Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

            Feetjie sit en ry op haar swaai in die bos hier by die uile bos in die Overberg. Spinnekop het mos die swaai spesiaal vir haar gespin met sy spinnerak. Hy het dit gedoen uit dankbaarheid omdat feetjie sy gebreekte been gespalk het. Sy is so bly oor haar swaai en het hom sommer ‘n drukkie gegee en hy het al sewe sy bene om haar geslaan plus sy gespalkte been en haar ‘n stywe drukkie gegee. “Verbeel ek my of gril jy so effentjies vir my harige lyf of is jy bang vir my lang bene” het spinnekop toe gevra, maar toe se sy vir hom dat dit van skone lekkerkry was en gee so ‘n skalkse laggie dat spinnekop haar sommer liefkry en weer wil druk, maar feetjie maak haarself vinnig uit sy bene uit.
           
            Sy sit en neurie en oefen nou die troumars terwyl sy heen en weer swaai en wieg op haar skoppelmaai. Sy dink by haarself, aai dit is darem die lewe. Sorgvry en gelukkig hier in die bos lewe.
            Glo my dit is mos die lewe dink sy.
           
            Sy het reeds vroeg vandag al haar rondtes gedoen om na al die siek bos diere en insekte om te sien. Dit is mos haar eintlike werk en lewe hier in die bos met haar tower stafie. Sy is vanoggend baie opgewonde. Die varkblomme is besig om te blom hier onder op die vloer van die bos met hulle wit aarons kelke na bo gedraai en die geel stuifmeel draad in die middel. Dit het ou blom dwergie nogal ‘n hele tydjie geneem om die varkblomme so mooi te verf.
           
            Sy hou van troues. Inteendeel sy vrek eintlik oor troues en sy het vanoggend gehoor by mense wat hier die oop kol in die bos kom skoonmaak het, dat daar sowaar ’n troue vanmiddag gaan plaasvind. Sy wonder vir wie cupid hierdie keer raak geskiet het met sy liefdes pyltjies. Sy wonder hoe die bruid en bruidegom gaan lyk. Sy hoor motors stilhou en motor deure klap by die parkeerterrein hier buite die bos en besef dat dit nou die bruilof gaste moet wees wat hier besig is om aan te kom. Sy hoor hulle opgewonde stemme soos hulle in die bospaadjie aankom, almal baie grand en deftig uitgevat in hul beste trou uitrustings.
           
            Sy spring ligvoets van haar swaai af en sit af na waar boom kabouter se huisie is in die holte van ’n groot boom daar naby. Sy klop aan die deurtjie en hoor hoe boom dwergie snork, GGGGG – RRRR—IIIIIII – FFFFF—PPPPPP -- VVVVV, GGGGG –RRRR – IIIIIII – FFFFF – PPPPPP -- VVVVV aan die binnekant van sy huisie dat die deur eintlik vibreer. Sy draai die deurtjie se knop oop en stap in. Sy skud aan hom, maar hy word nie wakker nie. Sy klere en hande is besmeer van die verf soos hy besig was om blare met herfs kleure te verf. Wat moet sy nou doen dink sy. Sy gryp ’n beker en skep ’n bietjie koue water en gooi dit oor sy gesig. Hy skrik met ’n vaart wakker en vlieg orent in sy bed, skoon deurmekaar van die slaap en vryf sy oe. Die baard en hare is skoon deurmekaar geslaap. “Blare verf, blare verf”, prewel hy deur die slaap. “Wat? Wwwaaaatt de josie gaan hier aan”?, wil kabouter grompierag weet. “Jy moet wakker word jong!, hier is ’n troue in die bos en jy le en slaap asof daar niks gebeur nie,” se feetjie. “Nou was dit nodig om my sop nat te gooi daarvoor”. “Kan jy nie ‘n mens ordentlik wakker maak nie”, wil kabouter vies en ergerlik weet. “Ek is baaaaaiiiiiee moeg, want ek het heeeeeelll nag gewerk omdat dit herfs is en al die bome se blare geveeeeerf moet word voordat hulle kan afval groooond toe”, terwyl hy reeeek en streeek en gaaap. “ Man, vergeet tog vir ‘n slag jou ou werkie.” “Ek het probeer om jou ordentlik wakker te maak, maar niemand sou jou kon wakker kry soos jy gesnork het nie”. “Daar is belangrike dinge wat gedoen moet word”, se feetjie. “Jy moet dadelik vir cupid ook gaan roep en hy moet tog onthou om sy boog en trou pyle saam te bring”, se feetjie.
           
            “Hy het hulle met sy liefdes pyltjie geskiet en toe het hulle verloof geraak, maar nou moet hy hulle nog met sy trou pyle kom skiet”, se feetjie. “Ja, ja, ja, ja ek is op pad jy hoef nie so paniekerig te word en rondtrippel asof jy op warm kole trap, en dit net vir ‘n ou trouetjie nie”, se kabouter. “Dis nie sommer ‘n ou trouetjie die nie hoor, ek het getel daar is al 120 gaste wat op hulle bankies sit en rondskuif en vir die bruid en bruidegom wag en daar kom dalk nog aan”.
           
            Feetjie het al gewonder of sy en dwergie nie maar moet afhaak en trou nie, maar weet nou dit sal nie tussen hulle uitwerk nie, want hulle moet aljimmers verskil van mekaar oor ‘n ou klein ietsie. Sy werk in die dag en kabouter werk in die nag en hy snork so verskriklik as hy slaap. Nee wat dink sy dit sal seker nie kan uitwerk nie.
           
            Buite gekom roep dwergie vir wildsbok nader om hom na cupid se huisie te neem. Hy spring op wildsbok se rug en hou aan sy een horing vas en daar trek hulle. Hulle twee sit af met ‘n dolle vaart deur die bos na cupid se huisie. Toe hulle daar kom staan cupid reeds reg met sy pyle en boog. “Nou hoe op aarde het jy geweet ek kom jou haal vir ‘n troue”, wil dwergie weet. “Het jy vergeet dat die bos telegram is vinniger as julle twee”, se cupid. “Bos telegram?”, wil dwergie weet. “Ja man, kriek en sonbesie het my dadelik gesein dat feetjie jou gaan roep het vir die troue” se cupid. “Nou vir wat jaag sy my dan soos ‘n mal haas rond as jy klaar weet?”, wil dwergie kwaaierig weet. “Wel, sy het seker maar net goed bedoel dat wildsbok ons gouer daar gaan kry as jy mooi met hom praat” se cupid met ‘n laggie. “Nou spring hier op wildsbok se rug en hou vas aan daardie ander horing, dat ons daar kom, netnou is ons laat vir die troue en die hele gedoente van al die geredekawel” “Feetjie le by die tyd al goue eiers”, se dwergie. Wildsbok skree “hou vas julle twee niksnuts, ek gaan nou alles moet uithaal om betyds daar te kom, want mens kan nie vir feetjie laat wag nie”. Wildsbok spring weg met ‘n paar wilde bokspringe dat dwergie en cupid moet vasklou vir lewe en dood en dan snel hulle teen ‘n verskriklike spoed deur die woud. Toe hulle by feetjie aankom sit van die bruilof gaste reeds op die bankies wat spesiaal vir troues daar opgerig is langs die groot ou akkerboom. Almal deftig uitgevat.
           
            “Toe, toe , toe, julle is amper laat, nou moet ons vinnig werk,” se feetjie. “Dwergie kry jy jou span boom werkers gereed sodat hulle daar in die groot ou akkerboom kom en dan gereeld blare strooi op die troupaartjie as hulle hier voor kom staan”, se feetjie. “Cupid jy moet gereed wees met jou twee huweliks pyle”. “Wanneer dominee eerste vir Rikus vra---- “Nou wie is die Rikus wat jy van praat” wil cupid sommer so tussenin weet. “Man, hy is daai kort mannetjie wat jy voorheen met ‘n liefdes pyltjie in sy hart geskiet het op die plaas Boplaas”. “Hy het ‘n ou motorkar gehad wat daar in die skuur van toenter tyd af gestaan en stof vergaar het op die plaas en toe het Rikus vir almal te vertelle gehad dat die dag as die ou kar weer loop en reg is gaan hy trou.” “Verbeel jou aan” “Toe sy pa sien die klong van hom het geen trouplanne of planne om die kar te restoureer nie het hy die ou motorkar laat restoureer en reggemaak en moes jy wat cupid is mos in der haas en vinnig spring om die liefdes pyltjies eers na Rikus en toe na Klara te skiet om hulle bymekaar uit te bring”. “Onthou jy nou”, se feetjie.
           
            “Jy weet mos, hy is die oudste seun van Piet en Anna, en die bruid Klara, se ouers woon mos daar in die Strand”. “Hulle is Jan en Wanda”, se Feetjie. “Nou hoe weet jy dit alles”, wil kabouter weet”. “Moenie altyd so nuuskierig wees nie, ek het sommer geluister en bietjie varkoor gegooi hier by al die gaste soos hulle bietjie met mekaar skinder en so aan en toe gehoor wie is wie en nog wat, terwyl jy vir cupid gaan haal het”, se Feetjie. “Nouja, laat ek weer begin”. “Cupid, as dominee vir Rikus vra”. “Wat is jou antwoord?”, “dan skiet jy die troupyl reg en mooi diep in Rikus se boud met die liefdes doepa aan die punt dat almal kan hoor hoe hy uitroep, JJJAAAA!!! as die pyl sy boud tref”. “En as Dominee vir Klara vra, wat is jou antwoord, doen jy dieselfde met haar”, se feetjie. “So nou moet jy vir jou ‘n geskikte plek gaan soek vanwaar jy kan raak skiet sonder om te mis of dat een van die gaste jou dalk dood trap” se Feetjie vir cupid. “Maar wat gaan jy dan doen as ons al die harde werk gaan doen”, wil Kabouter weet. “Moet jou nie bekommer nie, ek het nog baie harder werk as julle almal”. “Ek moet die troumars se rympie en note in die kitaarspeler se oor fluister as die bruid aan haar pa se arm in die paadjie afkom”. “Daarna moet ek al die wonderlike woorde in dominee se oor fluister wat hy moet se om die twee te trou en ek verstaan hy is partykeer bietjie dwars of miskien hoor hy ook nie meer so lekker nie en se ander goed as wat hy moet se”. “Hy is mos ook nie meer vandag se kind nie en so jonk nie jy weet”. “Wel so hoor ek se die mense vir mekaar” se Feetjie. “Die plaas se skaaphond is ook hier heel agter die mense en sal ‘n honde ogie hou oor al die verrigtinge vir ingeval iets verkeerd gaan of iemand wil dalk op cupid trap sal hy dadelik reageer om dit te probeer verhoed”, se feetjie.
           
            Daar was toe amper ‘n groot moles toe een van die fotograwe amper op cupid getrap het. Skaaphond wou net opspring om te help, maar gelukkig het cupid betyds, rats weggespring.
           
            Dan kom die bruidegom aangestap en feetjie kan duidelik sien hoe sy broekspype bewe en hy is maar taamlik aan die bewe van die senuwees en sy vlieg gou tot op sy skouer en slaan met haar tower stafie op sy kop om hom te kalmeer en dit werk jou werklikwaar soos ‘n bom.
           
            Op Feetjie se teken begin die kitaar speler die troumars speel terwyl sy die deuntjie aan hom voorse. Die mense staan op en kyk na agter. En daar onder in die paadjie kom die pragtigste bruid aan haar pa se arm aangestap. Og, maar sy lyk pragtig dink feetjie, net soos ‘n regte feetjie prinses met haar pragtige wit trourok aan. Sy is so lieflik dat feetjie se asem skoon weg is en sy amper vergeet om die troumars deuntjie vir die kitaarspeler verder te sing. Sy sien hoe die bruid se pa sy bors uitstoot van pure trots. Sy kry skoon trane in haar oe.
           
            Al die verrigtinge loop verder vlot. Kabouter en sy trawante gooi gereeld akkerblaartjies wat hulle los wikkel vanaf die groot ou akkerboom se takke wat op die paartjie neerdaal. Daar was net ‘n paar oomblikke wat hy amper ook sy balans verloor het en dit was toe die pragtige bruid in die paadjie verskyn aan haar pa se arm. Hy het sy asem so diep ingetrek dat hy amper verstik het en byna sy balans verloor het. Hy wonder as hy sover kom om eendag vir feetjie te vra om met hom te trou of sy ook so pragtig sal lyk soos die pragtige bruid wat nou hier in die paadjie aankom. Maar ooo neeee, neee dink hy by homself sy is darem te moeilik en puntenerig.
           
            Die dominee het ‘n paar klein moedswillige foutjies gemaak, want hy wou nie luister na wat feetjie in sy oor gefluister het nie en moes die Bruid toe vir dominee reghelp. Begryp jou aan, maar dit was nogal komies hoor hoe hy dit hanteer het. Verder het hy ‘n pragtige diens gehou en vir hulle vertel van al die goeie en mooi dinge van die liefde uit 1 Kor. 13 , asof hulle nog nie cupid se liefdes medisyne brousel wat hy op al sy pyle smeer in hulle sisteem het nie. Cupid het ‘n brousel van liefdes kruie wat hy spesiaal aanmaak van bos kruie om verloof te raak en een om te trou. Ja hulle was reeds vol van sy liefdes brousel, want mens kon dit in hul oe en houding teenoor mekaar sien.
           
            Feetjie wonder of kabouter mooi geluister het wat die dominee alles oor die liefde te se gehad het dat jy moet GLO in die liefdeen kabouter, snaaks genoeg, wonder of feetjie mooi geluister het. Ai tog snaaks hoe die liefdes lewe is ne, dink hulle.
           
            Nadat cupid sy liefdes pyle in hulle boudjies geskied het, het hulle albei JAA gese toe die trou pyle hulle tref. Nogal net mooi op die regte tyd en plek, want toe was dit tyd vir die ringe. Gelukkig het cupid mooi gekorrel en nie mis geskiet nie.
           
            Lizie, Klara se ouer suster wat getroud is met Jakop het ook net ‘n paar dae vantevore gehoor sy verwag ‘n baba na ‘n lang uitsien daarna. Sy het die ringe aangegee. Dit is wanneer Dominee kom by die stukkie van gee mekaar die regterhand. Toe se dominee nou kan julle twee doen wat julle heeldag al voor wag. Dis nou na die ringe se aansit het daardie lang verwagte soene gekom. Jisou, en sommer ‘n paar soene na mekaar. Nie eers net een nie. Wow, dit was nogal mooi. Het amper gedog hulle het nog nooit vantevore gesoen nie en kry nie genoeg van mekaar nie.
           
            Feetjie wonder of sy en kabouter tog nie maar eendag moet trou nie. Dit lyk dan nou alles so lekker en mooi en dan sal sy ook seker sulke lekker liefdes soene van kabouter kan kry. Sy maak haar ogies toe en verbeel toe maar hoe dit moet voel. Dit is net toe wat sy skoon vergeet het om vir dominee die regte verduidelikings te gee. Ai, wat die liefde nie aan mens se kop doen nie, dink sy. Mens kry sommer muisneste.
           
            Nadat die bruidspaar en ouers die huweliks register geteken het, het die gaste hulle ingewag en met protea blaartjies bestrooi. Hulle het daarna in die ou afslaan kap chevrolet speekwiel motorkar geklim en poer, doef, poer, doef, poef, poef daarin na die saal gery. Die saal was pragtig opgemaak met protea blomme wat van die dak gehang het. Daar was toue wat ‘n plankie vasgehou het en op die plankie was daar ‘n ou koeldrank kissie met die pragtigste proteas en veldblomme wat van die familie plaas gekom het. Dan was daar ook tafel ruikers van proteas. Op die bruidstafel was die ruikers van die konings protea. Jopie een van Rikus se ou skoolvriende was die seremoniemeester. Robie, Klara se oudste broer het die heildronk op die ouers ingestel en Rikus se jonger broer Giepie, het die heildronk op Rikus se ouers ingestel. Daarna is ‘n heildronk op die bruidspaar ingestel deur ‘n ou skoolvriend van Rikus. Rikus self het die bedankings gedoen en almal bedank. Van beide sy ou en nuwe ouers, dominee en almal wat gehelp het en laastens maar nie die minste sy bruid. Daarna het die etery en dansery begin.

O ja en skielik is alles gestop, want nou moet een van die belangrikste dade van die troue geskied. Die koek moet gesny word en almal moet 'n stukkie van die koek kry. Veral die ongetroudes. Legende het dit dat as on ongetroude man of dame 'n stukkie van die bruidskoek onder die kopkussing sit as hulle gaan slaap in die aand sal hulle droom van hulle toekomstige lewensmaat.
           
            Feetjie, cupid en kabouter wat deur die saal se venster geloer het die huweliks partyjie verlaat en verder in die bos gaan bruilof vier. Die mense het nog tot laat daardie aand gedans, want al die bos diertjies het saam gedans op die maat van die musiek wat tot in hulle bos weerklink het.
           
            Feetjie droom daardie nag dat kabouter sy verf besmeerde baard afgeskeer het en sy trou met kabouter en dat hulle troue amper net so mooi is soos Rikus en Klara se troue.
           
            Skaaphond het die volgende dag eers bruilof gehou met al die oorskiet kos wat na sy kant toe gekom het en hy was hoog in sy noppies daarmee.
           
            Wildsbok was net soos die bruidspaar maar te bly dat die troue nou verby is en alles weer na normaal teruggekeer het in sy bos.
           
            Kabouter het gedroom dat hy met feetjie getrou het en sy jaag hom rond al om en om die boom om die akkerboom se blare en nog baie ander bome se blare ook te verf. Feetjie het lekker gelag toe hy vir haar sy droom vertel het, maar sy het nie ‘n woord gerep oor haar eie droom wat sy gehad het nie.
           
            Spinnekop was baie gelukkig, want hy het sonder die medewete van die bruidspaar iewers beland waar hy saam met hulle op honeymoon gaan om alles wat gebeur op hulle reis na Namibe later aan ons almal sal kom oorvertel. “Ssssjjjjuuit moet tog nie aan hulle enigiets hiervan rep nie hoor”. “Dit is ‘n baie groot geheim”, het spinnekop gese.
           
            Cupid is so bly hy het sy liefdes pyle op die regte tyd en dit op die regte paartjie afgeskied en die volgende gedig vir die twee verliefdes geskryf. Hy het daardie nag sonder drome baie rustig geslaap en was baie in sy noppies oor wat sy pyle vermag het.
           
            KUPIDO
           
            Kupido het sy liefdes pyltjie geskied
            Jul getref in die hart met ‘n liefdes lied
            Nou is jul onafskeidbaar saam gesnoer
            In jul ore hoor jul net mekaar se koer
            Soos duifies gelukkig saam sing en soen
            Gaan jul saam jul eie dingetjies doen
           
            Hier voor almal saam geskaar
            sweer jul ewig trou aan mekaar
            En roep almal hier tesaam as getuie
            Dat die liefde by jul sal bly soos kruie
            Jul sal gesond maak van hart se skeet
            En leef in liefde sodat almal dit weet
           
            Mag die liefde julle vrymaak soos die lug
            Die lewe ervaar soos ‘n duif in vlug
            Julle liefde vir mekaar aanhou werk
            Die liefdes band julle voed en sterk
            Julle trou bly aan die Christelike woord
            Die kerk sal maak jul toevlugs oord
                 
            Dankie Rikus en Klara dat julle vir ons twee, Francois en Jenny, deel gemaak het van julle bruilofs fees en dat julle ons die geleentheid gegee het om die blomme vir jul te doen. Dit was vir ons ‘n groot voorreg en plesier gewees. Jenny hou daarvan om die klein ruikers en tafel ruikers te doen terwyl ek hou van die groot rangskikkings. Op die wyse is ons nooit in mekaar se pad nie. Ons verkies ook om alleen te werk en se dankie dat julle ons die geleentheid daarvoor gegee het. Op die wyse kon ons ‘n bietjie terugbetaal vir al jul liefde en diesel wat Rikus al stilletjies in ons ou bakkie gegooi het.
           
            Ons het nooit gedink toe ons jou as ‘n klein bondeltjie mens vir die eerste keer gesien en in ons arms kon hou dat jy ons eendag deel van jou bruilofs fees sal maak. Rikus ons het jou ook leer ken as ‘n persoon wat op jou eie stil rustige manier vir ons so baie gehelp en beteken het. Baie dankie daarvoor.
           
            Vir die doeleindes van die verhaal is fiktiewe name gebruik, maar die bruilof het werklik net so plaasgevind, danksy natuurlik met die hulp van al die bos bewoners soos feetjie, dwergie, cupid ens. Onthou dat dwergie en feetjie mikroskopies klein is en nie met die blote oog gesien kan word nie.
            Francois de Kock
             
       
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

trou
Dis so mooi, het sommer weer kind gevoel :)
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 10 ure oud


feetjies
ai dis so mooi en sommer net n pragtige verhaaltjie.. gaan hom vir my kleinkinders lees!! Baie dankie vir n lekkkkkeeeeerrr lees..
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 15 ure oud


trou
dit was nou sommer n baie lekker lees een hierdie
4 jaar 3 maande 3 weke 5 dae 23 ure oud


Trou
Wel gedaan! Bietjie weer kind gevoel so met die feetjies en kaboutertjies.
4 jaar 3 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Ano
Glo
Awh - dis sooooo sweet, ek tjank sommer 'n klein bietjie!
4 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 17 ure oud



Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar