Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Irmari kyk verwonderd om haar. Sy het so gewoond geraak aan die stadslewe en het vergeet van die klein, plattelandse dorpie se betowerende natuurskoon. Sy kan nie onthou wanneer laas sy in Welgerus was nie, juis daarom verkyk sy haar aan alles. Die lowergroen grasperke, stroompies wat rustig oor klippies kabbel, diere wat oral staan en wei en die groot wilgerbome wat lekker skadu bied teen die bloedige warm Desember-son. Hulle ry verby die Lowerwoud en sy weet hulle is amper daar. Haar ouers is al van voor haar geboorte af vriende met die Retiefs en dit het al half ‘n tradisie geword om elke jaar vir hulle te gaan kuier, maar die afgelope drie jaar kon hulle nie van die gewoel van die stadslewe wegbreek nie. Sy sien so daarna uit om die tweeling weer te sien. Sy en Tom en Nina het omtrent saam grootgeword met die wat hulle ouers gereeld kontak gehad het en omdat hulle dieselfde ouderdom as sy is kon hulle makliker oor die weg kom. Die kar kom skielik tot ‘n stilstand en Irmari maak vinnig haar deur oop. Die Retiefs wag hulle al in. Nadat almal klaar gegroet het het stap haar ouers saam met meneer en mevrou Retief na hulle eenvoudige, maar goed versorgde huis. Irmari kyk na die paar perde wat lustig eenkant staan en wei. “Ek is so bly julle het gekom.” sê Nina opgewonde. Irmari kyk na Nina. Die ooreenkoms tussen haar en Tom is onmiskenbaar.Albei het dieselfde vrolike glimlag, donker hare en sjokolade bruin oë. Dit is nie lank nie of die drie gesels ‘n hond uit ‘n bos. Die drie jaar wat hulle mekaar laas gesien het vergete. “Julle moet my tog die spookhuis gaan wys wat julle so bohaai oor gemaak het in die briewe.” Irmari glimlag toe sy dink aan die spookhuis wat hulle so goed beskryf het sonder om enige iets uit te laat. “Okay, maar jy sal moet wag tot vanaand.” “Hoekom vanaand?” vra Irmari nuuskierig en kyk na Tom. Sy sien nou eers die kuiltjies wat albei sy wange laat inkeep en sy is weereens verstom hoe Nina sy glimlag presies weerspieël. “Want dan kan ons jou makliker skrikmaak.” Irmari lag saam met Tom en Nina en trek haar hand deur haar heuningblonde hare. Later daardie middag sit almal op die stoep en koeldrank drink. “Wat dink pa sal, ek en Tom vanaand vir Irmari die berugte spookhuis wys?” Nina se oë vonkel toe sy na haar pa kyk. “Solank julle nie te laat uitbly nie, maar julle sal eers by Irmari se ouers moet hoor. Irmari kyk hoopvol na haar ma en pa. Irmari se pa lag en sê ondeund: “Natuurlik, miskien sien julle nog rêrig ‘n spook.” Irmari klik haar tong en kyk na Nina wat nogsteeds geheimsinnig glimlag en wonder wat voer sy in die mou. Die res van die middag vlieg verby en toe Irmari weer sien is die son al besig om te sak en die eens helderblou lug is nou verskillende kleure van oranje geverf. Dit is sprokiesmooi en lyk rêrig soos ‘n prentjie uit ‘n storieboek. Daar is ‘n ligte klop aan die deur. “Kom in.” sê Irmari. Nina kom die kamer binne. “Is jy reg vir die spookhuis-toer?”
“Het ek ‘n keuse?”
“Nie eintlik nie.”
Irmari en Nina stap laggend na die appelboom voor die huis waar hulle afgespreek het om Tom te kry. ”Waar is die berugte spookhuis in elk geval?”
“Hier op die hoek.” antwoord Tom en begin solank aanstap. Irmari en Nina val geselsend agter hom in. Hulle kom tot stilstand voor ‘n ou dubbelverdieping huis. Irmari kan maklik glo dat dit ‘n spookhuis is. Die houtplanke is verrot en oortrek met lae en lae stof. Oral is daar spinnerakke en die tuin lyk soos iets uit ‘n gruwelfliek.’n Paar bloekombome staan voor een van die gebreekte vensters. Irmari-hulle stap nader. Die swaar houtdeur staan op ‘n skrefie oop en hulle kan dus net instap. Die huis het nog houtvloerplanke en met elke treë wat hulle gee kraak dit al harder. Irmari ril toe haar hand oor iets taai vee, maar slaak ‘n sug van verligting toe sy besef dis net ‘n spinnerak. Ten spyte van die helder lug buite is dit reeds skemer in die huis en Irmari is skielik bly hulle het wel ‘n flitslig saam gebring. Nie een van hulle praat nie en dis so stil jy kan ‘n speld hoor val. Die groot bloekombome voor die stukkende venster se wrang takke gooi spookagtige skaduwee’s oor die houtvloer en laat die huis net nog donkerder lyk. “Boe!” Irmari wip soos sy skrik en draai om. Sy sien dat Tom en Nina albei dik van die lag is en draai eers vies om. Na ‘n rukkie lag sy saam met hulle omdat sy so maklik geskrik het. Nadat hulle die hele onderste verdieping vir Irmari gewys het draf hulle die trappe op om die boonste verdieping vir haar te gaan wys. Bo is dit nog donkerder as onder en hulle moet mooi kyk waar hulle loop, want die flitslig skyn maar flou. Hulle gaan wys haar eerste die kamer op die punt van die gang. Die kamer is dolleeg behalwe vir ‘n lendelam tafel wat in die hoek staan. “Dit is hier waar die berugte moord gepleeg is.” Irmari dink aan die stories wat hulle haar vertel het van die meisie met die naam Dorinda. Haar ouers was blykbaar by die werk die middag en toe hulle die aand by die huis kom vind hulle haar in haar kamer. Sy het met ‘n tou om haar nek van die dak afgehang en die bloed het af grond toe gedrup. Irmari ril. Daar word beweer dat sy elke keer met volmaan terugkeer na die huis om haar moordenaar te probeer opspoor. Dit het vir haar ouers te erg geword en hulle het getrek, van toe af staan die huis bekend as die spookhuis en mense is te skrikkerig om te kom kyk of die gerugte waar is. “Weet julle wat het van Dorinda se ouers geword, ek bedoel waarheen het hulle getrek?” Irmari wag vir ‘n antwoord, maar al wat sy hoor is die wind wat buite saggies deur die boomblare ritsel. “Tom? Nina?” ‘n Doodse stilste begroet haar. Irmari draai om, maar al wat sy in die donker kan uitmaak is die lendelam tafel se vae buitelyne. Irmari voel ‘n paniekerigheid in haar keel opstoot. Miskien wil hulle my weer skrikmaak probeer Irmari haarself gerus stel. Tevrede met haar redenasie stap sy die vertrek uit. Reg vir Tom en Nina. Sy kan skaars haar hand voor haar oë sien, want Tom het die flitslig. Sy beweeg voel-voel die lang gang af. In die middel van die gang staan sy skielik stil.Verbeel sy haar of is dit voetstappe agter haar. Sy luister vir ‘n oomblik, maar al wat sy kan hoor is haar eie hortende asemhaling. Sy stap ingedagte verder. Skielik gryp iemand haar van agter en druk haar mond toe. Sy probeer tevergeefs spartel, maar die persoon het ‘n ystergreep om haar. “Dis net ek.”
Irmari herken Tom se stem en kalmeer, hy laat haar los. “Wat op dees aarde…?”
Tom druk vinnig sy hand oor haar mond voordat sy klaar kan praat en beduie vir haar sy moet saggies. “Wat gaan aan?” fluister Irmari.
“Ek en Nina wou jou skrikmaak, maar nou kry ek haar nêrens nie. Sal jy my kom help soek? Asseblief!”
“Dit sal nie nodig wees nie.”
Irmari en Tom kyk verskrik om. Toe gryp iemand hulle albei. “Vat hulle na die ander een toe.” kom die bevel.
Hulle word hardhandig by een van die vertrekke ingestamp. Irmari kan net-net die buitelyne van iemand uitmaak en besef met ‘n skok dat dit Nina moet wees. Sy en Tom word vasgebind en sy hoor hoe die sleutel in die slot kras. “Wat nou?” fluister Nina verskrik. “Ek het geen idee nie!” is Tom se benoude antwoord.
“Wag ‘n bietjie ek het mos ‘n knipmes in my sak.”
“Maar hoe gaan jy dit kry Tom? Jou hande is agter jou rug vasgebind.”
“Irmari, jy is die naaste. My sak lê so vyf treë van my af, probeer nader skuif en die mes uit my rugsak kry.” sê Tom nadat hy ‘n rukkie gesit en dink het.
Dit vat ‘n hele rukkie, maar uiteindelik voel Irmari die sak en probeer lomp die sak oopkry. Haar vingers voel dom en dit gaan sukkel-sukkel. Na wat soos ‘n leeftyd voel, voel Irmari die koue staal en trek die knipmes uit. “Wat nou?”
“Probeer die tou om jou polse lossny.”
Irmari doen wat Tom sê. Sy byt op haar lip toe die lemmetjie oor haar vel gly. Sy byt vas en druk deur, uiteindelik voel sy die tou van haar polse afgly. Haar polse is rooi en besmeer met bloed soos die tou haar stukkend geskaaf het en die knipmes gegly het. Sy gee die knipmes aan vir Tom en kort voor lank is al drie los. Hulle sluip die trappe af, versigtig om in niks vas te loop wat dalk ‘n geraas kan maak nie. Omdat Tom-hulle die huis soos die palm van hulle hand ken ontsnap hulle sonder moeite. By die huis vertel hulle vir hulle ouers wat gebeur het en Tom-hulle se pa ontbied die polisie.
Die volgende oggend sit almal op die stoep en koffie drink toe die konstabel sy verskyning maak. Irmari wonder wat hy wil hê, want hulle verklarings is reeds die vorige aand geneem. “Kan ons help?” vra Kobus Retief uit die veld geslaan.
“Ek het eintlik net die kinders kom bedank.”
Irmari-hulle kyk fronsend na mekaar. Die konstabel sien hulle verwarring en gaan voort:”Hulle het gehelp om Scars en sy bende vas te trek.Sien hulle is diamantsmokkelaars en ons is al ‘n hele rukkie op hulle spoor.”
“Maar wat soek hulle dan by die spookhuis?” vra Tom verbaas.
“Die gespokery is toe al die tyd net ‘n storie om mense daar weg toe hou sodat hulle die gesteelde diamante daar kon wegsteek.”
Tom kyk verbaas na Irmari en Nina. “Hopelik sal dit julle leer om nie in die aande in verbode plekke rond te hang nie.” sê die konstabel en glimlag. Irmari-hulle glimlag net en knipoog vir mekaar. “Dit sal ‘n goeie storie vir ‘n opstel maak.” sê Nina en almal lag.
‘n Week later staan Irmari-hulle by hulle kar. Sy wens hulle hoef nie weer terug te gaan nie. “Ek hoop ons sien jou gou weer, hier is nog baie raaisels om op te los.” Tom kyk na Irmari en knipoog vir haar. “Ja-nee, ek sal beslis my ouers se arm moet draai.”
Irmari waai vir Tom en Nina terwyl hulle Welgerus agter hulle laat. Irmari gee een laaste blik in die eens gevreesde spookhuis en glimlag. Ja-nee sy sal beslis weer moet kom kuier.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar