Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was behoorlik ‘n gedoente by Tomie-hulle se huis om vir die uitstappie stad toe klaar te maak.

Tomie se mamma het aan die werk gespring om Tomie en Katryn se klere skoon en heel te kry en om vir haarself ook ‘n paar rokkies te maak. Om arm te wees het ook sy voordele, want die jare se sukkel het haar geleer om nie alleen met min klaar te kom nie, maar ook dinge met groot vaardigheid self te doen. Sy druk die garingdraad deur die naald se oog en begin die knoop aanwerk.

As Arno haar nie tot hulp gekom het nie, weet sy nie wat sy sou gedoen het nie – hy is so bedagsaam en altyd gereed om te help. Sy sien skielik daarna uit om vir ‘n paar dae in sy geselskap te wees.

* * *

Tomie het by oom Arno gehoor dat hulle met sy kapkar gaan ry en dat dit ‘n hele dag gaan neem om daar te kom. Oom Arno sê dat dit soos die kraai vlieg, nie te ver is nie. Dis die pad se draaie en die opdraandes en afdraandes wat maak dat dit met die perdekar so lank neem.

Die twee meisiekinders sal saam met oom Arno en Tomie se ma in die kapkar ry en Tomie moet agter op die bagasierak bo-op die bagasie sit. Tomie is baie bly. Hy gaan vir Kraai nooi om saam te ry, dan het hy lekker geselskap en niemand wat voor ry, sal iets vermoed nie.

* * *

“Ek hoor julle gaan stad toe en ons moet agterbly.” sê Snippie. “Jy kan jou gerus skaam, Tomie. Ek wou nog altyd sien of dit so erg is as wat ek hoor. Daai verwaande polisie-brak sê as jy nie oppas nie, steel hulle die melk uit jou koffie!”

“Snippie ek was nog nooit daar nie. Ek gaan vir Kraai vra om ongesiens saam te gaan. As ek julle nodig kry, kom ek julle haal. Julle drie moenie rondloop nie. Julle moet gereed wees as ek kom.”

“Gaan sê vir Kraai, Koninkie en Witkous dat ons vanaand ‘n vergadering moet hou. Ek het ‘n gevoel hier kom ‘n bietjie aksie.”

* * *

Tomie se mamma het vir oom Arno en Rika vir aandete genooi sodat hulle die reëlings verder kan bespreek.

Sy bied aan om die padkos te maak, want hulle sal ‘n paar keer langs die pad moet stop om die karperde te laat blaas en dan sal oom Arno ‘n vuurtjie maak en ‘n keteltjie vir koffie kook. Dis dan net die geleentheid om van die padkos te eet!

Hulle bespreek wat elkeen moet saamneem en toe hulle klaar is, toe gaan hulle weer die lysie na om te verseker dat hulle niks vergeet het nie.

“Arno, is daar nie van Rika se kleertjies wat verstellings nodig het nie? Ek is nou met naaldwerk besig en dit sal geen moeite wees om iets by te doen nie.”

“Daar is so’n rokkie of twee waarvan die some moet uit. Die kinders word so gou groot dat ‘n mens nie kan byhou nie. Ja, dankie ek sal dit waardeer, Esmè. Ek bring dit gou môre vir jou.”

* * *

Toe Tomie in die stal kom, wag almal reeds vir hom. Hy vertel wat hulle beplan en wat hy van hulle verwag. Kraai is baie bly dat hy mag saamgaan al moet hy hom skaars hou as die res van die geselskap in die nabyheid is. Die ander lede van die span is tevrede om beskikbaar te wees as Tomie hulle nodig het.

“Ek wil gou weer ‘n bietjie eksperimenteer.” Daar kom weer daardie snaakse geluid soos woorde oor Tomie se lippe en meteens het Kraai in ‘n Uil met ‘n saal op sy rug verander. “So-ja, nou is jy beter toegerus om in die nag te vlieg, Uil.” Met die volgende geluide krimp Snippie, Koninkie en Witkous sodat Tomie hulle in sy sakke kan sit en dan krimp hyself om in die saal op Uil se rug te pas.

“Uil, kom ons vlieg ‘n ent, dan kan jy sê of jy gemakliker in die donker vlieg. Jy weet mos waar die stad lê. Vlieg in daardie rigting. Soos die kraai vlieg is dit nie ver nie.”

Dit was skaars ‘n ander halfuur toe land Uil met sy pasassiers op ‘n dak in een van die voorstede. “Ek wil net so’n bietjie blaas, dan kan ons maar terug draai. Ek dink jy het gesien wat jy wou sien, Tomie.”










Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar