Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Brullie die padda sit rustig onder die paddastoel met sy rug gesteun teen die groot ou paddastoel se stam en sy agterbene laaaaank uitgestrek oor die groen mos naby die waterfontein. Dit is sy geliefkoosde sitplek en almal weet al dat die tyd van die dag, vang hy sy middag slapie hier. Hy het heel nag by die fontein gesit en sing en muskiete gevang met sy lang tong wat hy uitrol soos ‘n opgerolde mat. Nou is hy baie moeg en uitgeput.
Hy het net leeeeekker ingesluimer en snork, snork , Ggggg, Pivvvv, soos hy slaap. Hy droom van sulke groot vet vlieë wat hy met sy lang tong maklik kan bykom om smaaklik te eet. Hy skrik wakker uit sy droom met ‘n geweldige pyn in sy regter toon dat hy sommer opspring en hardop uit volle bors, “kwaaaaaaak, eeeiinnaa” skree. Toe hy opkyk sien hy dis ou Zebie die Zebra wat hier bo hom staan met sy hoef op sy toon. Zebie, wat ook half slaperig is die tyd van die dag het nie vir Brullie raakgesien nie en skrik hom boeglam toe Brullie so hard, “kwaaaak” hier voor hom skree. “Hie, hie, laat jy my nou skrik”, sê Zebie. “Ekskuus tog Brullie ek het jou nie gesien nie, want jy was so mooi gekamofleer hier op die groen mos”.
Hy haal dadelik sy poot van Brullie se toon af en Brullie vryf sy toon vir ‘n vale om die pyn stil te kry. “Kwaak” “Sjoe”, sê Brullie, “jy kon my dood getrap het”.
“Jy beter in die toekoms kyk waar jy loop en trap met daardie groot pote van jou”, se Brulle.“Ek is baie, baie jammer Brullie”. “Wat kan ek doen om jou te vergoed vir die ongerief, ” sê Zebie. “Ek moet my toon nou dadelik in die koue water kry om die pyn stil te kry”, sê Brullie.
“Ag ek sal jou gou help”, sê Zebie. ”Hie, hie, spring op my rug dan neem ek jou gou na die watergat in die rivier.” Brullie spring en spriiiiing, maar hy kom net nie op Zebie se rug nie. Buitendien is sy toon ook nog seer en kan nie lekker met sy een agterpoot vastrapplek kry nie. “Toemaar, ek buig my kniee dan sal jy bykom,” sê Zebie.
Die keer toe Brullie spring kry hy dit reg en land mooi saggies tussen Zebie se lang ore. Hy hou sommer aan ou Zebie se een oor vas met sy een hand dat hy nie afval nie en met die ander vryf hy sy seer toon. “Baie dankie, ek sou dit nooit gemaak het tot by die rivier met my seer toon nie”, sê Brullie.
Zebie drafstap al met die veldpaadjie af tot by die rivier. Daar aangekom loop hy in die water in sodat Brullie in die water kan afspring. Maar oo wee dis toe dat Zebie gewaar dat ou Krokkie die kwaai krokodil reg op hom afpeil en hom wil opeet vir middagete. “Hi Hooooo, Heeeelp, passooop”, skree Zebie, “hier kom Krokkie die krokodil aangeswem en hy gaan vir my en jou in sy kiestand bere”. “Toemaar, ek sal hom regsien, ek het ‘n goeie plan”, se Brullie. “Hy sal jou nie ‘n ooghaar se skade aandoen nie, kyk net wat gaan ek doen”.
Toe Krokie hier naby hulle is roep Brullie hard , “Krokie wat makeer jou oog dan”. “Ag nee ek weet nie, hoekom vra jy.” Antwoord krokkie. “Dit lyk my of daar iets in jou oog is” sê Brullie. “Wel nou dat jy daarvan praat, my oog is nogal bietjie gevoellig en krapperig.” Anwoord krokkie. “Laat ek sien”,sê Brullie. Krokkie kom nader en Brullie kyk in die kamtige seer oog. “Dis ‘n stokkie wat in jou oog sit”, jok Brullie vinnig. “Wag dat ek dit vir jou uittrek”.
Brullie spring op Krokkie se kop en maak of hy iets vat wat kamtig ‘n denkbeeldige stokkie is mooi tussen sy twee vingers en gee so ‘n vinnige plukkie. “Daarsy, daar is die ou stokkie nou uit jou oog “, sê Brullie. Krokie is so bly en vra dadelik; “ nou Brullie wat kan ek vir jou doen vir die groot guns wat jy my aangedoen het” vra Krokkie. “Jy kan vir my en my vriend Zebie toelaat om rustig in jou rivier te swem sonder om ons te hinder”, sê Brullie . “Krok’ Krok, ag met die grootste plesier Brullie, geniet julle maar die swem ek sal julle nie hinder nie, inteendeel, ek sal wag hou oor julle dat niemand julle pla nie”. “Hi Hoo, Dankie, dankie tog”, sê Zebie en begin ook sommer homself tuis te maak in die rivier.
Toe Zebie en Brullie buite hoorafstand van ou Krokie is sê Zebie saggies; “dankie Brullie, vandag het jy ons lewe gered met daardie slim plan van jou. ” “Ag nee wat Zebie, dit was ‘n groot plesier om ou Krokie ‘n slag ore aan te sit”. “Hy hou hom altyd so kwaai, skelm en astrant”. “Hy dink mens kan hom nie sien as hy sy lyf onder die water wegsteek dat net sy neusgate en twee oë bo die water uitsteek.” “‘n Man moet altyd ‘n plan hê Zebie, veral as jy bedreig word en jou lewe daarvan afhang.”
Van daardie dag af was Brullie die padda en krokie die krokedil groot vriende, alhoewel ou Krokie nooit uitgevind het dat Brullie hom die dag ‘n lekker streep getrek en ore aangesit het nie.

Fluit, Fluit padda, zebra en krokedil se storie is uit.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Padda
Watter kombinasie vir vriende. Lekker gelees dankie.
6 jaar 4 maande 2 weke 4 dae oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar