Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop onrustig deur die kasteel. Sy sien goed in die klipgange wat nie regtig daar is nie. Sy soek wat vermis is al glip dit weg voordat sy dit kan bereik. Sy hou aan hiermee totdat sy ingehok begin voel.
Sy gaan uit in die kasteelmuur en loop rond tussen die bome en in die tuine. Dit help haar nie om beter te voel nie. Hier ook is daar herinneringe wat net buite bereik bly. Sy ignoreer die mense en Feë wat verskrik opkyk wanneer sy naby kom en bang gaan wegkruip. Sy kan die gefluistery vol vrees hoor.
Saphira sug innerlik. Sy weet dat sy dalk ‘n bietjie wild opgetree het na wat ook al met haar gebeur het dat sy haar herinneringe verloor het. Maar wie sou nie? Meeste van wie sy is, van wat sy weet, is weg.
Die kasteelmuur wil vir haar bekend lyk. Nie net as deel van enige kasteel nie, maar van Castle Campbell spesifiek. Sy grom toe die vae herinnering wegglip. ‘n Pixie val verskrik uit ‘n boom uit.
Gefrustreerd gaan sy uit die poort na waar niks haar binne hou behalwe dalk die berge nie. Die heide, uitgestrek tussen die hoë berge, maak haar histeries. Sy weet nie hoekom nie. Sy’s nie bang vir die spookbeelde van verlore herinneringe wat daar rondsweef nie.
Tog… tog vlug sy af na Loch Ness wat skitter in die son. En loop op en af langs die meer. Geen drogbeelde pla haar hier nie. Óf dit beteken enige herinneringe van die meer is waar hulle hoort, óf sy het uiteindelik verlossing gevind. Sy kan selfs hoop dat die monster wat in Loch Ness woon haar moet eet. Dit sal haar darem iets gee om te veg.
Sy’s ontsteld en sy kan net nie tot rus kom nie. Sy voel iets in haar is gebreek. Sy weet nie wat dit is nie want dis onder ‘n dik roof wat klaar ‘n letsel oor dit het. Sy weet ook sy het herinneringe wat verlore is. Tog is daar nie ‘n manier wat sy enigiets kan bereik nie – dit glip altyd weg.
Saphira gaan sit en begin haar kop wild te krap met haar agterpoot met die hoop dat die roof – letsel en al – sal afval en sy eindelik kan vind wat haar so verskriklik pla.
Eers toe sy voel hoe sy haarself stukkend begin krap, hou sy op. Haar antwoorde gaan sy nie vind langs die meer, of op die heide, of in die woud of selfs in die berge nie. Haar oë gaan na die kasteel wat deel is van die steil berg. Iets omtrent Castle Campbell roep haar.
Sy loop terug na die kasteel. Sy kan nie die wonder van die natuur om haar inneem nie, veral nie met die spookbeelde wat orals sweef nie. Sy hou haar oë op die kasteel – sy’s seker daar lê antwoorde daar binne.
In die ingangsportaal maak sy haar oë toe. Sy weet dat as sy luister en voel sal sy weet waarheen om te gaan. Haar oë gaan oop en sy kies koers in. Huiskabouters en ander Feë vlug soos muise weg van ‘n Rottweiler lank voordat sy eens naby hulle kom.
Vasberade loop sy diep die kasteel in na waar alles vreemd begin voel onder die berg. Aan die einde van ‘n lang gang is gekerfde dubbel deure. Sy kom tot ‘n stilstand voor hulle. Sy kan voel dat wat ook al aan die ander kant is van die deure, die antwoord op al haar vrae is.
‘Jy kan nie daar ingaan nie.’
Sy kyk om en sien ‘n hoog swanger vrou nader waggel. Eolande. Saphira het nie baie herinneringe van haar nie. Tog weet sy dat die jong vrou haar beskermling vir baie jare was. Dis moeilik om daar te wees saam met iemand wat herinneringe het van tye saam wat sy nie het nie. En juis dit laat haar wrokkig voel – iets wat almal sien as ‘n algehele pes in mense.
‘Hoekom nie?’ vra Saphira.
‘Want,’ sê Eolande met een hand oor haar maag, ‘dit is lewensgevaarlik. Die vloek wat amper almal in die kasteel se dood veroorsaak het is daar toegesluit. Net ‘n MacKeltar kan daar ingaan. Maar ek gaan dit nie sommer waag nie.’ Sy kyk na haar ongebore baba met soveel liefde en sagtheid in haar oë dat die Feetjie Hond skoon naar op haar maag voel.
‘Ek –’ begin Saphira te stry.
Eolande kreun skielik.
Dadelik kloek huiskabouters om haar. Die Feetjie Hond voel hulpeloos. Sy weet sy moet meer voel. Sy weet sy moet besorg wees oor die vrou wat in kraam is. Maar haar herinneringe is weg. Nie almal nie, maar meeste. Dit het haar verander. Sy voel skoon ontuis in haar eie vel.
Soos ‘n spook volg sy die huiskabouters wat ‘n swetsende Eolande na haar kamer vat.

Eolande het geboorte gegee aan ‘n pragtige baba seuntjie. Saphira kyk na hom waar hy stil in sy wiegie lê en slaap. Sy bietjie swart haartjies lyk so oulik.
Saphira tree geskok terug.
Al die ander inwoners van Castle Campbell mag dalk oor hom ‘n bohaai opskop omdat hy die volgende Laird Campbell gaan wees, maar sý is defnitief nie soos hulle nie. Steeds, geen skimbeelde hang om hom rond nie.
Klein Kael Campbell.
Saphira voel skoon sag as sy na hom kyk. Hy’s haar nuwe beskermling.
En net dalk help hy dat haar letsels so lig word dat sy hulle skaars raak sien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Saphira se Jeukerige Rowe
Hierdie is storie vyftien van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond.
Nog avonture van Saphira die Feetjie Hond gaan volg.
4 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 21 ure oud



Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

deur Zymrly

Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar