Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek wil weer glo soos 'n kind. Ek wil weer hoop soos 'n kind. Ek wil weer lief hê soos 'n kind. Is dit werklik moontlik dat een mens so baie kan verander, dat hy homself later nie meer kan herken nie? Is dit?

In 'n oomlik , korter as 'n sekond, besef ek dat wat ek was en nou is nie eers meer vergelykbaar is nie. Dit is onmoontlik om die prentjie in my kop te vorm, die prentjie wat my laat bly aanhou het - wat my laat bly glo het - die prentjie van Jou. Hoekom sukkel ek nou so om te glo?

Ons bou hemelhoë mure om ons en verstaan dan nie hoekom ons dan soos gevangenise voel nie. Iewers langs die pad, het ons ons onskuld verloor , ons huil binne toe, want trane wat teen jou wang afloop het goedkoop geword. Om te hoop het n las geword en ek weet nie of dit die moeite werd is nie, en as dit is, twyfel ek of die bietjie hoop wat ek oor het genoeg is om my nog een oomlik saamet Jou te gee.

Die liefde - "bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Dit is lankmoedig en vriendelik." As ek eens lief gehad het - Jou lief gehad het - hoekom sukkel ek dan nou so om liefde te verstaan?

Ek kyk na myself, maar sien nie. Ek besef weereens, dat ek myself lankal nie meer ken nie. Hoe glo mens, hoe hoop mens? Hoe raak mens weer lief vir lief hê, soos nét 'n kind dit kan doen. Is dit werklik moontlik. Is dit?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Glo...
Baie goed verwoord...seer realiteit van die lewe, maar hoop word nooit beskaam nie!
8 jaar 2 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


:'-(
Soms is geloof al wat ons oor het. Bly glo soos 'n kind, dit hou mens staande. Mooi gese.
8 jaar 4 maande 4 weke 8 ure oud


*
Baie dankie vir die komentaar..*
8 jaar 5 maande 16 ure oud


lief he.
pragtig,dit is moontlik,sien net
die liefde raak rondom jou,mense,
en gee.Moet nooit verbystap nie.
Honger oê,koue hande smile,en jy is
daar.Gee en jy ontvang.
8 jaar 5 maande 21 ure oud


liefde
Jaaaaaaaaaa!!!!!!Die is al wat ons nog laat asem haal.Om soos 'n kind te glo , moet ons weer konneksie maak met die kind in ons,ons daardie kind weer laat glo in liefde deur vir hom lief te wees(jouself)en te waag om lief te wees vir ander.Sonder om te verwag.Vrymoedig te wees.Hoop te he, te glo en lief te he en te ontvang.Sonder liefde het ons nie hoop nie en sonder geloof is ons produkte van omstandighede.Ek raak opgewonde oor liefde en dit laat my soos 'n kind voel.
8 jaar 5 maande 1 dag 17 ure oud


die weervoorspelling
dit is..en die behoefte is dan reeds daar!
8 jaar 5 maande 1 dag 22 ure oud


..*
Baie dankie!*..xx
8 jaar 5 maande 1 dag 22 ure oud


Dit is moontlik ... nie maklik nie, maar wel moontlik :-)
8 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


"-)
Ek dink die vraag wag jy in jy slot vrae is een van daardie "toffies" in die lewe. Dit was n lekker leesbare stuk. Mooi gedoen !
8 jaar 5 maande 2 dae 3 ure oud


Z
Ek sien ek pas nie toe wat ek predik nie. Die woord lewer in my vorige kommentaar is eintlik bedoel om 'leser' te wees.
8 jaar 5 maande 2 dae 4 ure oud


Z
Jy skryf diep dinge op 'n leesbare manier. En jy het my as lewer geboei gehou.
Klein bietjie raad. Maak seker dat al die woorde reg gespel is. Ek is seker jy tik te vinnig. Dit kan werk as jy die stuk eers op 'n word dokument tik, alle spelfoute regmaak en dat copy en paste op die Woesblad.

Ek is trots op jou. Liefde
8 jaar 5 maande 2 dae 4 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar