeloos te vinnig verby en voordat Briana haar kom kry is dit Dinsdag. Sy het die vorige aand die hele aand rondgerol en aan redes gedink hoekom sy nie ‘n oudisie kan aflê nie. Maar telkens het Ruan se woorde by haar opgekom en sy het besef dat sy is net besig om haarself ongelukkig te maak. En vir wat? Sy kan niks aan haar omstandighede verander nie, maar dit beteken nie sy moet alles wat vir haar kosbaar is prysgee nie. Die middag na skool draai sy by die skoolsaal rond. Hulle het alreeds met die oudisies begin en sy hou hulle onderlangs dop. Daar is ‘n paar acts wat regtig baie goed is en Briana probeer genoeg moed bymekaar skraap om self die verhoog aan te durf. Briana se voete wil nie haar brein gehoorsaam nie en uiteindelik draai sy om en gaan huis toe. Sy vermy haar Ma se vraende blik aan tafel en maak haar kamerdeur agter haar toe later toe sy gaan slaap. Sy lê lank en staar na die donker plafon. Sy is lus om te huil, maar sy het die afgelope tyd genoeg gehuil om ‘n rivier vol te maak. Dis tyd dat sy aangaan met haar lewe. Wat is fout met haar? wonder sy by haarself. Sy kan nie vir die res van haar lewe van als en almal wegkruip nie, maar dit het so maklik geword om agter die seer weg te kruip dat sy nie eintlik meer weet hoe om die lewe te face nie. Die volgende dag soek Ruan haar in die kafeteria waar sy, Kimmy, Ju-Ané en Amelia by hulle gewone tafeltjie sit. Hy wink haar eenkant toe en kyk haar vraend aan. “Briana, ek wil nie vir jou preek nie, maar ek is jou vriend en daarom wil ek my bekommernis met jou deel. Juffrou Andrews het vir my gesê dat jy nie gister by die oudisies was nie. Hoekom?” “Ek kon dit nie doen nie Ruan. Ek was gister daar maar ek kon myself net nie so ver bring om in te gaan en ‘n oudisie af te lê nie.” “Hoe so?” “Ek weet nie. Ek kon net nie. Ek is seker die grootse idioot in graad 11.” “Nee jy is nie. Jy moet net leer om weer op te staan nadat jy geval het.” “Dit is nou te laat.” “Dis nooit te laat nie! Hoe het Anne Frank nou weer gesê? Waar daar hoop is, is daar lewe.” “En wat as die lewe uit jou uitgedreineer is?” “Ek bedoel nie om onsensitief te wees nie Bri, maar daar doen jy dit weer. In plaas van om vas te hou aan die hoop kies jy om vas te hou aan die einde. Jy sal jouself nog vernietig as jy so aanhou.” Hulle gesprek word kortgeknip deur die klok wat lui. Briana besluit ook om nie saam te gaan jeug toe nie. Sy gaan nie in die kerk sit en maak asof alles okay is terwyl sy weet dit is nie. Sy voel op die oomblik so ongelooflik alleen. Jy is nie alleen nie. “Ma?” Daar is geen antwoord nie. Is sy nou besig om van haar verstand af te gaan? wonder sy by haarself. Praat met My. “Okay dis net freaky.” mompel sy vir haarself en wonder dan wat moet sy nou eintlik sê. Mattheus 11:28. “Mattheus 11:28?” Sy trek haar Bybel nader en slaan dit by Mattheus oop. Is dit nie dieselfde versie wat Ruan vir haar ‘n tydjie terug gegee het nie? Hy het nog vir haar gesê dis tyd dat sy rus. Sy het nooit die versie gaan opsoek nie, maar nou kan sy haar nuuskierigheid nie beteuel nie. Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal vir julle rus gee Briana frons. Probeer God vir haar iets sê? Dit kan nie toevallig wees dat sy vanaand hierdie spesifieke versie kry nie. Sy sit nog lank en tob oor alles voordat sy later uitgeput aan die slaap raak. Die volgende oggend voel sy moeg en haar kop is seer. Sy soek heel eerste vir Ruan. Sy moet vir hom en vir haar vriendinne omverskoning vra. Sy weet dat sy was die afgelope tyd nie juis ‘n sonstraaltjie nie. Almal is onkant gevang deur haar verskoning maar is bly dat daar ‘n bietjie van die ou Briana begin deurskemer. Vrydagoggend het hulle vir die tweede keer die week saalperiode. Dit sleep verby en toe mnr. Gabriel die podium betree om die finale afkondigings te doen is almal baie verlig. “Juffrou Andrews vra dat almal wat nie Dinsdagmiddag die oudisies kon bywoon vir die talentkompetisie nie asseblief vanmiddag na skool moet agterbly. Sy sê dis julle laaste kans om deel te word van die kompetisie. Oudisies sal plaasvind van 14:15-15:15.” Briana sit regop. Dis die eerste keer vandat sy kan onthou dat juffrou Andrews ‘n tweede kans gee vir oudisies. Sy is baie streng daaroor en het nooit enige uitsonderings gemaak nie behalwe as daar vooraf met haar gereël is en dan moes jy ‘n baie goeie rede gehad het waarom jy nie die eerste geleentheid kon bywoon nie. Sy wonder wat haar hierdie keer laat anders besluit het maar sy weet ook dat sy hierdie kans met albei hande moet aangryp. “Briana. Jy moet vanmiddag gaan!” fluister Kimmy dringend agter Briana toe hulle later in die Engelse klas sit. Ju-Ané wys met ‘n kopknik dat sy saam met Kimmy stem en Briana weet Amelia wat op die oomblik Rekeningkunde het sou defnitief saam stem. “Ek weet.” fluister Briana vir hulle en albei lyk ewe verras oor Briana se skielike gewilligheid om ‘n oudisie af te lê. Die volgende periode het Briana Fisiese Wetenskappe saam met Ruan en sy lig ook vir hom in dat sy gaan ‘n oudisie aflê. Ruan wys vir haar ‘n thumbs up en glimlag breed. Hy het geweet hy sal juffrou Andrews kan oorreed om vir Briana ‘n tweede geleentheid te gee. Hy het die vorige middag na skool met haar gaan gesels en sy het ingestem om ‘n tweede geleentheid vir die oudisies te gee as hy seker was dat Briana daar sou wees. Die dag gaan te gou verby en Briana se senuwees knaag aan haar toe sy direk na skool koers kies na juffrou Andrews se klas. Hulle het afgekondig dat die oudisies daar gehou gaan word omdat die skoolsaal vir ‘n ander funksie gebruik word. Daar is reeds ‘n paar ander kinders en Briana voel verlig dat sy nie die enigste een is nie. Haar hart hamer teen haar bors en sy wonder of het sy nie ‘n fout begaan deur weer te kom nie. Sy wip soos sy skrik toe sy ‘n hand op haar skouer voel. Sy kyk vas in Ruan se smarraggroen oë en voel meer gerus. “Is jy okay?” “Ja. Soort van. Ek het bitter lanklaas gesing en klink waarskynlik soos ‘n brulpadda.” “Nie sommer nie Girl. Jy het ‘n fantastiese stem en ‘n persoonlikheid to match.” “Dankie Ru...Vir alles.” Ruan glimlag vir haar en sonder waarskuwing gee hy haar ‘n soen op die wang. Briana bloos bloedrooi maar dis ‘n lekker gevoel. Jay gaan in. Hy is die nuwe outjie en baie stil. Die meisies val natuurlik oor hulle voete vir hierdie aantreklike ou met die broeiende donker oë en krulhare. Sy hoor musiek maar dis nie hy wat sing nie. Sy hoor ‘n geskuifel en gestamp op die vloer. ‘n Danser dink sy beïndruk. Sy moes geraai het aan sy gespierde lyf. Sy wonder of hy goed is. Sy moet erken sy het hom eerder voorgestel as die ou met ‘n kitaar by ‘n bonfire. Miskien het hy meer as een talent? Briana hou daarvan om mense dop te hou. Dis fassineer haar. Sy byt op haar lip. Sy is volgende. Haar gewone selfvertroue en stage presence is weg toe sy die klaskamer binne stap. “Dankie tog Briana! Jy het geen idee hoe bly is ek om jou te sien nie.” “Uhm ...Juffrou ek het nie ‘n bactrack gebring nie. Is dit okay as ek sonder begeleiding sing?” Juffrrou Andrews knik en glimlag gerusstellend. Briana begin op die verkeerde noot sing en hou dadelik op. “Dis okay Briana. Jy kan weer begin. Ontspan net.” Briana begin weer en dit klink beter maar haar stem bly wankelrig. Juffrou Andrews stop haar na ‘n rukkie en sê: “Briana vir iemand wat so lanklaas gesing het klink dit goed, maar dis nie jou beste nie. Ek gaan jou egter ‘n kans gee omdat ek weet waartoe jy in staat is.” “Dankie Juffrou. Ek is jammer.” “Jy het niks om voor jammer te sê nie. Jy kort net ‘n bietjie oefening. Ek is regtig bly dat jy hier was.” Briana loop by die klas uit waar Ruan en Kimmy vir haar staan en wag. Ju-Ané is besig met een of ander projek waar sy kinders leer lees en Amelia werk deeltyds as kelnerin na skool. Hulle kon dus nie vir Briana kom ondersteun nie. Hulle kyk afwagtend na haar en Briana sê: “Ek is in maar dit was nie my beste gewees nie. Ek gaan baie oefening kort.” “Dit kon nie so erg gewees het nie. Jy het immers die oudisie geslaag.” sê Kimmy opgewek. “Dit is net omdat juffrou Andrews my jammer kry en omdat ek nou al jare by haar sanglesse kry. Ek was ook in die koor gewees. As dit nie daarvoor was nie het ek nie vandag ‘n kans gestaan nie.” “Nonsens Bri. Jy is net uit oefening uit.” “Ek stem saam met Kimmy, Bri. Daar is niks wat ‘n bietjie oefening nie kan regmaak nie. Jy het ‘n wonderlike stem. Jy moet net weer leer om jou stem tot sy volle reg te laat kom.” Briana knik net en Ruan bied aan om vir haar en Kimmy by die huis te gaan aflaai. Kimmy bedank en sê haar Pa wag reeds vir haar. Briana stem in en hy hou die deur vir haar oop. Hulle praat nie veel op pad huis toe nie en Briana nooi hom ook nie in vir koffie nie. Sy wil op hierdie oomblik net alleen wees. Haar Ma is nog nie by die huis nie en sy het al haar huiswerk reeds in klastyd afgehandel om te keer dat sy stres oor die oudisie. Sy dwaal lusteloos deur die huis rond nadat sy ander klere gaan aantrek het. Sy grawe haar liedjieboek uit haar kas uit en gaan sit in die sitkamer by die klavier. Sy laat haar vingers oor die klawers gly. Sy maak haar liedjie boek oop en begin ‘n liedjie speel wat sy geskryf het ‘n paar maande terug. Toe dinge net uitmekaar begin val het. “Ek hou vas aan drome van gister, ek hou vas aan leuens van vandag. Die stukke weggesteek in my en in jou. Net nog ‘n afdraaipad op my pad en ek wonder sal ons ooit weer kan liefhê, heel raak en net vergeet van al die smart?” Sy hou vir ‘n oomblik op met speel. “Dis baie mooi. Moenie ophou nie.” Briana herken die stem en draai om. “Pappa!”





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar