Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is ’n reëndag! Dit is ‘n donkerdag en ek mag nie buite toe gaan nie! Mamma sê ek gaan siek word. Die huis hang vol woorde. Hier is te veel woorde …die woorde is stories en maatjies wat buite toe wil gaan en speel. Hulle wil nie in hierdie huis sit nie! Miskien wil die woorde in die reën gaan stap…oor die gras hop tot by die spuit fonteintjie waar my Nonster bly! Nonster is groot en grys met net eenoog! Hy het n láng nek soos ‘n kameelperd , tande soos ‘n vlakvark en ’ n horing soos ’ n renoster. Sy kop is rond en plat. Nonster's eet krokodille en seekoeie! Hulle drink net viswater! Hulle kou nie die krokodille of seekoeie nie hul sluk hulle net so heel in! Nonster babatjies klim uit hul ma se ogies as hulle gebore word. “Nonster!” roep ek met bakhande voor my mond.“Noooonsteeeer!”Weergalm dit by die deur uit oor die gras. Ek hou my hand oor my oë en tuur oor die gras my oë soekend na Nonster.“Noooonster!”Roep ek weer. Skielik verskyn Nonster se groot glimmende lyf asof uit die nuut uit langs die fonteintjie ,sy massiewe wit vlakvark tande glim van die water. Hy beweeg met kort waggel tree na ons agter deur! Die reën water lê blink op die groen skubbe van sy maag!“Nonster kom eet my ma op!!”sê ek dik bek. Nonster buk om by ons agter deur in te kom en skut die water van sy groot lyf af. Die druppels spat oor mamma se nuwe lessenaar en maak poeletjies op die die skoon kombuis vloer! Hy gee twee kort treetjies met sy vet bene tot by mamma se kantoor stoel waar ek sit en plak hom langs my neer !Hy vou sy kort arms oor sy bors en kyk met sy een groot groen oog kwaai na my.“Eet jou ma op?”grom hy. “Ja, kom eet my ma op!” Ek vou my arms ook oor my bors ek weet ek lyk dikbek want ek voel hoe my wange by die kante hang soos wanneer mamma sê ek is dikbek! “Mmmm …Ek is nogal honger “sê Nonster en vryf oor sy skubberige maag. “Nóú! Waarvoor wag jy ?”sê ek en beduie met my hande na mamma se kamer! Nonster trek sy een bolip op en ek sien ‘n skerp tand blink. “Jy weet ek eet nie Ma’s nie” sê Nonster met ‘n groot skewe frons bokant sy een oog. “Maar Nonster my ma sê altyd sy is so vet soos n seekoei en jy ” like” mos seekoei vleis baaaaie?”sê vra ek nou verontwaardig. “Jou ma lyk vir my heeltemal te veel na vel en bene.” Nonster rill by die gedagte aan die maer vleis. “Buitendien” sê hy en kyk my met ‘n kwaai frons driekantig in die oë ” het jy al gedink as ek jou ma op eet wie gaan vir jou kos maak? Wie gaan jou aantrek? “ “My pa kan ook kos maak en ek kan al self aantrek!”sê ek steeds nukkerig.“Wie gaan vir jou drukkies gee?”Vra Nonster nou met ‘n opgetrekte ooglid.. “Drukkies is boring!”kla ek verontwaardig. “En sweeties?”vra hy met ‘n gefrommelde neus en ‘n skewe kop. “Ouma sal vir my gee!”antwoord ek dadelik. Nonster dink so bietjie, kruis sy arms voor sy bors en kyk my stip aan. “By wie gaan jy lê as die weer hard slaan dat jou vensters so bewe?”sê Nonster sag maar ek kan sien in sy oë hy weet hy het my nou in ‘n hoek gedruk. Ek kyk kwaad op die grond voor my ek weet nie wat om te antwoord nie want as die weer so hard slaan dan hou mamma my so styf vas en ek mag heelaand in hulle kamer slaap. Sy raas altyd met pappa as hy wil hê ek moet alleen in my kamer gaan slaap as die weer so kwaad is. Nonster het my vas…… my mond is droog en my keel trek toe as ek daaraan dink dat ek alleen in my kamer in my bed moet lê as die weer so kwaad is…… nee nooit nie, ek sal nooit dit alleen kan maak nie. “Maar Nonster, mamma speel nie met my nie! Sy sit die heeltyd met haar foon en facebook!”sê ek nou onseker of dit nog ‘n goeie ding is as Nonster vir mamma opeet. Nonster sit sy hand op my skouer en kyk met sy groot oog diep in my oë: “Het jy al vir mamma gesê jy wil hê sy moet met jou speel?” “Nee!”sê ek kwaad maar naby aan trane. Ek sluk die trane terug en sê bietjie harder: “Ek spring op haar bed .Dan raas sy net ...en gooi goed rond…sy raas met my. Ek skreeu hard dan raas sy met my… of terg vir boetie dan raas sy met my. Sy raas net en raas en raas en raas!!”sê ek moedeloos. Nonster lyk ontsteld, sy pienk skaduwee wat oor die vloer val begin lyk of dit rooi wil word.. “Hoekom doen jy sulke stoute goed Andries? Vra Nonster, en ek kan hoor hy is ontsteld. “Ek wil hê mamma moet met my speel sê ek” en die trane wil, wil net in my oë inspring. Ek knip, knip my ogies vinnig en sê met ‘n hees stemmetjie.. ”dit is hoekom ek dit doen! Om die hartseer in my stem weg te steek begin ek mamma se stem na-aap. “Andries bly stil!.Andries moenie op die bed spring nie!.Andries los jou boetie uit!” sê ek kwaai soos mamma. “Maar maak nie saak hoe stout ek is nie mamma speel nie met my nie ……” Ek voel kwaad en hartseer en sommer deur mekaar..my kop hang en my ken druk teen my bors. Ek skop- skop aspris so teen mamma se nuwe lessenaar ek weet sy hou nie daarvan nie. Ek voel aan my gesig dat my wange al weer opgeblaas is en ek stoot my onderste lip uit soos die groot gladde baber visse wat pappa vang. Nonster vroetel met sy krom vingers in sy skoot en vryf oor sy voorkop voor hy met ‘n sug sê: “Wil jy ‘n storie hoor Andries?” “Ja, ja asseblief ek is baie lief vir stories maar mamma wil nie vir my vertel nie want sy sê omdat ek so stout is gaan ek nie stories kry nie.” Nonster trek sy vet voetjies onder sy lyf in terwyl hy sy ewe vet krom vingers agter sy kop vou. Ek spring opgewonde op Nonster se grootEendag nie baie lank gelede nie “kom sy Sid van Ice age stem deur my ore gewaai!”en die woorde maak sulke klein bollemakiesies by sy mond uit. “was daar n groot nonster reus in Nonsterland !Hy was baie ,baie ,baie groot .en sy vel was ‘n diep donker grys. Hy het groot geel tande gehad soos ‘n reuse vlakvark en ’n groot ronde snoet. Sy nek was baie lank... so laaaank soos ‘n kameelperd se nek! Sy naam was Stephanus die grote! Almal was bang vir hom want so ver as wat hy gegaan het het hy alles verwoes! Hy het groot reuse bome uit die grond gepluk en gegooi dat dit so deur die lug vlieg en jy net grond sien spat en wortels waai. Hy het groot nonster trokke opgefrommel en plat getrap. Hy het nonsters se huise se dakke afgeruk en stukkend gegooi. Klein nonsters by kleuterskole die straat af gejaag. Ou Nonster oupas en oumas uit die pad uit gestamp. So ver soos wat hy gegaan het het hy vrees en bewing gesaai! Almal was bang en as hul hom hoor aankom het hul so vinnig moontlik wegkruip plek gesoek om weg te kom van sy woedende verwoesting. “Stephanus was nie altyd so kwaai en kwaad nie. Hy was altyd ‘n baie rustige nonster met goeie maniere .Hy was nooit stout nie en het almal altyd gehelp. Omdat hy so verskriklik groot was het almal hom altyd geroep om hulle te help om hulle klere in hoë kaste te sit of gordyne te hang in hulle huise .Of sommer net enige iets wat baie hoog is te doen. Stephanus nonster het nooit kwaad geword nie en het maar altyd gedwee en vriendelik vir almal alles gedoen. Party keer het die nonsters net verwag hy moet goed doen en het nie eers altyd dankie gesê nie. Stephanus het in ‘n groot grot net so entjie buite die nonster dorp gebly. Hy het vir hom n lekker sagte bedjie gemaak van spons en vir hom mooi gordyntjies voor die grot gat gehang. Hy het vir hom n oulike stort gemaak onder die waterval wat agter sy grot in die rivier val. Elke aand het Stephanus van die dorp af gekom lekker gestort onder sy waterval terwyl hy vrolik sing. Daarna het hy sy pajamas broekie aangetrek sy gordyntjie voor sy grot toegetrek en terwyl hy na liedjies op sy klein radio’tjie luister en sy rooi flennie kombers oor sy voete trek rustig aan die slaap geraak.” skoot en sit warm in sy nessie!
Nonster het so ‘n ver af kyk in sy oog en sy stem is sag en dromerig “Maar hoe het Stephanus Nonster so kwaad geword?”Vra ek nou baie nuuskierig. Nonster haal diep asem en vertel verder:
“ Nonsterland hou elke jaar ‘n groot nonster piekniek! Dan bring almal hul piekniek komberse en piekniekmandjies en dan hou hulle krokodil spitbraai op die rivier se wal! Vroeg dag begin die heerlike piekniek met ‘n kompetisie wat die nonsters teen mekaar meeding om te kyk wie die beste is. Hulle hardloop ‘n stukkie en dan kyk hul wie kan die meeste krokodille vang vir die spit braai en dan hardloop hulle resies met krokodil eiers op ‘n lepel en die kompetisie word afgesluit met ‘n dubbel been sak spring kompetisie! Daarna kuier almal lekker om die spit met groot glase viswater en seekoei biltong! Laataand na hul hul maggies trommel dik geëet het lê almal op hulle piekniek komberse en kyk na die sterre. Die nonster koor sing dan mooi liedjies van nonsters oor die jare en daar is selfs ‘n paar nonsters wat op reuse dromme speel en op ‘n kitaar tokkel! Klein nonstertjies raak sommer daar onder die sterre op hul piekniek komberse langs hul mammas en pappas aan die slaap en die jong nonsters kuier tot die son opkom in die buitelug. Dit is juis na die laaste gesellige piekniek wat Stephanus so wild en kwaad begin raak het. Nonster land was nie meer die selfde nie! Al die gelag het opgedroog en die musiek het opgehou! Niemand het meer na vrolikheid gevoel nie want almal moes kort kort hulle huise regmaak of hul familie hospital toe jaag! Party het met krukke geloop. Want alhoewel al die nonsters nogal groot is , is Stephanus ‘n reuse nonster en hy rig groot groot skade aan. Almal was moedeloos en bang maar niemand het geweet wat om te doen nie. Niemand het verstaan wat aangaan met nonster Stephanus. Die wat probeer vra het is verjaag en verskreeu. Niemand het meer probeer vra nie. Sommige nonsters het hul oorblywende goedjies in sakkies gepak en die dorp verlaat maar moes gou weer terug kom want daar is nêrens plek vir die nonsters behalwe in Nonsterland nie. Bo in die dorp het Dokter nonster gebly hy het van vroeg tot laat gewerk om almal wat deur Stephanus nonster seer gemaak is te dokter! Party van hulle wat deur Stephanus uit die pad gestamp is het arms gebreek of hul kop so hart gestamp dat hul skoon vergeet het wie hulle is! Ander is raak gegooi deur n deur of ‘n dak wat Stephanus afgeruk het. Een ou was vir twee dae onder ‘n boom wat Stephanus gegooi het vasgekeer! Die nonsters was kwaad maar kon niks aan Stephanus doen nie want hy was te groot! Dit was weer vroeg een oggend die son het nog nie eers sy kop bokant die berg uitgesteek nie toe hoor die nonsters bo in die dorp hoe Stephanus weer lostrek en al wat huis is se deure afruk en dakke afpluk! Dokter nonster het skaars aan die slaap geraak na ‘n nag van nonsters dokter wat die vorige dag deur Stephanus beseer is toe hy weer Stephanus se gebrul hoor! Hy spring vasberade uit die bed en besluit vandag is die dag wat hy vir Stephanus gaan vas vat! Hy trek sy strepies broek en kruisbande aan en ry met sy vier wiel motorfiets af in die straat na waar hy Stephanus hoor! Hy sien Stephanus is op pad na Bettie nonster se huis toe en hy gaan staan hande gevou voor Bettie se huis! Stephanus kom grommend en brommend brullend aan en skreeu vir dokter om pad te gee en alhoewel Stephanus ‘n reus is ,is dokter self nie te klein nie! Dokter haal sy diepste stem uit en sê: “Stephanus waarom verwoes jy als en almal om jou?” Stephanus grom en brul en skreeu woedend: “MY kombers…my rooi flennie kombers is gesteel!” “Iemand” en hy wys met sy lang krom vinger in die lug,” iemand hier in Nonster land het my rooi flennie kombers gesteel!” Stephanus grom weer en brul kwaad! My voete vries af in die aande en ek kan nie slaap sonder my rooi flennie kombers nie! Ek soek my rooi flennie kombers!!!” Terwyl hy dit se pluk hy die deur van Bettie se huis af en gooi dit dat dit daar trek! Dokter nonster vou sy arms oor sy bors en sê:”Stephanus dit is nou genoeg! Jou rooi flennie kombers lê in die gemeenskapsaal vir verlore goedere! Besige Rienie nonster het dit langs die rivier opgetel en het rondgevra wie sin dit is en niemand het geweet nie en toe het sy dit by die verlore goedere gaan sit in die gemeenskap saal! Stephanus nonster voel hoe sy hart in ‘n roomys verander toe hy Dokter nonster se woorde hoor! Skielik so helder soos ‘n “cracker” lig skiet dit deur sy gedagtes dat hy dit laas by die piekniek plek gebruik het tydens die dorp se reuse piekniek dag en hy het dit natuurlik daar vergeet! Stephanus voel hoe die bloed sy gesig verlaat en Dokter nonster en Bettie se verskrikte gesin sien verbaas hoe groot pienk trane oor Stephanus se wange rol. Sy skouers hang en hy staar net voor hom uit! Hy prewel onhoorbare woorde en prewel oor en oor: “ “Wat het ek gedoen! Wat het ek gedoen??” Hy begin terugstap deur die dorp en sien die verwoesting wat hy aangerig het. Orals duik nonsters uit die pad en ‘n ma nonster gryp ’n klein nonstertjie somer aan sy voet en hardloop haastig weg toe sy hom sien! Bome lê gesaai langs die pad huise se dakke lê verstrooid op die strate , karre lê op hul dakke straatlampe is omgebuig en alles lyk skielik vir Stephanus stukkend! Die jammerte spoel oor hom as hy besef dit alles is deur hom gedoen! Stephanus het 10jaar daarna nog steeds nonsters gehelp om hul huise reg te maak en nuwe bome te plant en nonsters wat beseer is deur hom te help met takkies soos dorp toe gaan en pakkies dra .Elke dag was hy spyt en bly homself vra: ” Waarom het hy nie net gevra of iemand sy rooi flennie kombers gesien het nie?”
Nonstser se hartseer stem word still en die woorde sit nou groot oog op sy skouers vir my en kyk. Ek voel harsteer jammer vir Stephanus maar dink ok nie hy het reg gemaak nie! “Sjoe Nonster maar nonster Stephanus was dam baie lelik om almal se goed te breek!”sê vra ek saggies “Ja dit is so maar jy is nou net soos Stephanus!”sê Nonster. “Ek net soos hy? Is nie Nonster ek kannie groot bome uit die grond pluk en huise se dakke afruk nie. Ek is te klein.!”sê ek hoogs verontwaardig. “Nee dit is waar maar dit is nie wat jy doen nie: Jy spring op mamma se bed as mens op beddens spring breek dit. Jy gooi goed rond wat breek! As jy vir boetie terg en mamma moet heeltyd raas breek jy ok mamma se hartjie!” “Ooooo dit!”sê ek terwyl ek weer onthou hoekom ek Nonster geroep het. “Maar ek het jou mos gesê ek doen dit omdat mamma nie met my wil speel nie.”Soek ek verskoning vir my gedrag. “Ja jy het gesê maar kan jy onthou hoekom nonster Stephanus die nonsters se huise gebreek het?”vra nonster. “Ja want hy het sy rooi flennie kombers gesoek. “sê ek trots omdat ek mooi geluister het na sy storie. “Ja en wat moes hy gedoen het eerder as om die goed te breek?”vra Nonster. “Hy moes net vra of iemand weet waar is sy kombers. “sê ek. “Só wat moet jy doen voor jy mamma se bed breek?”vra Nonster kwaai. “Ek moet mamma vra of sy met my sal speel!” gil ek dit opgewonde uit. “Jy is reg Andries. Mamma weet nie jy wil met haar speel nie! Jy moet haar vra!” “Dankie Nonster!” se ek baie bly en spring van sy skoot af. Ek voel hoe die woorde wat in die huis hang agter my aanwaai na mamma se kamer toe. Ek hardloop na mamma toe in die kamer en spring op die bed dat mamma se foon skoon van die bed af hop! “Andries het ek nie gesê jy mag nie op my bed spring nie!”raas mamma weer erg kwaai. “Skuusie Mamma ek wil net vir Mamma iets kom vra” sê ek nog opgewonde. “Wat is dit Andries?”Vra mamma steeds kwaad oor haar foon. “Sal mamma asseblief met my speel?”vra ek met my mooiste stem. Mamma steek haar arms na my toe uit en sê: “Maar natuurlik sal ek met jou speel. Ek het gedink jy speel so lekker op jou eie jy wil nie hê ek moet saam met jou speel nie. Wat wil jy speel my seuntjie?” “Sal mamma regtig ? Regtig égtig? Wat van mamma se foon en facebook?”vra ek onseker “My foon? Hoekom vra jy so iets?”vra mamma met n skewe kop. “Mamma is heeltyd op die foon besig en ek dink mamma is so besig en kannie met my speel nie! Ek spring op die bed terg vir boetie en skreeu omdat ek hoop mamma sal dan saam met my speel. En al wat mamma doen is raas en raas!” Ek sien hoe mamma se oë vol trane skiet en sy trek my teen haar vas. “Hoekom huil mamma?” vra ek hier teen haar warm bors. “Andries Mamma is baie jammer dat mamma nie verstaan het dat jy eintlik net saam met my wil speel nie. Mamma dink die heeltyd dit is genoeg vir jou dat mamma hier by jou is en terwyl julle met julle speelgoed speel , speel mamma met haar foon. Dit sal vir mamma baie lekker wees om saam met jou te speel. Mamma druk my styf teen haar vas oor haar skouer sien ek Nonster se pienk skaduwee oor die gras val waar hy agter die muur staan en ons afluister.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nonster
Lekker gelees dankie en goed neergepen.
6 jaar 4 maande 2 weke 23 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar