Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ons het ons oudste seun so ‘n paar jaar gelede aan die dood moes afstaan, en gedurig, as ek aan hom dink, dan onthou ek hoe ons hom sal onthou. Ek deel graag enkele staaltjies met ons lesers.

Ons het op die plaas, net buite Pretoria gebly, en ons twee seuns het daar grootgeword, met alles wat die natuur, die plaas, die diere en die volk, kon bied, en dit was onvergeetlike waardevole ervarings.

Hy was so in die opstaan en vashou, vat-vat stadium van mobiliteit en handelingsattribute-gewaarwording.

Van geboorte af, was sy nagslaap in sy eie kot en bed en kamer, en dit het goed gewerk. Soggens as hy wakker word, is hy dadelik uitgehaal en versorg met droeë doek en ‘n ietsie om te drink, en gegroet met die diere en die plaasgeluide en allerhande glimlaggende gesigte; trotse mamma en pappa.

Die roetine is maar gewoonlik dieselfde deur die week, maar naweke was dié iétwat later slaap of inlê deur almal, ‘n welkome stimulant vir almal se naweekrus en so bietjie asemskep.

Dis weer een Saterdag-vroegoggend nog voor mossie-blêrts en skielik is daar geluide uit sy kamer.

“O O, meneertjie is wakker, en dit beteken ek sal my bas moet lig!”

“Hang aan, dit klink asof hy weer ingesluimer het!” . . . . . . stil, . . . . stiller en toe stilste, absolute stilte!

“ . . . nee iets is verkeerd, hy is nie gewoonlik so stil nie!” . . “Pa, gaan loer jy gou of hy OK is!”

SCENE TWO ACT ONE

“Lûwie, ‘hys ‘n kunstenaar!!”

Sy spring op met ‘n “ . . . . wat bedoel jy?”

“Kom kyk self, dis ‘n picasso in wording! . .. Hys ‘n kunstenaar!”

“Ag my vaderland, nou sal jy vinnig moet help!”

Hyt wakker geword en protesteer dat hy ongemaklik voel, en geen reaksie van sy mamma of pappa gekry nie. . . . . teen die kot opgestaan, en die doek het afgegly. Die swaar-belaaide-doek was vol bruin verf! Hy het die sakie so bekyk en probeer uitkom uit die gemors en binne in alles getrap en uitgeklim en al wat laken en kombers en kussing besmeer, en toe met die vinger gevoel hoe dit voel. Dit wou nie van die vinger af nie en hy het dit teen die wit-verkalkte muur afgesmeer. Dit kyk interressant, . . . . sal dit weer probeer; en so het hierdie psigideliese-picasso-kunswerk teen die wit muur ontstaan. Hierdie kunswerk van abnormale deteriorasie van gewoonlike sosiale orde-disorde, was seker die belangrikste wetenskaplike ontdekking van die kind, sodat hy alle werklikheid met die normale moederversorgingsroetine kon afstaan vir die grootse distorsie-kunstenaar-skepping van persepsiële-visuele waarneming in sy kotwêreld en sy onderstelfunksies: “hoe om uit die *** (moeilikheid) uit te kom!”

The moral of the story? Moet nooit roetine ignoreer nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AA
probeer weer lees:

dis onder JEUGVERHAAL

het jy hulp nodig?
4 jaar 3 dae 9 ure oud


WTF?
Is jy op druks? Die is mos g'n 'n ressensie nie!

Vrede met en vir die dooies...
4 jaar 4 dae 7 ure oud



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar