Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis ‘n lieflike dag in Lala-Land. Al die kinders speel en baljaar in die veld. Hulle is so gelukkig en opgewonde oor die mooi blomme wat uitkom omdat dit lente is. Daar is pienkes en perses en bloues en rooies!

Moegoe, die rondloper hond word jaloers oor die kinders so gelukkig is en sonder hom baljaar in die lente son.

“Ek sal hulle kry.” Grom hy en begin dadelik plannetjies maak om hulle hartseer te maak. “Kyk net hoe opgewonde is hulle oor die blomme. As daar net ‘n manier is wat ek al die blomme kan weg kry… Hulle sal sommer baie hartseer wees! En dan sal hulle weer met my wil speel.”

Daarie aand toe al die kindertjies al slaap, sluip Moegoe skelm rond. Op sy rug dra hy ‘n groot swart sak vol rommel.
“Ek gaan al die rommel gooi op die grond by die blomme. Dan gaan hulle verwelk en dan sal al die kinders huil.” Hy knor van pure lekkerkry en skeur die vuilgoed sak oop met sy skerp tande.

Die volgende oggend is Tina die eerste een om die rommel tussen die verwelkte blomme te sien. “O, nee!” Haar hartjie word sommer baie seer toe sy al die koeldrank blikkies, leë lekker papiere en plastieksakke oral tussen die blomme sien lê. “Dis verskriklik.”

“Ons sal al die gemors moet optel voor die blomme heeltemal dood gaan!” Sê Johan. “Maar hier is so baie. Ons sal dit nooit alleen kan reg kry nie.”

“Kom ons roep vir Ronnie Rommelkat! Nou dadelik! Hy sal ons kan help ontslae raak van die vullis!” roep Tina uit.

Al die maats begin roep. “Ronnie Rommelkat! Ronnie Rommelkat!”

En skielik spring Ronnie Romelkat uit die Akkerboom waar hy gewonlik lê en slaap.

“Ronnie Rommelkat-tot u diens.” Kondig die gemmerkat aan. Hy dra swart stewels en ‘n groen weermag baadjie.

“O, Ronnie! Jy moet ons help. Kyk daar!” Tina wys met haar vingertjie na die blomtuin wat vol rommel lê.

“Geen probleem! Ons moet eers die vent vang wat hierdie verskriklike ding gedoen het.” Sê Ronnie Rommelkat.

“Dit was Moegoe! Moegoe, die rondloper hond!” roep Johan uit en beduie na die slapende hond wat nog met die geskeurde stuk sak tussen sy tande lê en slaap.

“Moegoe! Word wakker!” roep Ronnie. “Hoe kon jy? “

“Ek… Ek is jammer…”Sê Moegoe toe hy die kinders se hartseer gesigte sien.

“Om rommel te strooi maak nie net ander mense ongelukkig nie, Moegoe. Dit vernietig ook die aarde.” Verduidelik Ronnie aan Moegoe en begin die rommel op tel.

“As ons almal help om die rommel op te tel, kan ons nog die blomme red. Moegoe, jy beter ons help!”

“Ek was net kwaad omdat almal so gelukkig was en omdat niemand ooit aandag gee aan my nie. Ek het gedink as ek die blomme vernietig sal die kinders met my wil speel.” Moegoe begin tjank.

“Ons hou van jou ook, Moegoe. Moet asseblief nie weer so iets doen nie. Jammer dat ons jou so gruwelik afgeskeep het.” Sê Tina en vryf die hond agter sy oor.
“Ons vergewe jou as jy ons sal vergewe.”

"Natuurlik vergewe ek julle."Glimlag Moegoe en swaai sy stert.

Na ‘n harde dag se werk was al die rommel weer opgetel en kon die kinders weer tussen die blomme baljaar. Moegoe het ook lekker gespeel terwyl Johan vir hom die bal gooi en hy dit moet vang.

Ronnie Rommelkat was die held van die dag. Die kinders het vir hom ‘n groot bak vol tuna gegee. Dit is sy gunsteling.

En Moegoe? Hy was weer gelukkig en het saam met die kinders tussen die blomme baljaar.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Korreksie van tik fout.
*Daardie
7 jaar 5 maande 3 weke 1 dag oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar