Jeugverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie jeugverhaal is vir seuns (sommige meisies ook) vanaf graad agt.
Dit is net sy motor se wiele se gesuis op die grondpad wat verklap dat oom Jan kom kuier. Hy boer hier langsaan. Nee, hy boer nie net hier langsaan nie, Oom Jan boer die hele wêreld vol.
Hy delf diamante. Hy maak geld. Hy lewe ook. Hy doen waaghalsige dinge. Ek dink baie keer hy wil met Richard Branson kompeteer. Geen uitdaging is vir oom Jan te groot nie. Berg klim teen die rotse uit. Ski in die Alpe. Sweeftuig en valskerm spring. Stap deur die woestyn en roei die Oranje vanaf Lesotho tot by die mond in die Atlanties. Ek dink oom Jan kan en het al, alles gedoen.
Oom Jan hou langs my stil waar ek werk.
Ek is besig om ʼn boot te bou. Ek hou van visvang. Ons groot damme soek ʼn ordentlike boot. Ek sal nooit een koop nie. Ek het nie die geld nie. My pa het ook nie die geld nie. Ek studeer nog. Ek doen my Meesters graad in Ingenieurs wese. Ek kan ʼn boot vir minder as een derde van die koop prys bou en dit sal beter wees.
“More oom Jan.”
“More Willem. Hoe vêr is jy nou?”
“Oom, die finansies is maar ʼn probleem. Ek gaan maar aan soos ek dit kan bekostig. Ek is nie haastig nie.”
“Willem, daardie sweeftuig is ʼn goeie stuk werk. Man, ek geniet die ding darem.”
“Dankie oom. Oom het betaal en ek kon maar my beste uithaal. Ek is bly oom is te vrede.”
“Ek is heeltemal tevrede Willem. Die manne wil weet waar ek dit kry. Ek wil nie vir jou adverteer nie. Jou studies kom eerste.”
“Dankie oom. Oom, my pa is daar binne.”
“Nee Willem, ek het vir jou kom kuier.”
Ek weet dadelik. As oom Jan só praat, kom daar ʼn ding. Ek gaan aan met my werk. Ek wil hom nie aanmoediging gee nie. My boot is nou eerste. Desember is op hande en ek wil die ding klaar maak.
“Willem, sit eers neer. Kom ek wil praat.”
Ek sit die skuurder so eenkant neer en kyk so skuins na oom Jan se kant.
“Praat maar oom. Ek luister.”
“Willem, stel ʼn staat op van alles wat jy nog nodig het om jou boot klaar te maak. Ek sal jou met plesier finansier.”
Ek het geweet. Hier kom ʼn ding.
“Dan oom Jan. Ek kan sien oom het iets in die kop, wat moet ek doen?”
“Willem, ek het ietsie. Dit is ʼn werkie vir jou. Ek het jou klaar uitgekyk. Ek het ʼn uitdaging.”
Ek kyk oom Jan in die gesig. Ek sien. Ek hou van wat ek sien. My kop skop in. Die man het heeltemal te veel geld. Hierdie keer gaan ek hom regtig hard slaan.
“Moenie draaie loop nie oom. Spoeg uit.”
“Willem, ook ʼn boot. Ek wil ook ʼn boot hê.”
Ek wil eintlik nie mooi hoor nie. Dit is mos nie ʼn uitdaging vir my nie. Ek het mos mooi geleer met myne. Ek wil hom net vertel, toe kom sy stem deur:
“Willem, nie sommer ʼn boot nie. ʼn Duikboot boetie. Ek wil die diepte van die Vaaldam, en alle damme gaan bekyk. En, as dit daarop neerkom, sommer die see ook!”
Ek is seker ek hoor nie mooi nie:
“Oom, ek weet oom het baie geld. Ek weet oom is avontuur lustig. Dit sal dus so ʼn kleintjie moet wees. Een wat oom sommer so alleen kan hanteer.”
“Sien jy nou self wat ek sê? Jy het verstand en begrip. Sien jy kans?”
Ek sien nie net kans nie, nee, so ʼn projek is alreeds in my agter kop. Ek het unieke idees en Ryk oom Jan het geld. Ek gaan hom eet soos ʼn mielie.
“Oom, ek gaan skryf en somme maak. Ek sien oom dan so teen middag ete. Gaan drink koffie saam met my pa, ek het dink werk om te doen.”
Oom Jan het vir pa gaan opsoek en ek spring dadelik aan die werk.
My boot projek staan op ʼn raam met wiele. Ek stoot dit onder die afdak net langs aan in en gooi ʼn seil oor. Dit moet nou eers wag tot heelwat later.
In my slaapkamer, in die boekrak, kry ek die lêer van die duikboot projek.
Die dop gaan ek maak in twee dele. Die pens gedeelte met die balans. En die dop wat bo-op pas. Met riete gaan ek die romp bou, ʼn plastiek seil oor trek en met ses lae glasvesel bedek. Keer ek dit om, en breek die riete uit, het ek die bak wat ek kan toerus met enjin en die meganiese parte en die drie stoele. Dan kan ek sommer afmetings doen vir die konsole waarin ek die instrumente en stuur meganisme kan inbou.
Die bo-dop wat mooi sal pas. Dit huisves net die periskoop, ingang luik, pyp vir lug, vensters en binne ligte.
Hennie Siebert is my groot maat. Hy is besig met sy Meesters graad in Elektroniese Ingenieurswese. Ek het vir hom my plan gegee om aan te werk. Hy gaan dit sommer ook vir sy Tesis gebruik. Hy het ʼn instrument ontwerp.
Die impuls reguleerder.
Sien, die instrument met elektrodes wat die waterstof en suurstof waaruit die water bestaan, kan skei, benodig 14 ampère. Die battery verskaf net 14 ampère. Nou het Hennie die reguleerder ontwerp. Die ding neem net een ampèr uit die battery en verhoog dit na 14 ampère. Dan het die battery nog genoeg krag oor vir sy normale funksies.
Verstaan my mooi, ek het ʼn plan. ʼn Groot plan. Vir beide my motorboot en die duikboot se aandrywing, gaan ek ʼn gewone 5 perde krag ‘Briggs en Stratton’ enjin gebruik, met ʼn verskil.
Ek gaan dit omskakel om op gas te loop. Waterstof. Daar is mos water in die dam en rivier en ek moet net die waterstof uithaal en daarmee die motor aandryf. Só eenvoudig as dit.
Ek besluit om vir Hennie te skakel en die goeie nuus mee te deel:
“ Hennie, sit jy of staan jy?”
“Willem, jy en jou planne! Wat is dit nou weer?”
“Kom, kom nou Hennie. Moenie wegsteek nie, jy is net so opgewonde soos ek. Ek het goeie nuus my Mater. Baie goeie nuus.”
“Spoeg uit Willem, ek luister in spanning!”
“ Hennie, gaan sit. Maak toe jou oë en glo my, Mater. Ons gaan daardie Duikboot bou!”
Ek hoor hoe Hennie na sy asem snak. Hy is vir ʼn paar oomblikke stil, toe klap sy stem in my ore:
“Willem, is jy van jou kop af? Ons het nie eers geld om die motorboot te voltooi nie, en nou praat jy van die duikboot!”
Ek weet wat ek weet en laat los:
“Wag so ʼn bietjie Mater. Ek het geld. Ek het baie geld. Ek het oom ryk Jan se geld! Wat sê jy daarvan!”
Weer is Hennie stil. Lank stil. Toe reageer hy opgewonde:
“Willem, hou vas. Ek bring die koeldrank en kom dadelik!”
Hennie se Corsa bakkie kom ʼn half uur later. Met ʼn spoed kom hy skuif, skuif om die huis se hoek. Hy rem dat die klippe so spat en val uit met die koeldranke in die hand.
Hy hou vir my een botteltjie uit:
“Vat Willem. Vat en vertel my die hele storie.”
Ek lig hom deeglik in terwyl ons kamer toe stap:
“Hennie, kom ons kry die begroting reg. Jy moet vir jou deel ruim begroot. Ek wil oom Jan net een keer uit sy geld dop. Sommer genoeg om ons boot ook klaar te maak.”
Ons sit en beplan tot dit tyd is om te ry na oom Jan toe. Hy nooi ons in en ek kan sien hy het gewag vir ons.
By sy lessenaar, verduidelik ek my plan. Ek kan op sy gesig sien hy is heel ingenome. Ek maak my lêer toe en kyk hom afwagtend aan.
Oom Jan het nie ryk geword van talm en slaap nie. Hy trek die laai oop en bring daardie dik tjek boek te voorskyn. Met ʼn ernstige gesig praat hy:
“Manne, ek gaan ʼn paar rand by sit. Daar is altyd iets onvoorsiens. Beloof my net julle sal roer. Desember is om die draai dan wil ek die boot gaan toets.”
Ek loer so skuinsweg na wat hy skryf op die tjek. Ek val amper van die stoel af. Oom Jan is ernstig en ek wil wal gooi, maar hy is klaar:
“ Julle arbeid is ook hierin. Praat met my indien daar enige iets anders is.”
Ek het niks te sê nie. Ek vou die tjek en druk dit in my hemp se bo sak, staan op en groet:
“Oom Jan, ek sal oom van tyd tot tyd roep om te kom kyk. Gee ons nou net ʼn kans.”
Ek en Hennie is breë bors. Ons is manne met geld, planne en ʼn projek
“Hennie, ek gaan jou by jou bakkie aflaai, bestel jy nou die parte vir die reguleerder. Die toets van die enjin is die ingewikkeldste werk.”
Ek laai vir Hennie af en ry terug Dorp toe. Gert Krukas moet aan die enjin werk. Ek sal dit met hom bespreek.
Ek kry oom Gert in sy werkswinkel. Hy herbou motor enjins, slyp krukasse, boor suiers en maak van ʼn siek enjin weer ʼn gesonde een:

“Middag oom Gert.”
“Willem, middag ou seun, wat bring jou hierheen?”
“Oom, ons moet gaan sit. Ek wil ernstig met oom praat.”
“Willem, as ek só na jou gesig kyk, lyk dit of jy in die moeilikheid is, As dit is wat ek dink, is my enigste raad: Trou seun, trou met haar!”
“Nee oom Gert, nie daai soort moeilikheid nie. Ek is ʼn man wat nog veilig speel!”
Ons gaan sit. Oom Gert kyk my stil aan en luister na my liedjie:
“ Willem, die suier busse, suiers, ringe en kleppe moet alles van vlekkelose staal wees?”
“Ja oom. Roes gaan my probleem wees. Omdat ek op negentig persent waterstof werk, gaan daar weer water afkom en dit gaan roes veroorsaak. Is dit moontlik oom?”
‘Willem, ek maak só. Stinkryk gaan betaal want dit is alles draaiwerk. Ek bestel die enjin en sal jou laat weet as jy moet kom haal.”
Ek ry en begin dadelik met die bakwerk. Met die riete bou ek die twee doppe, trek dit met ʼn plastiek sel oor en plak op elkeen vier lae glas vesel.
Ek wou aanvanklik ses lae opsit, maar vier lae gee my alreeds ʼn wand dikte van 5 millimeter. Dit, volgens my berekening sal maklik die druk tot op vier meter onder water kan absorbeer.
Twee weke vlieg verby. Oom Gert is klaar met die enjin. Ek tel Hennie op om saam te gaan vir die toets. Die enjin loop soos ʼn droom.
“Dankie oom Gert, gee my die rekening”
Dit is nie eers só veel as wat ek geskat het nie. Op pad terug, kry ons die dryfas en by die boot plek kry ons die skroef.
“Hennie, ons monteer alles dadelik. Dit sal werk!”
Ons werk vir tien dae dag en nag. Die moeilikste was die houer waarin die elektrodes is wat die water moet op split in waterstof en suurstof. Die impuls reguleerder se instelling moet sinkroniseer met die vergasser se instelling. Teoreties sal die enjin een liter brandstof per uur gebruik, net genoeg om die smering van die suiers te doen
Met Hennie se aanbeveling, het ons besluit op ʼn elektroniese inspuit ontwerp. Dit werk beter.
Die twee doppe pas opmekaar soos ʼn droom. Ons heg en seël
“Willem, gaan haal daardie biere uit die yskas. Ons wy die boot in aan die binnekant.”
Ek kan ons trots en opwinding nie beskryf nie. Hier sit ons twee op die twee stoele, binne in ons eie duikboot!
Die vyf vensters, een grote voor en twee aan elke kant weerskante gee die mooiste uitsig.
“Hennie, more is dit die, ter water laat. Dorpsdam, hier kom ons, wat sê jy?”
“Willem, as dit goed gaan en oom Jan is gelukkig, kap jy hom vir nog ʼn paar rand. Ek meen te sê, sonder kind of kraai moet iemand oes.”
“Waar woorde Hennie, waar woorde.”

Hennie laat my nie lank wag nie:
“More Willem, ek sien jy het klaar gehaak. Kom ons gaan doen ons ding!”
Daar is nie ʼn ompad deur die dorp na die dam toe nie. Terwyl ons vir Meermin, die boot se doopnaam, deur die strate trek, draai die dorpenaars amper hul nekke af in die kyk. Ek sien ʼn paar motors sommer U draai en ons volg.
“Willem, hier kom ʼn ding. Hulle gaan lag indien Meermin nie presteer nie.”
“Hennie, niemand lag vir my werk nie. Ek wil amper sê, daar kom ʼn hele paar bestellings vir ons.”
By die bote se vasmeer plek, trurat ek terwyl Hennie my mooi wys.
In my wildste drom het ek nooit gedink aan die groot belangstelling wat my projek sou uitlok nie. Die groot samedromming van mense is amper skrikwekkend.
Toe Hennie vir Meermin losmaak van die sleepwa, dryf sy pragtig dobberend op die water. Ek gaan parkeer die bakkie met sleepwa en moet myself deur die mense forseer om by die boot uit te kom.
Die aanmerkings van ongelowigheid kom net vaagweg tot my deur. Ek steur my nie daaraan nie. Ek het volle vertroue in my handewerk.
Hennie maak die luik oop en skakel die pompie aan wat die water vir die balas in die ruimte van die dubbelromp inpomp.
Hennie sinkroniseer die Garmin om die vasmeer plek weer te vind.
My adrenalien styg terwyl Meermin stadig dieper die water insak. Ek klim eerste is en gee vir Hennie die gryphaak sodat hy Meermin kan vashou om die anker tou los te maak.
Hennie wuif ewe formeel die toeskouers totsiens, klim in en maak die luik toe. Ek inspekteur vir enige lekke. Hennie stoot die pyp wat suurstof sal intrek tot volle hoogte uit en skakel die suig waaier aan.
Ons praat nie, die formaliteit het ons deeglik ingedril. Meermin sak stadig en ons hou die diepte meter dop.
“Hennie, kyk mooi Mater. Lekke is die enigste probleem. Kyk veral by die seël van die dryfas.”
“Willem, sak tot op twee meter vir eers.” Hennie is die ene kalmte
Op twee meter beveel ek: Die tong tippie toets Hennie, skakel aan.”
Die stil Briggs en Stratton luier sag. Hennie skakel in rat en ons beweeg. Dit is ʼn ongelooflike gevoel. Die water is net effe troebel. Ons uitsig is fantasties. Die draai stoele stel ons in staat om deeglik te kyk vir enige lekkasie.
“Sak tot vier meter Willem, ons moet maksimum druk kry.”
Ek skakel die uitblaas waaier aan. Koel vars lug sirkuleer aangenaam.
“Gee vet Hennie !”
Hennie stuur Meermin in ʼn sirkel. Toe S draai hy heen en weer. Toe reguit. Meermin gehoorsaam alle bevele.
“Stop Hennie, en laat sak die anker.”
Hennie skakel na tru rat. Meermin kom tot stilstand en ons voel die anker hou.
Ons draai na mekaar. Lees mekaar se emosie op ons gesigte. Hennie maak die koelboks oop en bring die bottel koeldrank en glase te voorskyn.
“Op Meermin, die wonder van die eeu!”
“Nou vir oom Jan, Hennie. Kom ons gaan terug.”
Die Garmin doen sy ding. Hy bring ons tot vyf meter vanaf die platform. Ek skakel die uitpomp pompie aan. Toe die vensters bokant die water uitkom, sien ek die horde nuuskieriges. Hulle spontane gejuig, fluit en handeklap, maak ons klein voel.
Hennie maak die luik oop en met die gryphaak, anker hy Meermin aan die platform. Ek haal my selfoon uit en skakel oom Jan.
“More oom, waar is oom Jan nou?”
“More Willem, ek is hier in die dorp, hoekom?”
“Kan oom asseblief net gou hier by die dam in draai maak. Ek is hier by die bote se vasmeer plek!”
“Willem, wat wil jy vir my sê, moenie......” Oom Jan haak vas.
“Ja, oom, oom kan kom ry!”
“Hou vas Willem, ek kom!” Ek hoor oom Jan se asem jaag.
Hennie staan mense te woord. Hy waai en glimlag vol bravade vir die kameras.
Oom Jan het alle spoedreëls oorskry. Ek sien sy bakkie en hoor hoe hy toeter om deur die mense se gedrang te kom. Met sy pet skeef op die kop, verstomming op sy gesig kom hy aan gestorm.
“Willem, het julle getoets?”
“Veilig soos ʼn wiegie, oom, klim maar in!”
Ek merk ʼn effense huiwering. Ek sien hy vee sy voorkop met sy sakdoek. Ek sien hy kyk rond, deur die menigte.
“Klim oom!”
Hoekom moet ek nou die onverskrokke man aanpor, hy is mos vreesloos?
Oom Jan is effe bewerig toe Hennie hom inhelp. Hy kry sy sit en kyk rond. Ek sien hy is hoogs beïndruk.
Ek en Hennie is professioneel. Hennie maak die luik toe. Ons gaan deur die prosedures in stilte. Meermin sak terwyl Hennie ons stadig vorentoe stuur. Hennie word aspris. Hy gee vet. Die water gaan oor die vensters. Oom Jan wat op die agterste stoel sit, kyk grootoog na die ligbruin water. Ek bekyk sy lyftaal:
“Oom, is oom ok. ?”
“Manne, ek weet nie wat om te sê nie. Hoe diep kan ons sak?”
“Die lug pyp laat ons net vier meter toe, oom. Volgens my berekening kan die romp die druk hanteer tot agt meter en meer. Maar ek beveel aan, ons hou by die beperking. “
Ek skakel die ligte aan die buitekant aan.
“Kyk oom, kyk die visse.”
Ek sien oom Jan kyk binne rond.
“Waar is die brandstof tenk, Willem?”
“Die hele dam, oom. Die water is ons brandstof.”
“Ek verstaan nie, Willem.”
Ek kyk na Hennie:
“Stop, anker en gooi die dop. Ek het nou ʼn lang storie om vir oom Jan te vertel.”
Oom Jan het lank in stilte gesit voordat hy weer gepraat het:
“Willem, het jy alles uitgedink?”
“Nee, oom Jan, Die Aussies het al ʼn trekker wat op water loop en die Mexikaners het al vlote voertuie wat op water loop. Die elektronika is Hennie se kundigheid.”
“Kom ons gaan huis toe manne. Ek soek volledige insae in die werking van die boot, en, geen onderhoude nie gehoor!”
Ek besef, oom Jan se sake brein het ingeskop.
Ons parkeer Meermin by oom Jan se huis. Hy sluit die motorhuis se deur en nooi ons in. Ons het gekuier en gesels tot in die laat nag.
Oom Jan het al die moontlikhede mooi uitgespel. Sy sake brein het ons verstom.
Maandag oggend, terwyl ek my boot weer op sy plek stoot, lui my foon. Ek sien dit is oom Jan:
“More oom, is daar moeilikheid?”
“Ja, Willem. Groot moeilikheid. Kom jy en Hennie nou dadelik hier na Prokureur, Jan Delport se kantoor. Maak gou, ek het nie baie tyd nie.”
Ons het nie eers verklee nie. Net soos ons is, ry ek en Hennie, heel gestres oor wat verkeerd is na meneer Delport se kantoor. Die dame het ons verwag en neem ons deur.
Oom Jan stel ons voor en ons neem plaas in die ruim, luukse kantoor met die groot lessenaar. Ek kan die gespanne atmosfeer aanvoel. Ek kyk vir Hennie en Hennie kyk vir my.
Meneer Delport is saaklik:
“Vertel my van julle studies en hoe vêr julle is.”
Beurtelings pak ons uit. Meneer Delport skuif vir ons elkeen ʼn vorm aan:
“Teken daar en skryf julle volle name met Identiteit nommers onder op die lyn.”
Ek is versigtig:
“Vir wat is dit meneer?”
“Dit is ’n Onderneming dat julle, julle studies sal voltooi.”
Dit is maklik. Ons teken en skuif die vorms terug.
Hy stoot ʼn hele pak vorms na ons toe:
“Doen dieselfde en op die eerste blad en parafeer elke ander bladsy onder aan.”
Ek kyk vir oom Jan. Hy sit met ʼn uitdrukkinglose gesig en gekruisde arms.
Ons doen dit en skuif die vorms terug vir meneer Delport.
Oom Jan en meneer Delport staan op, en steek hulle arms na ons uit. Oom Jan se woorde kom dof tot by deurmekaar verstand deur. Ek moet myself dwing om op te neem.
“Manne, welkom in my lewe. Julle is nou volle vennote in my hele bestaan, in alles wat ek het. Ek het geen ander familie nie. Ek hoop julle neem my aanbod aan”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

duikboot
Mapstieks, skryf nog van hulle!
Dit laat my ou "Pokkel die dapper draak" maar vaal lyk. Dis die dat ek die lesers met koekies moet omkoop.
Maar onder die water in 'n duikboot kry jy my nie. Aquafobia.
7 jaar 8 maande 2 weke 14 ure oud


spel foute
Dankie. Julle het vir my 'n katnes oopgekrap.
Indien daar twee woorde van dieselfde spelling, maar die lees tekens verskil, gebruik word, tel die programmetjie dit nie op nie.Hierrie ou parra het dit nie geweet nie.
Hierdie vermanings/ regstellings, glo ek, is deel van kommentaar. Dankie.(opreg)
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


Die Boot
Van al die tegniese goed en enjins weet ek boggerol, maar ek het die storie so geniet ek het net aanhou lees. Ja daar is spelfoute, maak net reg, dan is dit puik. Moet hierdie vir my seun stuur wat besig is met sy M. Wel gedaan, meester.
8 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 18 ure oud


-
'n Baie lekker storie wat mens vasvang, elke woord. Ek is uitgeklop met die puik einde. Wat wel afbreuk doen aan die hele storie is die baie spelfoute. Hou aan met skryf!!
8 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


---
“Willem, het julle getoets?”
“Veilig soos ʼn wiegie, oom, klim maar in!”
Ek merk ʼn effense huiwering. Ek sien hy vee sy voorkop met sy sakdoek. Ek sien hy kyk rond, deur die menigte.
“Klim oom!” - (Ek dink dis omtrent hier waar ek my in jou storie begin verloor het; so deel van die karakters begin word het)

( PUBLISEER! )
8 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 12 ure oud



Weerloos

deur Maangodin

Eroties Afrikaans - sodat ons in ons eie taal geprikkel kan word.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar