Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hi, hierdie is 'n ware verhaal,
slegs in my woord vertaal.
My vriendin het haar lewensles vertel.

. . . . daar is nog 'n ander verhaal oor die NUL OP DIE RAPPORT




. . . . ek huil en ek huil en ek huil
en my ou klein hartjie is baie baie baie seer
. . . . my handjies brand en boutjies is baie baie baie teer
ek dink ek huil al vir baie lank
. . . . elke nou en dan skreeu my ma: “Hou op tjank”

net sodra ek begin vergeet van handjies seer en boutjies teer,
spring ek op en staan voor die spieel
sien my handjies en kyk my boutjies,
dan begin ek weer te huil
want amper vergeet ek hoe is die seer en teer!

. . . . ek huil en ek huil en my hartjie is baie baie seer
. . . . my handjies brand en boutjies is baie baie teer

“En nou pragtige dogtertjie hoekom is jou hartjie so seer?”
“Wat is jou naam en hoekom die traan?”
“Waarom die lappe om die handjies?”
“Kom na tannie toe ek sal die seer
gesond weer soen en traantjies keer!”
“Vertel tannie alles!”

. . . . . snif snif snif, hu hu hu,
“. . . . tan. . .tan . . . tan . . . tannie ek kon nie keer.”

My maatjies by die skool koop elke dag swiets,
en ek kan nie,
dan gee hulle my niks.
Toe dag ek dat ek sal vir hulle gee
as ek swiets kan koop as ek net geld kan kry.

Toe kyk ek in my ma se handsak
in haar beursie en sien twee vyf rand note,
en ek leen toe een by my ma,
en toe koop ek swiets,
sommer baie baie swiets
en gee vir almal by die skool swiets
en toe is ek die prinses van die skool
en toe ek huistoe gaan was daar nog baie swiets
en ek loop verby mamma direk kamer toe
en steek die swiets onder my kussing weg.

“Jou naam?”

“Lienkie Dippenaar”

“Is jy Jan en San se meisiekind?

“En die verbande om die hande is dit waar?

Mamma het niks gepraat, sy was baie kwaad
sy wag en sy wag en sy stook die vuur
sy wag lank vir die seuns tot na twee uur

Ons kry nie vandag kos nie
Sy laat almal teen die muur staan.

“Julle vier, drie seuns en een dogtertjie
met die rug teen die muur,
. . . . het enigeen iets om vir my te sê?
. . . iets om te vertel?
. . . . ek het baie tyd en ek stook die vuur,
ons gaan vandag kieringtjies braai!
. . . . alles is anders en ek moet raai!”

“Nou maar reg, dan praat ek oor die sleg,
Tes en Martin is al hier by die huis,
maar julle vier was by die skool.”

“Toe ek dorp toe gaan om kos te koop,
en alles gekry wat ek moes kry
opgetel en netjies gepak en moet betaal,
toe is een van twee vyf rande skoonveld weg,
ek voel toe baie sleg en moes alles weer trug pak op die rak”

. . . . vandag kry my kinders niks te eet,
dis een dag wat ek nooit ooit sal vergeet!

Wie van julle vier het my vyf rand gesteel?

“Nee ma dis nie ek!”
“Nee ma dis nie ek sê ander ek en ook die ander ek!”

. . . . ewe skielik is dit net ek en ek voel soos die gek.

“Lienkie is dit jy?”

“Nee mamma dis nie ek!”

“Nou maar dis baie goed,
ek sal julle kamers ondersoek!”

Niks gekry in die seuns se kamer,
maar in my kamer begin my asem snak,
sy soek en sy soek in elke hoek,
elke kas en in my deurmekaar skooltas,
onder bed in laaie en ek byt my lippies baie styf vas.

Niks gekry in my kamer.

“Lienkie wil jy my iets vertel?”

“Nee mamma daars niks te sê,
wat wil mamma van my dan nog hê?”

Sy gaan sit op die bed
my asem snak en my moed begin sommer sak

Sy vat en voel onder die kombers
en sit haar hand op die kussing
my hart gaan staan en ek wil net traan
sy lig die kussing op daar lê duisende swiets

“En dit Lienkie waar gekry vertel jy asseblief dit vir my!”

“Gekoop”

“Met geld van waar gekry?”

“In mamma se handsak,
sommer net gevat,
geleen,
nie geweet
klaar vergeet.”

“Ooo Ja, kom kombuis toe!”

Sy maak die stoof se plaat weer oop,
vat my handjies en hou dit oor die rooiwit kole
en net as ek hand lig of wil wegtrek slaan sy my kneukels met die houtlepel

“Eina mamma dis warm!”

“Ooo Ja nog nie warm genoeg,
ek hoor niks en kieringtjies sal braai,
wil jy nog steeds lieg en steel en verskonings raai?”

“Wat sê die gebod van lieg en steel en mamma bedrieg,
boeties en sussie se kossies steel en by die skool uitdeel?”

“Jammer mamma ek sal nooit weer steel,
ek sal nooit weer lieg en bedrieg,
my hadjies is nou baie seer!”

“Lienkie ek het dikwels gevra en gevra en weer gevra,
elke keer skud jy kop en maak asof niks in die wêreld jou pla!”

. . . . Dogtertjies wat lieg en bedrieg
oortree die gebod en sal braai in die hel se pot,
is dit waar jy wil wees of is die stoof se warm heeltemaal te arm?

“Jammer mamma ek sal nooit weer steel,
ek sal nooit weer lieg en bedrieg,
my handjies is nou baie seer!”

Sy vat die houtlepel en raps my boutjies vuur warm.
“Jou ore sit mos in jou gat;
jou hande wil mos iemand se goed vat!”

Toe pappa huistoe kom,
sit almal aan die tafel met niks kos,
my ogies rooi,
my lippies plooi,
my boutjies seer
my handjies toegedraai
en pa moes raai:

“Lienkie en die doekies om die hande en die ogies rooi?

“Dis ek pappa ek’t die geld gevat!”
. . . . Hy gee my net een klap:

“ . . . nooit sal jy weer die gesin se kosgeld vat!”

Tannie Griffiths . . . sug en vee haar eie traan;
“. . . . . nooit sal ek Lienkie en die swiets vergeet!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

toemaar
. . . . ek het net so lekker getjank toe sy my die lewe verhaal;
. . . . die ergste van drie,
is moeilik om te vertel,
want dis hoe boeties sussies mollesteer
en die skade is lewenslank onbeheer
5 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 15 ure oud


swiets
oe nee dis wreed. My oe swem in trane. Mag ek in sonde verval en daardie ma verwurg.
5 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud



Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar