Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Eendag lank, laaank gelede was daar ‘n soldaat met die naam Blits wat die koning saam met ander soldate die koning vergesel het deur sy koningkryk. In daardie dae was daar baie struikrowers, moordenaars en diewe wat in die woude geskuil het en dan niksvermoedende reisigers aangeval het. By twee geleenthede het Blits tydens sulke aanvalle die koning se lewe gered en die koning was Blits baie dank verskuldig.

Koning Sonskyn die eerste het nog nooit ooit sy baard met enige skêr of mes afgesny nie daarom het hy ‘n geweldige lang spierwit baard gehad. Langer as enige een van sy baie onderdane in sy koningkryk. Dit is ook tradisie in sy koningkryk dat niemand hulle baarde skeer nie. Elke jaar op baarddag kom al die manne bymekaar en kompeteer dan met hulle baarde en snorre teen mekaar en dan moet die prinses en die Koningin die manne se baarde en snorre be-oordeel en die wenners aanwys.

Eendag laat roep koning Sonskyn die eerste hom en sê vir Blits: “Blits, jy is ‘n baie dapper man en het reeds twee keer my lewe gered”. “My getroue en dapper ou lyfwag, Willie, wil nie meer nie en is reeds baie oud en hy wil nou tyd by sy familie gaan deurbring en rus. Ek wil nou vir jou aanstel as my persoonlike lyfwag”. “Dit sal beteken jy en jou familie moet nou in die kasteel kom bly dat jy altyd op kort kennisgewing naby aan my is”.

So gebeur dit dat Blits, sy vrou Sterretjie en hul seun Arend hul intrek in die kasteel neem. Arend was nog klein en het baie met die koning se dogter, prinses Rianè von Wenus, gespeel in die paleis se gronde en tuin. So het hy ook saam met haar by die paleis se skoolmeester en wysgeer, meneer Insig, geleer somme maak, lees, skryf, geskiedenis van die koningkryk en ook sommer vir hulle maniere geleer wat by ‘n jonge heer en prinses pas.

Arend en Rianè het groter geword en het afrigting in swaard hantering lesse ontvang van sy pa en hy het ‘n baie goeie swaardvegter geword. Rianè het balet klasse geneem by Sterretjie, Arend se ma, want sy was ‘n baie goeie danser. Die prinses kon baie goed dans en het baie keer as koning Sonskyn gaste ontvang het van ander koningkryke haar gevra om vir hulle te dans. So het die jong prinse van ander koningkryke ‘n ogie op haar begin kry en het hulle gewedywer om haar hand.

Eendag het ‘n skelm met die naam van Donkermaanvinnigvat dit gewaag om in die paleis se tuin te kom sonder dat een van die wagte hom gewaar het. Hy wou die prinses vermoor om haar halssnoer en prinses kroon te kry. Arend het toevallig deur die tuin gestap om ‘n boodskap na sy pa te neem toe hy sien hoe die moordenaar en dief sy swaard trek om die prinses te vermoor. Hy het dadelik nader gestorm en ‘n swaardgeveg het tussen hom en die moordenaar ontstaan. Hy was nog jonk en die moordenaar was net so ‘n goeie vegter en het allerhande skelm streke uitgehaal om Arend uit te oorlê en selfs sand in Arend se oë gegooi, maar Arend was te goed vir hom en uiteindelik het hy die man oorweldig en sy swaard afgeneem. Hy het hom na die koning geneem om mee af te reken.

‘n Paar dae later het Arend na Koning Sonskyn gegaan om hom te vra vir die hand van prinses Rianè van Venus sodat hulle mag trou, want hy het dan die prinses se lewe gered, maar die koning wou nie sy toestemming gee nie, want Arend het nie twee name gehad nie en was dus nie afkomstig van ‘n koningshuis nie en as sulks nie ‘n prins nie, maar ‘n gewone burger. Hy was baie teleurgesteld en hartseer en sy perd opgesaal en diep in die woud ingery om daar te gaan treur. Hy het later vir hom ‘n houthuisie gebou in die woud.

Hy besluit toe as hy die hart en kop van ‘n draak na die koning neem om te wys hoe dapper hy is sal hy dalk van opinie verander en sy dogter prinses Rianè sy bruid kan maak. Hy het ver gereis en uiteindelik ‘n groot lelike kwaai draak gekry en die draak verslaan en so met sy trofee vertrek na koning Sonskyn .

Die koning het diep bedroef geraak toe hy vir Arend sien en vir hom gese: “Jy is te laat my seun.” “Hier het ‘n pragtige jong prins met die naam Wolf van Donkermaan gekom en my om haar hand gevra en met my toestemming geneem as sy bruid”. “Dit was ‘n groot fout, ek het ‘n verskriklike fout begaan”. “As ek geweet het hy is so ‘n wreedaard en my dogter so seer laat kry en swaarkry onder sy mishandeling sou ek haar eerder vir jou gegee het al was jy nie van die adelstand nie en nooit aan hom nie”. “Hy het haar laat martel en in die diepste kelder gevangenis van sy kasteel laat gooi waar sy vandag nog toegesluit is”. “Ek is so jammer”.

“Na hy haar hier weggeneem het, was sy baie ongelukkig en baie gehuil en hy wou weet hoekom sy huil en treur, maar sy wou nie vir hom se dat sy na jou verlang nie”. “Hy het haar toe oorgegee aan sy martelaars sodat hulle haar kan martel tot sy praat”. “Nadat sy nie meer die gemartel en pyn kon uithou nie het sy erken dat sy na jou verlang en daarom dat sy treur”. “Prins Wolf was so woedend dat hy haar verban het na die donker diepste nat kelder gevangenis ondergronds van sy kasteel”.

Arend was baie hartseer en weer teruggegaan na sy huisie diep in die woud. Op ‘n dag kon hy dit nie langer uithou nie, want sy hart was so seer dat hy gevoel het hy wil nie meer lewe sonder sy prinses Rianè nie. Hy het besluit om sy hand aan sy eie lewe te slaan. Hy het voor in die tuin van sy huisie gaan staan wat hy self gebou het en sy swaard getrek om ‘n einde aan sy lewe te bring, maar skielik hoor hy ‘n stem wat se ; “Moenie!!, ‘n mens neem nooit jou eie lewe nie jong man!”. “Niks kan so erg wees wat nie met ‘n goeie plan opgelos kan word nie”. “’n Man moet mos altyd ‘n plan he”. “Nou sê my wat is jou probleem wat so erg is dat jy jou hand aan jou eie lewe wil slaan daaroor”? Arend kyk of hy iemand sien, maar dit is eers toe hy hier voor hom op die grond kyk dat hy die klein ou dwerg mannetjie met die snaakste voete en beentjies hier voor hom sien staan. Hy vertel vir die mannetjie sy probleem. “So nou verstaan jy waarom ek my swaard teen my eie lewe trek”, sê Arend vir die dwerg mannetjie en vra. “En wat is jou naam as ek mag vra en wie gee jou die reg om so met my te praat”? “My naam is Boomblaar, want ek is verantwoordelik vir al die bome se blare en vriende van my het my ‘n boodskap gestuur om aan jou oor te dra”, se hy. “Hulle het laat weet jou prinses Rianè het gevra dat ons jou soek en vir jou vra dat sy na jou verlang en jy moet haar kom red uit die kloue van die aaklige prins en sy gevangenis”. “Nou hoe dink jy moet ek, mens alleen dit regkry”, wil Arend weet.

“Ek het ‘n plan”, se Blaarkabouter. Arend steek sy swaard terug in sy skede en sê,”Laat ek hoor wat is jou kamtige slim plan”. Blaarkabouter gaan voort en sê: “Daar is ‘n gerug dat prins Wolf van Donkermaan oor twee weke as dit weer donkermaan is ‘n groot partytjie vir al sy amptenare gaan hou”. “So sal die hoof van die gevangenis ook na die partytjie wil gaan en baie van die bewaarders en soldate ook”. “Jy het mos nog daardie kop van die draak”. “ Neem dit en gee dit aan die hoof van die gevangenis en vertel vir hom dat jy so dapper is dat jy ‘n lelike draak kon doodmaak en dat jy enige een van sy beste swaardvegter bewaarders uitdaag om teen jou te skerm met die swaard om te wys jy is beter as enige van hulle”. “Dan sê jy vir die hoof van die gevangenis dat as jy wen moet hy jou aanstel in sy diens”. “Hulle is so grootdoenerig dat hulle dit sommer dadelik sal aanvaar, jy moet net seker maak jy wen die geveg”. “Sien, dit is so maklik soos dit”. “Die res is so maklik vir ‘n slim man soos jy om uit te werk”, sê Blaarkabouter. “As almal na die prins se partyjie gaan, bied jy dan eenvoudig aan dat jy die gevangenis sal oppas en as hulle partytjie hou glip jy en jou prinses uit die gevangenis en die kasteel” “Sien daar! Walla! En gee so ‘n kêkkel laggie. Dit is so maklik soos dit”, sê Blaarkabouter en gee so ‘n klein trippel dansie met sy snaakse skoentjies aan sy krom voëtjies. “Ek en my vriende sal ook daar wees as julle die aand ontsnap om julle te help en die prinses te vermom sodat die wagte by die stadspoorte haar nie sal herken nie”.

Arend het Boomkabouter bedank vir sy blink plan en hulp. Nouja, so gemaak en so gedoen en voordat jy kan sê mes het Arend sy perd opgesaal en teen ‘n spoed afgesit na die slegte prins Wolf van Donkermaan se kasteel met die draak se kop op ‘n spies vasgesteek.

Arend het presies gemaak soos Blaarkabouter gesê het hy moet doen en die plan het pragtig uitgewerk. Die hoofbewaarder het Arend eers uitgelag, maar tog sy beste man uitgesoek om teen Arend te veg in die arena en hom verseker hy staan nie ‘n kat se kans om te wen teen sy man nie.

Arend het vooraf goed ge-oeffen en toe die dag aanbreek vir die uitdaging was die banke rondom die arena stampvol mense wat hierdie geveg wou aanskou.

Na ‘n lang geveg wat Arend omtrent uitgeput het, het hy sy teenstander uiteindelik maklik verslaan en het die hoofbewaarder geen ander keuse gehad as om hom aan te stel as ‘n bewaarder nie.

Arend het eers sy gesig versluier as hy kos of water na die prinses se sel geneem het sodat sy hom nie dadelik moet erken en dalk sy teenwoordigheid met haar opgewondenheid aan die ander bewaarders verraai nie.

Na ‘n paar dae het die prinses skielik siek geword en ‘n koors ontwikkel. Hy was baie bekommerd oor haar gesondheid en het Blaarkabouter gaan opsoek en raad gevra. Hulle sit toe af na Gesondheidsfeetjie se huis. Die het vir hom kruie medisyne gegee wat sy vir haar aangemaak het.

Hy het dit stilletjies na die prinses se sel gesmokkel en vir haar ingegee terwyl sy nie eintlik gesien of geweet het wat om haar aangaan van die koors nie. Die kruie medikasie gemaak van natuurlike veld en woud plante het haar dadelik laat beter word en so gaandeweg het sy haar weldoener begin herken en het hy vir haar stilletjies aangesê om niks te laat blyk dat sy hom herken nie, anders gaan sy reddingsplan vir haar skeefloop.

Hy het intussen skelmpies bewaarders klere na die sel ingesmokkel, want die plan was dat hulle haar soos ‘n bewaarder gaan vermom as hulle ontsnap. Uiteindelik breek die groot aand aan en alles loop volgens plan. Hy het gesorg dat hy in ‘n kort tydjie die hoofbewaarder se vertroue wen en soos beplan gee hy die aand al die sleutels van die tronk aan hom af. Blaardwergie het deur die sel se venster geklim en met sy tower kwassie begin om die prinses net soos ‘n manlike tronkbewaarder te laat lyk. Toe prins Wolf van donkermaan se partytjie lekker aan die gang is sluip Arend en prinses Rianê uit die tronk en by die stadspoorte uit en daar galop hulle weg op sy pragtige perd die woud in. Hy weet dat hulle moet so gou moontlik wegkom, want die partytjie sal sekerlik aanhou tot dagbreek en dan sal al die bewaarders eers hulle roes gaan afslaap, voordat hulle enigsins sal agterkom die prinses is weg.

Toe die bewaarder die volgende middag agterkom die prinses is weg tesaam met Arend en sy tronk sleutels was hy woedend, maar sy woede was nie naastenby so groot soos die lelike prins se woedebuie toe hy daarvan vertel word. Hy het dadelik soekgeselskappe uitgestuur om die twee agterna te sit en gevange te neem en na hom terug te bring sodat hy hulle kan martel totdat hulle dood is. Hy het ook ‘n beloning uitgeloof van goue muntstukke vir enigeen wat inligting verskaf van waar die twee hulle bevind.

Gelukkig het Arend en die prinses die hele woud se dwergies, kabouters, feêtjies en bos diertjies wat hulle kon waarsku as die lelike prins se soldate in hulle rigting kom sodat hulle in ‘n ander rigting kon vlug en hulle bos vriendjies die soldate op ‘n dwaalspoor lei. Die jongmense wat in die lelike prins wolf se koningkryk gewoon het, het van die verliefde paartjie wat op die vlug is gehoor en hulle het almal saamgestaan en diep in die woud ‘n kasteel gebou wat onbereikbaar en onverowerbaar was vir die prins se soldate. Die prinses se vader het ook van sy dogter se wonderbaarlike ontsnapping gehoor en uitgevind dat dit die dapper seun Arend was wat haar gaan red het.

Hy was so dankbaar dat hy hulle na hom toe laat kom het en ‘n groot verwelkoming vir hulle gereël. Toe sy koningkryk se mense almal voor sy paleis vergader het spreek hy hulle toe. “My geliefde onderdane”, se hy, “My dogter was gemartel en in die tronk gegooi deur daardie lelike prins Wolf van Donkermaan wat haar hier weggeneem het as sy kamtige aanstaande bruid en hierdie dapper jong man, Arend, het haar gaan red.” “Ek is hom so baie dank verskuldig dat ek my hele koningkryk aan hom skenk en as blyk vir my waardering sal hy van vandag af my kroon dra en bekend staan as koning Sonskyn die tweede”. “Hy het reeds vir hom ‘n koningkryk diep in die woud opgebou en het ook sy eie onderdane daar wat na hom opsien as hulle koning, maar van vandag af sal hierdie twee koningkryke funksioneer soos een koninkryk onder hierdie dapper jong man se leiding as koning”. “Saam sal ons sterk genoeg wees dat die lelike prins Wolf nooit dit sal waag om ons aan te val nie”.

So het Arend as koning Sonskyn die tweede en sy prinses Rianè getrou en hulle het gelukkig saam die twee koningkryke saamgevoeg tot een magtige koningkryk en vir jare en jare regeer totdat hulle kinders eendag by hulle oorgeneem het.

Die lelike prins Wolf van Donkermaan se onderdane het amper almal van hom af weggeloop. Hy het eendag gaan jag en is deur ‘n kwaai bosvark verskeur. Sy koningkryk se mense het toe besluit dat hulle graag wil onder koning Sonskyn die tweede wil leef omdat hy so slim, dapper, regverdig en genadig is teenoor sy onderdane en hulle in vrede laat lewe onder sy ryk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Prinses Riane
ag hierdie was nou die mooiste mooi feetjie storie!! Dankie vir die deel ek het lekker gelees
4 jaar 6 maande 3 weke 14 ure oud


sprokie
Dit was nou n lekker lees sprokie hierdie
4 jaar 6 maande 3 weke 14 ure oud



Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar