Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van vêr sien ouma die stofwolkies opslaan soos klein kaal voetjies in die voetpad hardloop. Sy kry ‘n skalkse glimag en haar oë blink terwyl sy wag om die volgende avontuur saam met die kinders te beleef. Soos met elke ander avontuur hoop sy die seuns se tone en vingers bly nie in die slag nie!

“Ouma, ouma! O-u-m-a!” roep klein Asjas. “Ouma, kom daar’s iets binne!” Asjas is twee en sy sinne soek nog woorde maar almal verstaan wat hy wil sê. Pietman, ses jaar oud en meer besadig sê hy: “Ouma, pa sê ouma moet kom kyk. Hy’t ‘n skat gevind.”

“Watse skat Pietman?” Asjas tjip in: “’n Gloiringsak ouma! Pa sê daar’s ‘n skat in die goorlingsak!” “Kom Ouma” raak Pietman haastig en gryp ouma se hand. “Wag nou!” roep ouma benoud. “Ouma kan nie so vining hardloop soos klein seuntjies nie. Hardloop julle vooruit en sê vir Pappa ek kom.” “Ouma, jy maak vining!” roep Asjas so in die omvlieg.

Ouma loop vining en kom half uitasem in die skuur. Die seuns staan en rondtrippel van ongeduld en Ouma kan sien klein Asjas het gehuil oor ouma so lank vat. Asjas is sommer omgekrap: “Ouma laat!!”

Pa en Ouma loer vir mekaar en deel duidelik ‘n oomblik van gedeelde lag. “Die kinders darem” dink altwee.

“Pa! Maak oop die glooing – groiing … ag maak die sak oop.” Die kinders is so opgewonde, maar ouma hou haar hart vas. Voor die seuns se voete lê ‘n goingsak wat kriewel en ril en rittel en ‘n groot stofwolk opskop.

Versigtig knoop pa die draad om die sak se bek oop. Woeps en met ‘n woeste gekattermaai spring twee klein katjies uit die sak.

Net daar begin die konsternasie. Almal begin gelyk praat en die seuns vang sommer die katjies ook.

“Pappa kan ons hulle hou!” roep Pietman

“Pappa ek ook een hê!” skree Asjas terwyl hy vining ‘n swart katjie aan die stert gryp en in sy arms vasdruk. Die arme ding kry skaars asem.

Ouma vra tegelykertyd, die belangrikste vraag: “Waar het jy hulle gekry en hoekom is hulle in ‘n goingsak? Katte hoort nie in ‘n goingsak nie!”

Die seuns besef dis ouma se kwaai stem en raak rustig. Pappa maak sy stem sag en sê: “Ouma ek gaan nou die storie vertel. Kom seuns, bring die katjies kombuis toe dan gee ons vir hulle melk.”

In die kombuis het die katjies en die seuns melk gekry en pa begin met sy storie: “Vroeër vandag, oppad huistoe, het ‘n groot 4x4 voor my op die grondpad gery. Daar was so baie stof dat ek amper nie voor my kon sien nie. Skielik het die 4x4 so ‘n ent voor my gestop en ek het stadiger gery. Die stofwolk wat die 4x4 gemaak het het amper soos ‘n sandstorm gelyk.

Eers het ek nie verstaan wat gebeur nie, maar toe hulle wegtrek sien ek die einste goingsak langs die pad lê. Teen die tyd het die stof darem so effe gaan lê.

Ek klim toe uit die bakkie uit om te kyk wat in die sak is. Terwyl ek nader loop hoor ek die klein bang stemmetjies en die sak wriemel en ril. Ek het dadelik besef die mense het ‘n baie lelike ding gedoen. Hulle het klein weerlose katjies sommer so weggegooi. Sommer net so daar langs die pad. Ek het die sak opgetel en huistoe gebring want ek het geweet hier sal hulle baie liefde kry.

Skielik huil Asjas kliphard. “En nou ou groot seun?” vra pappa. Met ‘n groot snik vra Asjas: “pappa ons nie weggooi in die stof nie?”

Pappa se oë skiet vol trane: “Nooit ooit nie! Pappa is te lief vir sy Asjas en Pietman.”

© Naomi Smit



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Storm in n goingsak
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die WOLK / STORM projek.
4 jaar 3 maande 4 ure oud


'n storm in 'n goingsak
So oulik! Het amper saam met Asjas begin huil... Goed gepen.
4 jaar 3 maande 21 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar