Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hoofstuk 2

Dit was baie laat en pik giet donker toe Lelie besef dat sy honger is en koud kry. Sy vlieg al vir ure lank in die rigting van die kompas, oor riviere, tussen deur bome en oor verlate grasvelde. Sy was nog nooit so opgewonde en terselfdetyd so moeg nie.

Lelie besef nou eers dat sy so vinnig by die huis weg is dat sy nooit eers vir haar kos gepak het nie. Inteendeel, sy het geheel en al niks gepak nie. Dit was sy en haar kompas. Sy begin te soek vir ‘n lê plekkie iewers tussen die groot bome waar sy haarself bevind. Dit is te donker om presies te sê, maar dit wil voorkom of die bome redelik vêr strek. ‘n Woud meskien.

Skielik hoor sy iets langs haar in die takke, sy raak stil en probeer in die lug bly maar haar vlerkies so min as moontlik te wapper. Sy luister stil maar hoop eintlik dat sy dit nie weer hoor nie. Na so rukkie besef sy dat haar wens waar geword het en gaan sit toe op ‘n dun takkie en laat haar beentjies weerskante afhang sodat sy mooi geballenseerd is. Sy gaan lê vooroor met haar kop op haar arms en haar lang hare wat aan die een kant afhang.

Koer koer...... Koer koer....

Lelie skrik so groot dat sy skoon van haar takkie afval. Gelukkig onthou sy om haar vlerkies te wapper en kom sommer gou weer regop.

“Simpel Duif” roep sy en gaan sit netjies op ‘n ander takkie sodat sy haarself bietjie tyd kan gee om ordentlik wakker te word.

Die rooikop Feetjie begin haar ogies te vryf en haar armspies hoog bo haar kop uit te strek. Sy maak stadig haar ogies oop en sommer toe weer dadelik toe, toe die skerp sonstraal direk in haar ogies inskyn.

Lelie probeer weer om haar ogies stadig oop te maak maar kyk hierdie keer in ‘n ander rigting om die son te vermy. Uiteindelik kan sy sien wat om haar aangaan en sowaar, sy is in ‘n woud, maar nie die tipe woud wat sy ken nie, nee, hierdie woud het baie, baie hoë bome met min blare hoog op die punte. Helder groen van kleur. As sy moes raai sou sy dink hierdie bome is tenminste 3 duisend jaar oud. Ou Wysie het haar mooi geleer hoe om te kyk hoe oud ‘n boom is, maar sy kan ongelukkig nie sien waar sy op hierdie stadium ringe getel gaan kry nie. Die bome is baie netjies en nerens lyk dit of daar ‘n afgekapte een is wat ‘n indikasie gaan gee nie. Daarom sal sy maar raai.

Onder op die grond is lang gras. Goudgeel en grasgroen grashale wat liggies waai in die wind.

“Sjoe, maar dis mooi” fluister Lelie vir haarself.
“Ek moet nogal saamstem”

“Aaaaaah!”,Lelie val weer van haar stokkie af soos sy skrik. Sy begin verwoed in ‘n rigting in te vlieg, sommer net om weg te kom.

“Wag! Lelie Wag!”

Lelie begin effens stadiger vlieg en loer vinnig oor haar skouer. Al wat sy kan sien is ‘n gewapper van bloedrooi vlerke. Sy hou aan vlieg tot sy eweskielik tot die besef kom.... “Flam!?”

Hulle albei kom tot stilstand en Lelie begin sommer dadelik sonder ophou en sonder om vrae te vra te gil en te skree van woede. “Is jy simpel Flam, jy sal dat ek my vrek val van die skrik!” “Wat maak jy hier, wie het jou gestuur! “

“Haal asem Lelie” sê Flam toe hy vir ‘n sekonde ‘n kansie kon kry om ‘n sinnetjie te sê. “Kalmeer ‘n bietjie, jy gaan ‘n hartaanval kry”

“Te danke aan jou ja. Wat soek jy hier Flam?”

“Ek kom gereeld hiernatoe. Hierdie is een van my gunsteling plekke. Ek het eenvoudig hier verbygevlieg en jou toe gesien en herken. Dis al.”

“Oo. Maar..... Maar wat kom doen jy hier as jy dan so gereeld hier kom?”

“Uhm, Uhm, ek, man ek kom sit sommer hier in die bome en werk aan my tekenprente.”

“ Jy lieg!, waar is jou tekenboek dan?” Lelie lyk glad nie beindruk met hierdie storie nie.

“Hier.” Flam haal ‘n groot boek uit sy rugsak uit wat met ‘n egte leer omhulsel bedek is.
“Sien?” Flam is nou skielik baie bly hy het besluit om sy tekenboek saam te neem.

“Ek sien ja.” Lelie voel effens skaam dat sy so woes tekere gegaan het.

“So, wat doen JY hier Lelie?”

Lelie begin huiwerig vir Flam te vertel van haar plan om vir Selina in Venadun te gaan soek. Sy gaan sit terug om te hoor hoe dom Flam dink haar idée is.

Lelie raak stiller en stiller soos sy besef dat Flam nie juis verras lyk oor haar beplande soektog nie. Inteendeel, dit lyk so al asof hy goed bewus was van haar plannetjie.

“En nou? Het jy dan niks te sê nie?”

“Neewat” sê Flam,” Dit klink vir my na ‘n baie opwindende avontuur. Kan ek saam kom?”

“Nee!” Onder geen omstandighede nie nee!”
Lelie wapper haar vlerkies sommer vinnig en begin in die rigting wat die kompas aandui te vlieg.
“Jy’s nie dalk honger nie? Is jy?”

Lelie begin stadiger te vlieg soos sy begin besef dat haar magie woes grom van die honger. Omtrent so 100 meter weg van Flam af gaan staan Lelie doodstil, draai in sy rigting en begin stadiger nader aan hom te beweeg.

“Wat het jy daar?” vra Lelie nuskierig.
“My ma se Bessie brood”
“Yum, Jou ma maak die beste Bessiebrood in die hele wereld!”
“Nou goed, ek sal eers saam met jou hier sit en ‘n stukkie eet.”

“Oo. Nee,” sê Flam. “As jy van my brood wil he moet jy my toelaat om saam met jou Venadun toe te gaan.”

Lelie rol haar oë soos sy dink of sy dit gaan waag om eerder weg te vlieg, maar besef toe weer vinnig hoe honger sy is toe haar magie hardop met haar begin gesels.

“Ag,” sug sy, “Nou goed, maar as jy die soektog vir my enigsins gaan moeilik maak is dit verby met die ooreenkoms. Ek het nie tyd om te mors aan iemand wat my terughou nie, gehoor?”

Flam glimlag skelm en loer vir haar met sy groen oë oor die stuk brood wat hy in sy mond druk.

Die twee geniet die stukkie brood tot hul pensies trommol dik geeet is. Nadat hulle die groot hoeveelheid kossies afgerus het, besluit hul om die pad weer aan te durf. Lelie haal die kompas uit haar bloesie se sak uit en wys vir Flam met haar vinger die rigting waarin hulle moet vlieg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar