Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het toe ’n paar blommetjies opgespoor wat die reënfeetjie ken, toe vertel hulle aan my haar verhaal:


Die reënfeetjie het silver hare wat hang tot op die grond en haar skoentjies is helder blink.
Die reënfeetjie het reëndruppel vlerke en 'n druppel blou rok aan.
Die reënfeetjie sit onder sampioene en dink as dit nie reën nie, sy sit en wag vir die wind.


Wanneer die son warm bak en spookbeelde op die teerpad dans en die wit Daisies in t'Anna se tuin agter haar klein rooi baksteenhuis met die groen dak, se kele so droog word dat hulle nie meer kan sing nie, weet hulle dat dit tyd is om die reënfeetjie te roep.

Sy word geroep deur om sag te fluister in 'n taal wat net water wesens kan hoor, saggies in die ore van die wind.

Die Daisies in t’Anna se tuin fluistervra na die reënfee, fluistervra vir die wind sodat sy vir hulle op trippel tone sal kom dans.

Sien,
as sy dans gebeur 'n wonderwerk, as sy dans op die maat van die wind.

Die wonderwerk is die wolke wat saampak, wat met groot ogies kom kyk wat sy vra.

Sy vra vir reën as sy dans, sy vra reën vir die Daisies wat dors is.

Die reënfeetjie dans vir die wolke en as hulle van haar dans hou stuur hulle vir haar die eerste druppels aarde toe wat sy mag laat val waar sy wil.

...en die Daisies weet dit, hulle weet ook as hul haar eerste vra om te kom dans, dan sal sy vir hulle die eerste druppels gee.

...en ons almal weet tog die eerste druppels van die reën is die lekkerste!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

reen
Ai dis kostelik, dierbaar en so lieflik soos net n feetjie kan skryf.
6 jaar 1 week 1 dag 10 ure oud


reen
Ek hoop die feetjie kom dans ook in my tuin! Ek weet presies waar elke druppel moet val. In my hart, want hy dors daarna om 'n blomknop vir iemand baie spesiaals uit te stoot!

O, ek is mal oor fantasie en oor jou verhaaltjie, natuurlik die prentjies ook! In kindwees le joy!
6 jaar 1 week 2 dae 20 ure oud


reënfeë
Ai...wat 'n oulike storie...so sag op die ore en sag op die hart. My kinders is nou al groot, maar ek weet hulle sou baie van hierdie storie gehou het...

Doen dit gerus weer, Anria
En oulike sketse :-))
6 jaar 1 week 3 dae 20 ure oud


onverwags reen
wow.. Anria dis pragtig!!! Ek kan nie wag om die naweek dit vir my kleinkinders te lees nie.. so ook jou sketse.. puik vriendin.. jy is baie talentvol!!!
6 jaar 1 week 3 dae 23 ure oud


***
Wens ek het 'n kleinding gehad om te vertel...

Goed gedoen -- sketse ook.
6 jaar 1 week 4 dae 19 ure oud


Ano
reen
Ag, toe word ek sommer net weer baie klein en luister na al die lekker stories van dinge en goeters wat ons in ons haas net nie meer raaksien nie.
6 jaar 1 week 4 dae 19 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar