Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Stompie, die meerkat, loer na sy deurmekaar kamer en sug. Hy hoor al hoe mamma vir hom preek. “Stompie, 'n kat sal nie haar kleintjies hier kry nie.” Hy vryf sy vaal bruin kuif uit sy oë en glip na buite. Hy verken baie eerder die plaas.
Toe hy verby die Bloekomboom loop, groet almal vriendelik. Hy het hulle mos darem gered.
Moeg gaan Stompie op die miershoop sit. Die son bak warm op sy rug. Sy blou oë loer oor die veld. Skieklik hoor hy iets.
Hy spits sy ore om beter te kan hoor. Weer hoor hy dit. 'n Sagte geroep. “Help” Vinnig spring Stompie op. Rek hom so lank as wat hy kan. Hy sien niks. Vinnig hardloop hy in die rigting van die geroep. “Help” klink dit nou harder. Dan hoor hy 'n ander stem ook. “Ek is Sluiper en niemand kan my sien. Ek is Sluiper en ek gaan jou vang. As ek jou vang, gaan niemand jou kan sien.” sis 'n pikswart slang, terwyl hy al om Kiewiet se nes seil.
Stompie sien hoe die arme kuiken bewe. Stompie loer in die lug op. Hy wil kyk of hy nie mamma Kiewiet iewers sien vlieg nie. Niks nie.
“Haai Sluiper kruiper” gil Stompie op die slang. Sluiper stop. Hy lig homself hoër van die grond om beter te kan sien. Sy geel oë trek op skrefies. Hy staar stip na Stompie. Weer skree Stompie op hom. “Dink jy nie jy moet op iemand groter pik nie? Dit is mos maar net 'n kuiken”
Sluiper sis nou nog harder. “Ek is Sluiper en niemand kan my sien. Ek is Sluiper en vir jou gaan ek vang.” Sluiper begin nou sy sirkel kleiner maak. Kiewiet se kind is nou baie benoud. “Help my. Groot asseblief”
Stompie sak so laag as wat hy kan en kruip nader. Hy moet vir Sluiper wegjaag van Kiewiet se kind. Hy is so naby hy kan die blink swart skubbe sien. Versigtig wag hy dat Sluiper weer met sy kop verby hom seil. Dan die lyf. “Aaah, hier kom die stert” grom Stompie en spring so vinnig as wat hy kan op die stert. Hy byt so hard as wat hy kan die stert. Sluiper ruk en pluk sy stert. Die byt is baie seer.
“Hiert jou uitgevrete rot” gil Sluiper. Hy gooi sy stert in die lug op. Stompie trek deur die lug. Hy val kardoef teen die klip. Hy hoor vir Sluiper nader kom. “Ek is Sluiper en niemand kan my sien. Ek is Sluiper en vir jou gaan ek vang.”
Die blare raas soos Sluiper nader kom. Stompie kruip na agter. Vas teen die boom. Nou is hy vas. Stompie sien hoe Sluiper sy tong uitsteek. Aan hom lek. Stompie is baie bang.
“Ek is Sluiper en nou is jy vas”. Stompie voel hoe Sluiper om sy bene krul. “O hoekom het hy maar nie eerder sy kamer skoon gemaak nie” snik hy. Stompie se bene pyn.
Skielik gryp Stompie vir Sluiper agter die kop. Hy hou soos hy kan. Sluiper spoeg en spartel. Hy laat los Stompie se bene. Vinnig gooi Stompie vir Sluiper eenkant. Hardloop na Kiewiet se kind. “Gou roep jou ma” met die begin Kiewiet se kind gil en skree. Gou gou is al die grootmens kiewiete daar. Hulle duik op Sluiper af.
Sluiper verdwyn onder die bos. “Ek is Sluiper en vir jou gaan ek kry”. Toe sien niemand hom nie meer.
Baie bly kom sê al die kiewiete dankie. Hulle gee vir Stompie die mooiste blink medalje, net vir hom. Baie bly gaan Stompie huistoe, hy gaan 'n spesiale plekkie vir die blink medalje kry. Vir almal om te sien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sluiper
Ons moet beslis meer van stompie meerkat se stories kry hoor
5 jaar 2 maande 2 dae 6 ure oud



Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar