Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Soos vertel deur Wynand Breytenbach)

Ek is elf jaar oud. Ons is besig om ‘n nuwe land te maak. ‘n Groot potklei-bult se grond word afgeskraap in dongas in, totdat die hele oppervlak so gelyk is dat besproeiingswater gelykmatig daaroor kan vloei. Broer Kerneels behartig die langstert-skraper en ek is die touleier.

Met uitspantyd gewaar ek dat ons die bopunt van ‘n toegevalle gat oopgeskraap het. Nuuskierig krap ek die gat nog dieper oop en kom op ‘n mensgeraamte af. Dis die skelet van ‘n mens wat met opgetrekte knieë sit. Daar is geen teken van ‘n kis of enige klere nie. Dis waarskynlik ‘n Boesman, dink ek. Ek besluit daar en dan om die oorledene in die familiekerkhof te gaan herbegrawe.

Een vir een gooi ek die beendere, wat baie bros is en maklik breek, in ‘n streepsak en dra dit saam. Ek wil dit twee meter diep, soos die gebruik is, begrawe. Dit word egter donker en ek word bang daar tussen die graftes en grawe die graf maar net ongeveer ‘n halwe meter diep. Ek was van plan om die beendere in die regte posisie daar op die graf se bodem neer te lê, maar weens die toenemende donker, skud ek dit sommer uit die sak, gooi dit inderhaas toe en lê omkyk-omkyk rieme neer huis toe. Sê nou net die Boesman se spook is nie tevrede met sy herbegrawing nie...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ek wonder
hoekom is almal so besorgd oor dooies?

hulle weet mos niks

ek kou gereeld dooie bene en nogal die vleis van dooies










soos hoendervlerkies
7 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


36
Die gedagtes van 'n kind darem. Gelukkig word ons almal(of baie van ons) een of ander tyd groot. Vat hierdie storie my heerlik terug na my kinderspore.
7 jaar 2 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


Die begrafnis
Dankie Elise vir die storie.

"Broer Kerneels behartig die langstert-skraper en ek is die touleier." Hierdie woorde het weer herinneringe in my losgemaak. Ek het doerie jare [as kind] met 'n perd en so'n [kleiner] skraper gewerk om 'n pannetjie bietjie dieper te maak. Mens moet nog al weet wat jy doen, want as jy die skraper te diep insteek dan gaan die ding vassteek en jou vooroor gooi -- dit werk mos maar soos 'n groot skopgraaf.

Groete, Vic
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud


Mondstories
Dit kon nogal gelol het hoor.
7 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


:D
Op ons plaas was ook baie Boesmangrafte. Omdat die dolomiet-bank so vlak onder die grond is, is dit eintlik onmoontlik om daar te grawe. Oral het hopies klippe gelê en onder dit, Boesman geraamtes in dieselfde posisie as wat Oupa Weynand s'n was. Ek het eintlik ook 'n storie daaroor...dankie vir jou heerlike storie. Lyk my die Boesman was toe darem tevrede in sy nuwe graf...:D
7 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Katarsis

deur http://www.woes.co.za/

Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar