Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

JEUGVERHAAL


inleiding en agtergrond

Gebraaide Crumbed Tenderize steak

Nie almal weet dat Crumbed Tenderize steak ook gebraai kan word nie, vir daai lekker braai smaak en gesselligheid om die vuur.

Eerstens steek jy jou vuur aan soos normal wanneer jy 'n steakie gaan braai. En gooi vir jou natuurlik enetjie met Ys ja!

Voorbereiding van vleis:

Trek vleis deur geklitste Eier
(Klits eier net met 'n vurk vir eiergeel en wit om te meng,
voeg 'n teelepel water by- 1 teelepel water op een eier.)

(Eiermengsel en broodkrummel hoeveelheid hang natuurlik af van die hoeveelheid vleis wat gebraai gaan word, gebruik eie oordeel.)

Sit dan die tenderized steak wat natuurlik by Fredilia gekoop is in die Broodkrummels wat jy verkies, enige iets van Plain tot Chilli).

Maak olie in 'n pan warm en bring olie tot kookpunt.

Sit nou die vleis wat klaar behandel is met die eier en broodkrummels in die olie NB! Net vinnig aan die een kant, en dan weer vinnig aan die ander kant, dit is net om die Eier en broodkrummel mengsel te stol, die vleis is dan nou reg en kan net so op die braaier geplaas word om soos 'n gewone steak verder gebraai te word, soos U dit verkies.

https://www.facebook.com/www.bnb1076.co.za/posts/1461170547437267

my ware jeugverhaal

" . . . . hello my Ma eks lief vir jou wat ruik so lekker?"

" . . . . die arm man se steak . . . . tenderized steak!"

" . . . . ja, dis my 'favourite steak die lekkerste op aarde wat Ma altyd maak hoekom is dit die arm man se steak?"

" . . . . die steak is nie die sagste beste eerste graad nie!"

". . . . maar die lekkerste soos net my Ma dit kan maak!"

"Ma, is ons arm?"

"Ja, my kind ons is nie ryk nie!"

"maar Ma ons is ryk,
ons is 'n famielie
Ma en Pa en Ouma en my drie broers en my suster,
ons bly in ons eie huis,
ons eet elke dag drie keer kos,
ons het klere,
ons het bediendes,
ons het alles en ons skort net mooi niks nie!"

"Ja my kind ons is ryk in seëninge en gesondheid,
en ons skort niks nie,
het nie skuld nie,
maar ons het nie baie geld nie!"

". . . . maar genoeg geld om soos konings te leef?"

"Ja, my kind ons leef soos konings,
ons ken nie armoede nie,
maar ons ken ook nie rykdom nie!"

"Is dit nie beter nie?"

"Ja, my kind: . . . . wat is volgens jou rykdom?"

'My Ma en daardie tenderized steak,
daai 'mashed potatoes';
daai lekker mengelslaai;
daai lekker pynappel!
Ek's die koning van hierdie paleis!
. . . . dankie liewe Ma!
. . . . hoelaat eet ons Ma?"

"Gaan roep jy gou al die ander;
tafel is gedek, die steak is binne drie minute gereed!"

Vrydag, loop ek slaghuis toe om lekker vis te koop.
In die slaghuis tref dit my van die lekkerste kos op aarde!
Ek koop 'n stuk 'tenderized steak'
. . . . volg my Ma se resep;
besluit om een derde te eet;
. . . . herbesluit op die tweede derde;
. . . . herherbesluit op die laaste derde!










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

hmmmm
Ja, die lekkerste is die kos wat jy op daardie oomblik eet. Die een wat iemand vir jou met liefde gemaak het. (Al is dit ook jy self!)
Goeie stukkie nostalgie.
Ek sien die plasing het homself sommer verdriedubbel op een of ander manier.
Miskien moet jy die duplikate afhaal om verwarring te voorkom.
5 jaar 2 maande 1 week 3 dae 7 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar