Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Feëtjie Hond – wat nes ‘n Rottweiler lyk – sug hartseer. Haar voetspore kan orals oor die strand en die duine om dit gesien word. Dit herinner sterk aan haar bestaanskrisis nie lank nadat sy Eolande ontmoet het nie. Saphira het haar belowe dat sy haar sal vertel wat sy ontdek het op die strand wanneer sy eendag groot is. Nou is haar beskermling groot. En sy wil niks hoor wat sy te sê het nie.
Saphira sug weer hartseer. Sy kyk uit oor die deinende grys-blou see. Die laaste keer toe sy hier was, was sy vol pyn en woede oor haar ma se dood.
Nou is dit Eolande wat haar ma verloor het.
Die Feëtjie Hond het nie ‘n idee wat in haar beskermling se kop aangaan nie. Vir dae aaneen loop sy langs die see op haar eie. Saphira kan verstaan dat die jong vrou alleen wil wees. Dis presies wat sy ook wou gehad het nie so lank gelede nie.
Maar Eolande is nie sy nie. Waar sy partykeer fisiese uiting gee aan haar gevoelens, is haar beskermling iemand wat alles opkrop. Sy’s bang dat dit eendag net te veel gaan wees vir Eolande en dat sy gaan ontplof. Of dalk net ‘n uitbarsting op ‘n verkeerde tyd en plek gaan hê.
Saphira kyk van die duine af na waar haar beskermling stadig buite die bereik van die see loop.
Lank gelede het sy dit geniet om na hierdie plek te gaan. Dit was haar geliefkoosde vakansieplek in die mense-wêreld. Nou het dit net nostalgie en hartseer.
‘n Vreemde beweging laat Saphira skerp terugkyk na Eolande. ‘n Aantreklike jong man het skielik langs haar beskermling verskyn. Eolande lyk aangenaam verbaas. Die Feëtjie Hond kan sien hoe hulle ‘n lewendige gesprek het in die vroëe oggend son.
Iets omtrent hom maak Saphira agterdogtig. Voordat sy kan reageer, gryp hy Eolande en verdwyn in die branders.
Woedend, met ‘n hart wat gallop, vlieg Saphira oor die sand en in die see in.
Sonder om te dink, gee sy haarself kieue en webbe tussen haar tone. Sy swem vinniger as enige vis. Maar die seebewoner – sy’s nie seker wát hy is nie, net dat hy ‘n Feë is – is vinniger as sy.
Die skoonheid van die see word nie deur haar raakgesien nie. Sy weet dat daar koraalriwwe en bloedrooi anemone is. Maar dis net omdat sy dit noukeurig bekyk om seker te maak dat Eolande nie daar is nie.
Met onaardse konsentrasie sluit sy alles uit. Die grys-groen water voel grimmig. Dit is nie wat Saphira aan gewoond is nie. Maar tenspyte daarvan, kan sy vóél waar Eolande is.
Deur pers koraalriwwe en groen seewiere swem sy dat borrels after haar aan dryf. Sy gaan níé vir Eolande verloor nie.

Eindelik, in ‘n diepe kelder van die see, haal sy hulle in. Groot pêrels van elke kleur maak ‘n skuilplek teen die seestrome. Dis ‘n perfekte plek vir water Feë om te woon.
Dis pragtig en onaards. Tog weet Saphira dat hierdie pêrel kelder natuurlik gevorm het hier in die mense-wêreld see. Dis iets wat sy kan aanvoel.
In die middel van die pêrel kelder sien sy vir Eolande in ‘n groot borrel met wydgestrekte oë om haar kyk. Verskeie robbe is om haar vergader.
Saphira vernou haar oë. Sy moes geweet het dat Selkies die oorsaak van haar nuutste ellende is.
‘Ek dring daarop aan dat julle die meisie vrylaat!’ bulder sy in almal se koppe. Party skrik so erg dat hulle in hul mensvorm verander.
Die een wat Eolande ontvoer het, gluur vir die Feëtjie Hond.
‘Nooit! Sy’s myne.’
‘Twak!’ sê Saphira en swem nader.
Eolande lyk bly om haar te sien.
‘Ons gaan trou en dan vrede terugbring na die oseaan,’ verklaar die ontvoerder tot ‘n gejuig van sy makkers.
‘Hoekom sy?’ vra Saphira verbaas. Sy weet baie van Selkies af. En een van die groot taboes vir hulle soort is om met ander Feë te meng. Al is daardie Fee net ‘n halfbloed soos Eolande.
‘Haar status as halfbloed sal ons bloedlyne sterker maak. En dit sal ons alliansie met die Galno verseker.
‘Hoekom het julle dit nodig?’ vra sy agterdogtig.
‘Daar’s ‘n seeheks wat ons vang en opoffer vir watookal onheilige rede. Sy’s besig om ons uit te wis. Net sterk bondgenote kan haar wreedheid stop,’ verduidelik die jong Fee ongeduldig.
‘Om met Eolande te trou gaan nie jul probleme oplos nie. Buitendien: net sekere verbintenisse word toegelaat onder julle soort. As jy haar dwing om met jou te trou, kan nie een van julle ooit weer terug gaan na Feërie nie.’
‘Soos dinge nou daaruit sien, gaan meeste van on nie die volgende nagewening sien nie.’
‘As jy doen wat ek sê, kan julle nog baie jare leef en weer terugkeer na Feërie.’
‘Hoe?’
Hulle almal kyk belangstellend na haar.
‘Ek sal aan die seeheks verduidelik dat ons vriende is. Niemand sukkel met die vriende van ‘n Feëtjie Hond nie.’
‘n Rilling gaan deur die omstanders. Sy weet sommer dat hulle wag vir die ander skoen om te val. Na alles het hulle die beskermling van ‘n Feëtjie Hond ontvoer.
‘Jy,’ sy kyk direk na die Selkie wat Eolande van die strand af gevat het. ‘Kom saam met my. Ek het regtig nie nodig of lus om die seeheks te soek nie.’
Hy knik en volg haar.
‘Julle beter haar goed oppas.’ Sy het nie nodig om uit te brei oor wat met hulle gaan gebeur as Eolande iets oorkom nie.
Saphira volg die jong Fee.
‘Ek is jammer,’ sê hy soos hulle tussen reënboog gekleurde visse deur swem. ‘Ek het nie geweet hoe anders om my familie te red nie.’
Hulle swem verder in stilte.
In ‘n donker grot met ‘n opening waar rotse gevorm is soos tande, swem hulle teen seestrome wat voel soos ys.
‘A! ‘n Klein, brawe Selkie. En sy gunsteling seekat. Of ander misvormde seedier?’ Die seeheks is seewiergroen met oë wat blink soos kwarts.
‘Ek is ‘n Feëtjie Hond,’ sê Saphira met ‘n grom.
Die smadelike glimlag verdwyn van die seeheks se gesig en word vervang met angs.
‘Die Selkies is my vriende. Jy beter hulle uitlos, of ek gaan weer vir jou kom kuier. En glo my, jy wil my nie weer hier hê nie.’
Die seeheks knik stom. Saphira en die Selkie verlaat die donker grot.

Saphira swem blitsig terug na waar Eolande nog by die Selkies in die pêrel kelder is. Sy is skoon vererg dat die jong Selkie wat haar beskermling ontvoer het by kan hou.
Sy los die Selkies sonder enige verduideliking agter. Sy is seker daarvan dat die jong Fee wat saam met haar die seeheks gaan sien het, sal sorg dat almal weet wat aangaan.
Sy is verlig om Eolande weer veilig by haar te hê. Saam swem hulle laag oor koraalriwwe en tussendeur skole verskrikte visse. Die pragtige see hou soveel aangename verrassings vir hulle in. Maar Saphira kan sien dat Eolande uit vars lug uit hardloop.
Saphira draai haar towerkragte om Eolande en stuur albei van hulle spoedig en reguit op na die oppervlakte. Sy vat Eolande se borrel weg sodat sy weer vars lug kan inasem.
‘n Asemteug later is haar kieue en webbe weg en lyk sy soos ‘n regte Feëtjie Hond.
Eolande lyk vir haar beter.
‘Dis goed om te weet dat daar ander is wat meer teëspoedig as ek is,’ sê Eolande sag, met ‘n kyk na Saphira wat smeek dat sy haar nie kwaai oordeel nie.
‘Dis altyd goed om dit te onthou,’ sê die Feëtjie Hond. ‘Toe, dan swem ons terug land toe.’
Eolande knik en hulle begin te swem.
‘Wat het jy ontdek so lank gelede wat die woede uit jou oë gevat het?’ vra Eolande waar hulle op die sonnige strand sit en probeer droog word.
‘O, dit. Ek het besef dat my ma altyd by my sal wees. Nes joune ook altyd by jou gaan wees. Hier,’ sê sy en druk ‘n poot oor Eolande se hart.
Haar beskermling glimlag tranerig.
‘n Skadu wat nader aan hulle beweeg, laat Saphira skerp regs kyk. Sy ontspan wanneer sy Cian herken.
‘Het julle twee gaan swem?’ vra Cian verbaas toe hy by hulle aansluit.
‘Lang storie,’ antwoord Saphira en knipoog vir Eolande.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Saphira die Swemmende Feetjie Hond
Hierdie is storie vyf van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond.
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


swemmende feetjie hond
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KELDERS VAN DIE SEE projek.
4 jaar 7 maande 1 week 1 dag 7 ure oud


Saphira die Swemmende Feëtjie Hond
Nog avonture van Saphira die Feëtjie Hond gaan volg.
4 jaar 7 maande 1 week 2 dae 22 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar