Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




. . . . ek het altyd vir my kinders gesê ek glo:
HY sklider "paintings in the sky' net vir my,
want so min ander mense sien SY handewerk.

Toe ek swot vir matriek-eksamen,
loop 'n milli-mikron-millimeter oor die wit papier,
dis so klein dis kleiner as die strepie op die liniaal,*
ek lig my vuis om die gogga te verbrysel.

(* kleiner as die dot op die i)

ewe skielik besef ek dis 'n kunswerk,
'n moderne wonderwerk,
tegnologiese vernuf nog onpatenteer,
mikro-biologie in die kern van die sel reaktor.

goggatjie het ten minste vier bene met pote en dan nog tone,
kop en stert en lyf en iets om meet te sien,
iets om mee te eet,
iets om mee te weet,
iets om asem te haal,
iets om mee voort te plant.

as goggatjie 'n stert het, is daar nog kleiner goggatjies.

kan die slim wetenskaplike hierdie kunswerkie namaak?

hierdie goggatjie moes kon vlieg,
hoe anders kom hy op my boek?
goggatjie is dus vaartbelynd en aerodinamies konstrueer,

goggatjie is geprogrameer,
'n missie en 'n doel,
weet presies waarheen,
vir watter gevoel:
lief vir goggatjie-lief,
iewers weg gesteek,
maar sy radar en bits en bites,
sal hom veilig by haar bring.

kan ek goggatjie maak,
kan ek teken,
daar bestaan nie 'n pen of potlood
klein genoeg om sy lyf te teken,
ons kan hom nie eers meet,
ons sal nooit ooit weet,
watter Gedagte en Vernuf en Handewerk,
het goggatjie noukeurig ontwerp en gemaak.

as ons kon inzoem,
sou ons sekerlik die kleure sien om ons met HOM te versoen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar