Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tomie-hulle het net klaar geëet, toe is daar ‘n klop aan die voordeur. Dis oom Arno en Rika wat vir ‘n heen-en-weertjie oorgekom het. Katryn, Tomie se suster was eerste by die deur om hulle binne te nooi. “Ons sit almal nog in die kombuis. Oom-hulle kan maar deur stap agter toe.”

Nadat hulle gegroet het, sê Arno dat daar sake is wat hy met Esmè moet bespreek. Sy moet hom asseblief by sy kantoor besoek, sodra dit vir haar geleë is.

Sy sê dat sy die volgende dag ‘n paar minute by haar werk sal afvra en dan sommer gou by hom gaan inloer.

“Julle kinders is seker baie bly die skool sluit môre. Ek wonder wat julle alles gaan aanvang om besig te bly?” Arno maak of hy baie bekommerd is.

“Oom, Rika moet maar hier by ons kom speel. Dit sal lekker wees. Ek sal haar in die oggend nadat ek vir Witkous dorpskamp toe gevat het, gaan haal. Ag, toe, asseblief Oom.” Smeek Tomie en hy vryf met sy regter wysvinger oor die moesie op sy linkerwang. Arno sien die beweging en vir ‘n oomblik is daar iets bekends aan.

“Asseblief, Pappa,” vra Rika opgewonde,”mag ek?”

“Net as tannie Esmè en Oupa ja sê.”

“Ek sal instem op voorwaarde dat julle my nie gaan vra om stories te vertel nie. My stories het nou ook ‘n vakansie nodig.” lag Oupa.

“As Pa vir die drie kans sien, dan het ek nie ‘n beswaar nie. My voorwaarde is dat julle vir Oupa luister en hom nie pla as hy na middagete ‘n dutjie vang nie. Gehoor?”

Hulle juig. Hierdie vakansie beloof om ‘n fees te wees!

* * *

Esmè het gou by Arno se kantoor kom inloer. Hy vroetel tussen ‘n klomp briewe en toe hy kry waarna hy soek, oorhandig hy dit aan haar. Aan die agterkant is daar ‘n tjek aangeheg. Esmè kyk en kyk – sy tel die nulle oor en oor, dit kan nie waar wees nie. Soveel geld het sy nog nooit van gedroom nie. Daar is seker ‘n fout!

“Esmè, as jy dit goed belê, is daar genoeg om vir jou en jou gesin vir die res van jul lewens te sorg.”

“Arno ek het nog nooit soveel geld besit nie. Ek het geen kennis van beleggings nie en sal nie weet waar om te begin nie. Help my asseblief!”

“Die beleggingsmoontlikhede hier op ons dorpie is baie beperk. Ek stel voor ons gaan stad toe. Dis skoolvakansie en ons kan jou pa en die kinders saamneem. Hulle sal dit geniet, terwyl ons die beleggings kies. Ek dink dat ek en jy na ons onlangse wedervaringe, ook kan doen met ‘n brekie.”

“Jy’s te goed vir my, Arno. Onthou ek was van ‘n misdaad aangekla!”

“Moenie vergeet ek was jou prokureur nie!” skerts hy.

* * *

Toe Esmè met die nuus van die vakansie by die huis kom, het Tomie en Katryn se vreugde geen perke geken nie. Hulle het al so baie van die stad gehoor, maar was nog nooit daar nie.

Oupa het voet by stuk gehou – hulle sal hom nie met ‘n wa en span osse in daardie Sodom en Gomorra kry nie. Hulle moenie bekommerd wees nie. Hy sal goed vir die paar dae alleen regkom. Hy sal na die diere omsien as hulle weg is.













Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar