Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Whahaha” lag Kierangkies Braai skelm. Vandag wil hy 'n skaaplam vang. Vannaand gaan hy dan sommer lekker eet. Versigtig sluip hy nader na die skape. 'n Mooi vet skaap vir hom uitsoek. Versigtig loer hy eers of hy nie vir Nikswerd sien nie. Nikswerd is die swart plaas brak, maar hy is nerens te sien. Nou lag Kierangkies Braai lekker sag. Hy vryf sy hande opgewonde saam.
Stompie en sy familie is ook naby die skape. Hulle hou piekniek. Tannie Kiewiet kom laag oor hulle gevlieg. “Stompie” roep sy sag “Ek sien vir Kierangkies Braai.” Stompie spring regop. Sy blou oë kyk oor die skape. Almal is rustig besig om te eet en gesels. Dan sien Stompie Kierangkies Braai se stert. Hy is stadig besig om nader en nader aan die skape te kruip.
Stompie weet hy sal die skape teen Kierangkies Braai moet beskerm, maar die keer sal hy hulp moet kry. Kierangkies Braai is baie groter, sterker en vinniger as hy. Dan onthou Stompie van Nikswerd. Die lê seker weer iewers onder 'n boom en slaap. So vinnig as wat Stompie se kort beentjies hom kan dra, hardloop hy na die plaashuis.
Nikswerd lê uitgestrek op die gras en slaap. “Nikswerd, word wakker” fluister Stompie. Nikswerd sug net en draai om. Stompie lig Nikswerd se oor op en praat sommer harder. “Nikswerd, Kierangkies Braai is naby die skape.” Nikswerd maak sy een oog oop. Loer net vir Stompie en stamp hom weg. “Ag loop net weg” grom Nikswerd en maak sy oog weer toe.
Nou is Stompie sommer lekker vies. Hard druk Stompie teen Nikswerd. “Word wakker jou lui brak” Weer stamp Nikswerd vir Stompie weg. “Los my ek wil slaap” Stompie raak skoon rooi in die gesig. Hy gryp 'n handvol van Nikswerd se snorhare. Hy pluk dit so hard as wat hy kan.
“Eina jou muisgevreet” gil Nikswerd. Hy spring grommend op. Hy sal hierdie kortstert bog wys om nie met slapende honde te mors nie. Hy is mos baas van die plaas.
Nikswerd se tande klap net hier agter Stompie se stert. Stompie hardloop so vinnig as wat hy kan. Skape toe. Nikswerd storm al grommend agter Stompie aan. Hierdie meerkat gaan hy vang. “Wanneer ek vir jou in die hande kry... gaan daar net 'n bloedkolletjie oor wees” Grom Nikswerd hard agter Stompie. Stompie kan die warm asem op hom voel blaas. Die tande hap hap aan sy stert. “Ag toggie, wat het my besiel” gil Stompie en trek sy stert nader aan sy lyf. Hy probeer nog vinniger hardloop.
Moeg val Stompie oor 'n klip.Stert kop rol hy oor die grond. Hy sien al hoe Nikswerd hom nou net 'n bloedkolletjie gaan maak. Skielik kom die skape van voor aangehardloop. “Help Help”skree almal deur mekaar. “Kierangkies Braai is besig om vir Wollie te jaag. Hy gaan vir Wollie vang” gil die skape weer.
Nikswerd se kop ruk. “Waar is hy?” Nikswerd lyk nou sommer nog groter. Hy storm na waar die skape wys. Na Wollie wat bang en bewend roep “Help! Mamma” “Whahaha” lag Kierangkies Braai. Hy gryp vir Wollie. Net toe hy vir Wollie in die sak prop, spring die swart gevaar vir Kierangkies Braai onderste bo. “Kierangkies Braai, los my skape” Grom Nikswerd baie kwaai. Nikswerd druk Kierangkies Braai hard teen die grond.
Stompie ruk die sak van Wollie. “Kom Wollie, Hardloop”
Met al die geraas kom Oom Boer ook daar aan. Hy sien hoe Nikswerd vir Kierangkies Braai wegjaag. “Baie mooi Keiser” bulder oom Boer. Moeg kom Nikswerd aangestap. “Dankie ou Stompie, my vriend” lag hy. “Keiser?” vra Stompie “ek dog jou naam is Nikswerd” “Hmm ja my regte naam is Keiser die derde van Togenstroom, maar oor ek so baie slaap, het oom Boer my Nikswerd gedoop.”Met die woorde drag Nikswerd trots na oom Boer.
Die skape kom staan rondom Stompie, want hy het seker gemaak hulle word nie gevang nie. Vandag is Stompie die held van skaapland. Hy het ook 'n nuwe maat, Nikswerd, by gekry.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stompie
Hanneke weereens het ek jou storie sommer baie geniet. hou so aan hoor
5 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 14 ure oud



Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar