Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was 'n lekker sonnige dag. Hendrik hardloop soos die wind na die middel van die bos. Hy is baie haastig, want hy het sommer baie groot nuus. Hy gaan sommer een van die dae 'n pappa word van 'n hele klomp baba hasies! Sy vroutjie, Mariet het nou net die goeie nuus aan hom vertel. Hy moet dit nou dadelik met iemand gaan deel. Die beste manier om dit te doen is om dit by die groot nuus boom in die middel van die bos aan iemand te gaan vertel. Dan sal almal in die bos dit sommer nou-nou weet.
Hy kom uitasem by die boom aan. Moeg leun hy teen die naaste wortel aan. Hy maak sy ogies toe, net om sy asem terug te kry.

Bo in die boom kyk Frikkie vinkie nuuskierig af na die vreeslike uitasem hasie.
"Ek wonder wat het hom gejaag?" dink hy. "Haai môre ou Hendrik, wat is daar buite wat jou so gejaag het? Is dit so gevaarlik?" tjirp Frikkie bekommerd van bo uit die boom. Sy koppie wip van kant tot kant sodat hy darem ook die gevaarlike gedierte wat Hendrik so die skrik op die lyf gejaag het kan sien.

Verbaas kyk Hendrik op na die stem bo hom. Hy het niemand gesien toe hy gekom het nie.
"Môre Frikkie! Nee niks het my gejaag nie. Ek was maar net baie haastig om die goeie nuus met iemand te deel." antwoord Hendrik, nog steeds 'n bietjie uitasem.

"Wat se goeie nuus? Toe, toe sê gou!" tjirp Frikkie opgewonde.
"Ek gaan sommer een van die mooi dae 'n pappa word!" bars Hendrik trots los.
"Maar dit is goeie nuus, sommer baie goeie nuus!" tjirp Frikkie. "Ek gaan sommer dadelik vir ons ander vriende vertel!" tjirp Frikkie, terwyl hy al sommer 'n hele entjie ver gevlieg het.

Hendrik sak op die naaste graspolletjie neer. Hy is baie bly, want hy weet dat Frikkie sommer baie gou sy goeie nuus aan almal in die bos sal vertel. Frikkie is nie verniet die grootste skinderbek nie. Maar vandag gee hy glad nie om nie. Nadat Hendrik so 'n rukkie gerus het, huppel hy vol vreugde terug na sy vroutjie.

Mariet staan liefdevol vir haar man en wag voor hulle netjies huisie. Sy is ook sommer baie opgewonde oor die babatjies wat hulle gaan hê. "Ons eie, eie gesinnetjie! Ek kan nie meer wag nie!" dink sy met 'n fyn glimlag om haar bekkie.
In die verte sien sy vir Hendrik aan gehuppel kom.

Nie lank daarna nie, hardloop Hendrik haas al weer deur die bos asof daar een of ander gedierte agter hom aan is.

Hy kom uitasem by die boom aan. Moeg leun hy teen die naaste wortel aan. Hy maak sy ogies toe, net om sy asem terug te kry.

Die keer is dit Asjas die blou apie wat bo in die boom sit. Verbaas kyk hy af na Hendrik.
"Wat sou hom oorgekom het?" wonder Asjas. Sy groot ronde ogies kyk stip na Hendrik.
"Môre Hendrik, wat is fout? Hoekom hardloop jy so vinnig? Is jy in gevaar?" peper Asjas Hendrik met die vrae.

"Môre Asjas. Nee, ek is nie in gevaar nie. Ek het so pas 'n pappa geword van ses baba hasies! Daar is drie dogtertjies, wat net soos Mariet lyk en dan is daar natuurlik Pappa se drie seuns wat net soos hulle pappa lyk ook!" spog Hendrik trots met sy nuwe kroosie. Sy ogies blink eintlik soos sterretjies.

"Aitsa! Baie geluk man, sommer baie geluk Hendrik!" roep Asjas terwyl hy op en af op die tak spring.
"Wanneer kan ons hulle ook sien?" vra hy.

"O nee, hulle is nog te klein daarvoor. Eers as hulle 'n bietjie grooter is sal Mariet toelaat dat julle hulle sien." antwoord Hendrik.
"Ag nee! Ek wil hulle so graag nou al sien, ek sal nie raas nie, ek belowe." sê Asjas teleurgesteld.
Hendrik dink so 'n klein rukkie, sy voorkoppie eintlik op 'n plooi getrek.
"O nou maar goed. Maar jy mag net kyk en nie 'n geluid nie hoor! Anders gaan Mariet baie kwaad wees vir my." sê Hendrik onseker. Hy wonder wat gaan Mariet doen as Asjas daar aankom? Gaan sy hom toelaat om die kleintjies te sien? Hy is nie so seker nie.

By Hendrik en Mariet se huisie kom hulle baie saggies tot stilstand. Asjas kyk vir Hendrik en Hendrik kyk vir Asjas, hy is sommer baie onseker.
"Wag hier vir my dan gaan hoor ek eers wat Mariet sê." sê Hendrik.
"Goed." fluister Asjas.
Hendrik verdwyn in die gat waar hulle woon. Na 'n rukkie kom hy weer uit, hy glimlag, want Mariet het gesê dat Asjas maar mag kom kyk.
Asjas loer om die opening van die gat. Daar lê ses klein pienk vormpies. Verbaas kyk Asjas na Hendrik. "Maar hulle het dan nie eers hare nie, hoe kan jy sê hulle lyk na julle?"
"Want oor 'n paar dae sal hulle, hulle pelsies kry en dan sal hulle net soos ons lyk!" antwoord Hendrik.
Trots kyk Hendrik na sy kroosie.

En so beleef Grassie sy eerste dag sonder dat hy van veel weet wat om hom aangaan, behalwe die liefde wat hy en sy boeties en sussies van hulle ouers kry, en al die vreemde reuke wat hulle nog van moet leer!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Grassie
pragtige kinderstorie Esmarie
5 jaar 7 maande 5 dae 8 ure oud


grassie
Te kostelik, lekker gelees. Iets heel anders as die normale stories. Knap gedaan.
5 jaar 7 maande 5 dae 9 ure oud


grassie
ek is mal oor hierdie storie van jou Esmarie
5 jaar 7 maande 5 dae 17 ure oud


Grassie
Ag, dis 'n pragtige storie!!!! :)))
5 jaar 7 maande 5 dae 22 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar