Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Oupa Wynand Breytenbach vertel verder)

‘n Erdvark is ‘n soogdier wat snags kos soek en bedags in diep gate skuil. Hy kan in een nag ‘n baie groot gebied deurwerk. Met sy neus na-aan die grond kan hy akkuraat vasstel waar termietkolonies onder die grond is. Of hy hulle hoor of ruik, weet ek nie, want partymaal maak hy heelwat vlak uitgrawinkies voordat hy op die termietnes afkom en dit oopgrawe. Dit gebeur dikwels dat hy ‘n plaaspad op plekke onrybaar maak weens die diep gate daarin.

Nie eers ‘n draadheinig in sy pad laat hom van koers verander nie. Met sy drie kragtige kloue aan elke voorpoot, grawe hy binne minute ‘n deurgang onderdeur die versperring. Dit dien dan ook as ‘n deurgang vir klein diertjies, soos steenbokkies, skilpaaie en jakkalse. Hy is dus nie ‘n beskermling van meeste boere nie.

Vanmelewe se veewagters het erdvarkvleis geëet, alhoewel dit nie baie gesog was nie.

Toe ek dertien jaar oud was, het ek gesien hoe ‘n veewagter en sy twee opgeskote seuns ‘n erdvark probeer uitgrawe het.

Na goeie reën was die grond nat en die erdvark was in ‘n gat teen ‘n hoë bult. Aangesien die gat te nou was vir ‘n mens om daarin agter die dier aan te kruip, het hulle dit van die bek af wyer gemaak. Toe die dier agterkom dat daar gevaar was, het hy die gat agter hom met grond toegeskop en steeds verder die bult in gegrawe. Sodoende het die afstand tussen die vlugteling en sy agtervolgers groter in plaas van kleiner geword.

Ten einde raad het hulle besluit om vas te stel waar hy hom onder die grond bevind en het met hul ore plat op die grond probeer luister waar hy grawe. Toe het hulle ‘n skag reg van bo af op hom af gegrawe. Dit was ook nie suksesvol nie, want toe hy die graafgeluide bokant hom hoor, het hy dadelik van koers verander en teen die tyd dat hulle sy tonnel bereik het, was hy al weer meters weg.

Al hulle slim planne het niks gehelp nie. Die erdvark is nie gevang nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die erdvark
Dankie Elise omdat hul so lomp voorkom het ek gedink hul brein is ook lomp, haha blykbaar nie, ne. Dankie.
6 jaar 8 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


erdvark
Lekker gelees. Hou so aan.
6 jaar 9 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


42
Jisso man, dit was nou interessant!
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 18 ure oud


Erdvark
Pragtige vertelling, dankie Elise.
6 jaar 9 maande 3 weke 3 dae 21 ure oud


***
Ek het net een keer vroegoggend in die veld een gesien, maar gate was daar volop. Dis mos ook die gewoonte van vlakvarke om die ou erdvarkgate oor te neem.

Ja-nee, jy gaan hom wragties nie maklik uitgegrawe kry nie -- ook maar goed so.

Dankie vir die storie, Elise!
6 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Dankie-tog!
Dis so 'n pragtige dier. 'n Mens kan nie glo daardie logge lyf kry hy net van termiete eet nie. Dankie Elise!
6 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud



Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar