Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Op twaalfjarige ouderdom het oupa Wynand Breytenbach 'n noue ontkoming gehad. Hy vertel die volgende storie aan sy vyf kleinseuns.)

Terwyl die Jerseybul heen en weer teen die oorkantste grensdraad van die weikamp loop, brul en bulk hy asof hy betaal word. Hy is vandag iesegrimmig en nors, want hy is alleen in sy kamp, terwyl die ander beeste in ‘n aangrensende kamp net anderkant hom is.

Hy soek deurkomplek. Soms gaan staan hy doodstil en staar eers stip na die trop voordat hy weer ewe skielik aan die bulk gaan dat hoor en sien vergaan.

Ek weet dat as hy in so ‘n bui is, ‘n mens uit sy pad moet bly. Maar juis daarom voel ek baie lus om hom te terg. Ek moet dit net op ‘n veilige afstand doen.

Omdat ek nie so seker daarvan is dat die draadheining ‘n stormloop sal stuit as ek hom tart nie, moet ek ‘n veilige plek soek.

In die middel van die kamp is ‘n vervalle huisie waarin veewagters toentertyd gewoon het toe hier nog net oop skaapwêreld was en nog geen jakkalsdraadkampe nie.

Ek klim oor die draadheining en sluip koes-koes na die ou murasie toe. Drie verweerde buitemure is eintlik nog al wat gedeeltelik oor is. Na ‘n bietjie se rondkyk kry ek ‘n opklimplek by een van die hoeke. Twee plafonpale langs mekaar wat nog bo-op die mure oorgebly het,verbind die mure met mekaar en is net die ware Jakob om kortpad van een muur na ‘n ander te vlug as ek moet.

Stadig stap ek nader na die bul toe terwyl ek hom koggel met sulke lang, nageaapte brulle. Ek moet egter so naby die murasie bly, dat ek betyds daarheen kan vlug as hy my stormloop.

Hoewel die bul my gedurig in die oog hou, kom hy nie nader nie. Treetjie vir treetjie waag ek dit steeds nader, terwyl ek die heeltyd omkyk om vas te stel hoe ver ek van die huisie af is.

‘Naby genoeg,’ het die bul seker gedink, want toe ek weer sien, stap hy dreigend nader.

Ek wag nie ‘n oomblik langer om te sien of hy nou gaan storm of nie, en spring om en laat nael murasie toe. Toe ek so in die hardloop omkyk, word ek yskoud van die skrik toe ek sien dat die bul in volle vaart agterna kom en glad nie meer te ver agter my is nie. Ek weet as hy my inhaal, gaan hy my vermorsel.

Toe ek die naaste muur bereik, is die bul so naby my dat ‘n stadige klimmery lewensgevaarlik sal wees. Ek sien ‘n ronde gat met ‘n deursnee ‘n bietjie groter as my lyf in die muur en ek besluit om die kans te waag en daardeur te duik. Geluk bo geluk is my poging suksesvol en ek val tussen die los klippe en bakstene op die verweerde vloer aan die binnekant dat die stof opstyg. Ek kyk onmiddellik terug en sien hoedat die bul na my deur die opening kyk terwyl hy saggies brul.

Aangesien die voorste muur plat is en die bul daar kan inkom as hy om die gebou loop, hardloop ek tot bo-op ‘n hoop los puin in een hoek, spring in die lug op, kry een van die dwarspale bo-oor beet en swaai my voete tot bo-op die naaste muur. Ook net betyds, want toe ek afkyk, kom die bul ook die ‘vertrek’ binne!

Die bul gaan weer by die omgevalle muur uit en loop al om die gebou. Ek bid dat hy tog nie aan die mure moet druk nie, want hulle sal beslis meegee. Intussen beweeg ek voortdurend soos ‘n bobbejaan hande-viervoet op die pale langs, weg van hom af. My ontwyking frustreer hom so, dat hy sommer ‘n gannabos stormloop en dit met mening toetakel met sy kop en voorlyf. Dit gee my die geleentheid om ongesiens van die muur af te glip en met die murasie tussen ons, my knieë te dra draadheining toe.

Wat ‘n verligting om weer op veilige terrein te wees! Die bul is steeds besig met die bos aan die anderkant van die murasie. Ek is nou so bang, dat ek my baie vinnig uit die voete maak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MONDSTORIES(40): VASGEKEER DEUR 'N JERSEYBUL (1939)
Lekker vertel, dankie! Ek wed jou dit was ook nie die laaste keer wat oupa getender het vir 'n pakslae nie ;-)
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


Vasgekeer...
Alla wêreld Elise...waagmoed kan mens nogal in groot moeilikheid bring...lekker gelees en saam gesweet.
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 22 ure oud


***
Maar op dertien sien mens ook vir baie dinge kans!

Lekker gelees, dankie Elise.
6 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


40
Hoe het pa altyd gese? Jy soek vir 'n ding wat kon gebly het.
Heerlike senuwees opwinding.
6 jaar 9 maande 4 weke 20 ure oud


Dit was darem amper!
Dankie Elise vir Oupa se mondstories.
6 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 10 ure oud


Mondstories
Goed om jou weer hier te sien! Sjoe hoe bly is ek nou dit was nie ek nie! Wens ek kon dit sien. Baie mooi Elize, lekker gewees om dit te lees.
6 jaar 10 maande 17 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar