Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Koninkie geniet die hotelkos wat Tomie vir hom bring. Hy is egter baie verveeld, want hier gebeur niks verdags wat aan Tomie gerapporteer moet word nie. Hy wonder wat die ander uitgerig kry. Hulle is seker baie besig, want Kraai het lanklaas hier ‘n draai gemaak.

“Doors sê ons kan Saterdag ons hele salaris op die buiteperd, Semel, verwed. Hy kan glo nie verloor nie.” hoor Koninkie een van die diensmeisies wat by hom verby loop, vir ‘n ander sê.

“Ek weet darem nie. As ek my salaris verloor, sit ek op straat. Ek kan dit nie waag nie.”

“Hy was baie bly toe ek hom vertel het dat Pureman in ons hotel ingeboek is, al het ons hom nog nie gesien nie. Hulle soek al lank om ‘n spoor van hom op te tel. Hy sê hy en Dolf wil hom in sy kamer kom voorlê, want hulle het ‘n appeltjie met hom te skil. Ek moet hulle netnou daar laat ingaan.”

Doors is die rooikop teen wie Tomie hom gewaarsku het. Hier het hy uiteindelik ‘n brokkie nuus vir Tomie.

“Haai, Tomie was reg – jy lyk nes Koninkie. Hier is iets vir jou om te eet. Solank as Tomie by Pureman is, sal ek maar vir jou ‘n eetdingetjie bring.” sê Rika wat onverwags by Koninkie opgedaag het, en vryf hom liggies oor sy kop. “As ek nie van beter geweet het nie, het ek sowaar gedink jy is Koninkie.”

* * *

Die wedrenbeamptes maak reeds reg om hul kantoor vir die dag te sluit, toe daar ‘n klop aan die deur is en ‘n forse jongman met donker hare, groen oë en ‘n moesie op sy linkerwang, die vertrek binne kom.

“Ek het ‘n vermoede dat daar met Saterdag se wedren gekonkel word. Al vyf die jokkies wat in die wedren ry, is omgekoop om Semel te laat wen. Ek sal u help om die skuldiges vas te trek.”

Pureman verduidelik wat sy plan is en hulle sê hulle sal daarby inval.

“Sorg asseblief dat genoeg polisie die wedren bywoon om die skuldiges te kan arresteer.”

* * *

Die staljong neem Sokkie se leisels by Pureman en begin om hom koud te lei.

Pureman gaan soek eers vir Koninkie op om te hoor wat hy kan rapporteer. Koninkie vertel die nuus wat hy by die kamerbediendes gehoor het. Pureman moet versigtig wees, want hy het waarskynlik gaste in sy kamer wat hom nie baie goedgesind is nie.

Dit bekommer Pureman dat die kamerbediendes nou by die gemors betrek word. Hy moet iets doen dat hulle nie hul swaarverdiende geldjies op Semel kan verwed nie.

Pureman oorweeg dit om met die twee wat hom in sy kamer inwag, af te reken, maar besluit daarteen. Dis beter dat hy nie slapende honde wakker maak nie. As hulle nou snuf in die neus kry dat hy op hul spoor is, kan dit sy kans om hulle aan die gereg te oorhandig in die wiele ry. Die bendebaas moet onder geen omstandigheid die skrik op die lyf gejaag word nie. Daardie geluid soos woorde wat geen betekenis het nie, kom oor Pureman se lippe en Koninkie sien hoe Pureman na Tomie verander.

* * *

Tomie klop aan oom Arno en Rika se kamerdeur. Hy hoor sy mamma se helder lag en weet dat hulle almal daar binne lekker saamkuier.

Rika maak die deur oop en haar gesiggie straal van die blydskap toe sy sien wie geklop het. “Haai Tomie, kom vertel vir ons wat jy en Pureman alles gedoen het. Ons is so nuuskierig om te weet.” borrel dit oor Rika se lippe.

Tomie vertel dat hy die dag saam met Pureman baie geniet het. Pureman het hom geleer om op sy perd Sokkie, te ry. Daar is Saterdag ‘n groot perdewedren en Pureman wil vir Sokkie inskryf om deel te neem. Pureman is te swaar om self te ry, daarom leer hy vir Tomie om Sokkie se jokkie te wees. Hy wat Tomie is, het egter nog baie om voor Saterdag te leer.

Oom Arno sê dit klink vir hom baie lekker en hy sal almal Saterdag na die wedrenne toe neem.

“Rika, Pureman het ook vir my gesê ons kan enige tyd in die bloekombos gaan manna optel. Hy sê ons moet maak of die bloekombos ons s’n is. Hy’s rêrig ‘n bak ou!”

“Julle moet hom nie verkeerd opvryf nie.” lag oom Arno terwyl hy vir Tomie se mamma knipoog.

* * *

Die bendebaas kyk na sy twee trawante. “Ek wil nie hê dat julle nou met daardie Pureman deurmekaar moet raak nie. Ons moet wag tot die stof ‘n bietjie gaan lê het, dan kan julle met hom afreken. Wees rustig, Saterdag maak ons ‘n klomp geld op die perde!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar