Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lank gelede was daar n oupa elfie.Oupa Jacobus was baie oud en n gesiene inwoner van Elfieland.
Kom ons gaan kuier by oupa en sy vriende.
Dit is herfstyd in Elfieland.Die populierbome is geklee in oranje en roesbruin baadjies.n Koel bries vul die lug,terwyl oupa Jacobus op sy voorstoep sit en koffie drink,uit sy gunsteling rooi blikbeker.Oupa Jacobus woon al die jare in die mooiste paddastoel huisie.Sy beste vriend Jasper het die verf werk gedoen.n Rooi dak met wit polka dots en n wit hout deur.Oupa Jacobus is n bekende skrywer van vele elfie kinderverhale.Vandag het hy kreukelvingers en sy potlood is gebere.
"Goeie more Jacobus."
"Goeie more Jasper my vriend."
"Wat lyk dit so asof jy na iets soek vanoggend?"
"Ja sit gerus,help jouself met koffie en beskuit,ek soek net na my bril.Ai as ek tog net kan onthou waar ek dit gesit het."
"My liewe vriend as jy jou brilletjie net so n entjie opskuif van jou krom neus na jou oe,sal jy agterkom jou bril is op die regte plek."
"Ja toemaar Jasper spot maar met n ou man!"
Jasper lag en skink nog koffie in .
"En toe wat se nuus is daarin die koerant om oor opgewonde te raak?"
"Ag nee ek wil nie verder lees nie.Elfieland se miljoener weet nie wat om met al sy goue ponde te maak nie."
"As hy regtig wil kan hy al sy goue ponde met die perdekar by die weeshuis gaan aflaai."se Jasper vies.
"Klink asof jy nou opgewonde raak?"vra oupa Jacobus en glimlag.
"Kom laat ek liefs daardie pragtige oranje en geel daisies water gee."
"Baie dankie,ja hulle is vanjaar regtig n prentjie."
Oupa Jacobus sit rustig op die "rocker stoel" en wieg,terwyl Jasper die daisies versorg.
Jasper kyk op en sien dat sy vriend ver in droomland is.Hy het sy groen wolmussie op en sy jassie aan.Jasper maak sy kniee toe met die klein rooi kombersie.
Woeps spring Antonie oupa Jacobus se kat op sy skoot en kruip onder sy baadjie in.
So dut die twee vriende rustig in die herfs sonnetjie.
Jasper draai die sleutel van sy goudgeel Morris Minor en sit af na die nagosie winkel in Appeliefielaan.
Die dreuning van Wim die melkman se Harley Davidson maak oupa Jacobus wakker.
Wim stop en stap vinnig met die koper roomkannetjie na die voorstoep.
"More oupa Jacobus."
"More Wim."
"Ek gaan net gou die room vir oupa bere,strek solank daai krom beentjies ,ek bring oupa se kierie ,ons het vandag n heerlike rit op die pretlysie."
Wim kom met n glasie lemoensap,n stuk sjokolade,twee rooi valhelms,twee serpe en die kierie by die voordeur uit.
"Oupa drink eers, vitamien C is goed vir die herfs windjie en die sjokolade vir energie."
"Ai kind ,wat se planne het jy nou weer in daardie kop van jou?"
"Oupa sal sien,kom Antonie laat ek jou valhelm opsit en ook jou serpie.Ja jy gaan by oupa se voete sit in die sykarretjie.
So ja maar drink eers n slukkie heerlike room."
Antonie purr,en drink die room uit sy blou blik pieringtjie.
So laai Wim sy passasiers in sy Harley Davidson.
Oupa Jacobus het ook sy valhelm op en sy rooi serp om sy nek.Iewers maak Wim nog plek vir n bottel water,want die bagasie boksie moet oop bly vir oupa se kruideniersware,wat hulle met middagete by Nina se nagosie winkeltjie sal oplaai.
Die Harley Davidson begin dreun.
"Oupa ons gaan op ry tot by die varksnoet van die Overberge.Daar is die mooiste vygies wat ek graag vir oupa wil gaan wys,voordat die winter kom.
12 30 parkeer Wim met sy passasiers voor Nina se nagosie winkel in Appeliefielaan.
Jasper kom die trappe af gestap.
"Kan ek jou dalk met jou pssasiers help Wim?"
"Ja asseblief oom Jasper."
"Kom my vriend laat ek help met daardie valhelms van jou en Antonie."
"Jasper help vir oupa Jacobus regop en gee vir hom sy kierie aan.Hy tel Antonie op en hou hom onder sy arm vas.Saam stap hulle na die voordeur.
"Middag oupa Jacobus,middag Antonie."groet Nina en streel oor Antonie se kop.
"Middag my liewe kind."
Antonie draf vinnig vooruit.Hy weet sy middagete wag by Ben in die kombuis.
Oupa Jacobus,Jasper en Wim geniet Nina se spinasietert en mengel slaai.Hulle sluit die middagete af met sago poeding ,vla en n koppie koffie.
"Baie baie dankie Nina dit was heerlik ,kan jy asseblief die rekening bring."
"Ag nee oupa Jacobus, oupa weet mos oupa,oom Jasper en Wim geniet n gratis middagete by ons."se Ben.
"Julle bederf my heeltemal teveel,laat ek tenminste vir my kruideniersware betaal."
"Wim het alles al reeds gaan inpak en ongelukkig het die betaal strokie weggewaai in die herfswindjie."se Nina en glimlag.
"Al wat ek nou kan se is baie dankie Nina en Ben."
"En ons se dit is n groot plesier oupa Jacobus."se Ben en glimlag.
"Lank lank gelede."hoor Jasper en loer by die sitkamerdeur van die polka dot huisie in.
Oupa Jacobus sit voor die kaggelvuur en vermaak die elfie kleuters met een van sy stories,terwyl Antonie snoesig onder sy baadjie slaap.Jasper draai om en gaan sit die ketel aan vir laat middag koffie en melktert.
Terwyl die son in die weste sak,bere Elfieland vanmiddag vir oupa Jacobus en sy vriend by die varksnoet van die Overberge tussen die vygies.Die gesiene skrywer het Elfieland verlaat saam met Antonie sy kat.Dit is net sy vriende en soet herrinneringe wat agterbly in Appeliefielaan.


























































































Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Weerkaatsing van my hart

deur Elzabe Young Heyns

'n Mens se hart gaan deur seisoene, net soos 'n mens dit elke dag buite ervaar. Een dag is dit somer, die volgende dalk winter. 'n Storm en miskien dan weer 'n sonskyndag. Almal het van tyd tot tyd nodig om jou hart oop te breek, die gevoelns en emosies vry te laat en te ontleed; en dan ... gevul te word met die bevryding en aanvaarding van omstandighede en situasies in jou lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar