Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Uiteindelik het die groot dag aangebreek. Oom Arno het al die vorige aand die bagasie kom haal sodat hy die kapkar kon pak. Nou wag Tomie-hulle net dat hy hulle moet kom oplaai.

Oupa het lankal opgestaan en vuurgemaak sodat hulle koffie kan drink voordat hulle in die pad val. Tomie is met ‘n derde sny brood en botter en sy tweede koppie koffie besig, toe hulle die kapkar buite hoor stilhou. Oupa nooi gou vir oom Arno en Rika in om, voordat hul vertrek, ‘n koppie koffie en iets daarby te nuttig.

Oom Arno draai die drie kinders elkeen styf in ‘n dik kombers toe en dra hul na hul sitplekke toe. Dis winter en in die eerste lig van die nuwe dag kan hulle sien dat dit spierwit geryp het. Eers as die son behoorlik op is en die ryp gesmelt het, sal dit lekker warm word.

Die kapkar was skaars in die pad toe kom sit Kraai langs Tomie agter op die bagasie.

“Jy lyk behoorlik soos ‘n mummie. Ek is darem bly ek het vere wat my in die winter warm en koel in die somer hou. Ek hoef nie met ‘n spul klere en komberse te sukkel nie.”

Kraai babbel omtrent Tomie se ore van sy kop af, sodat Tomie later begin wonder of hy nie ‘n fout gemaak het om vir Kraai saam te nooi nie. Na ‘n ruk toe hy dit amper nie meer kon hou nie, kry hy ‘n plan: “Kraai ek dink dis nou tyd om die wêreld rondom ons ‘n bietjie te verspied. Ons ry hier niksvermoedend en daar mag mense wees wat ons agtervolg, of dalk voorlê. As ‘n mens weet wat jou vyand beplan, kan jy hom maklik uitoorlê.”

Tomie se plan het gewerk – geen gebabbel, net die ritmiese geklap van die perdepote en die eentonige geluid van die kapkar se wiele op die grond. Wat ‘n saligheid! Hy wou net indut, toe land Kraai amper op sy kop.

“Jy was reg!. Daar is twee ouens te perd agter ons. Hulle sorg dat hulle net buite sig bly. Daar is nog vier wat, daar waar die pad deur die klofie gaan, ons voorlê. Ek hoor hulle sê dit gaan maklik wees om daardie geld by jou ma te vat.”

* * *

Die struikrowers lê en wag dat die kapkar sy verskyning moet maak. “Gert, is jy seker dat hulle op pad is?”

“Hoekom vra jy so’n dom vraag? Jy het dan self die sein gesien wat die twee op die dorp gegee het. Wees verseker hulle is op pad en daardie geld is netnou ons s’n.”

* * *

“Dink jy Gert het daardie sein wat ons gegee het, gesien? Die kapkar vorder goed en ons is nou-nou in die klofie waar die dinge moet gebeur.” sê een van die twee wat die kapkar agtervolg, vir die ander Hulle hou hul perde in om die kapkar ‘n kans te gee om om ‘n draai te verdwyn, voor hulle verder gaan.

* * *

“Ek wens ons hele span was hier. Daar is vir ons geen keuse nie, Kraai. Ek en jy moet nou alleen die kastaaiings uit die vuur krap. Maak jou gereed – ons moet vlieg!” Die vreemde woorde was skaars oor sy lippe, toe is hy in die saal en Kraai in die lug. In ‘n ommesientjie vlieg hulle oor die twee wat hulle agtervolg se koppe en dan swaai Kraai in die klofie op waar hy agter die struikrowers op die grond gaan sit. Hy het skaars gaan sit, toe is Tomie al op die grond en kom daar vreemde woorde, soos woorde wat geen betekenis het nie in ‘n fluistering oor sy lippe en daar staan Pureman reg agter die vier struikrowers.

“Ek is Pureman, ek weet wat julle beplan!”

Die struikrowers spring op hul voete, maar voor hulle hul wapens te voorskyn kan bring, beweeg Pureman sy hande en in ‘n sisgeluid kom daar vreemde woorde oor Pureman se lippe. Vier toue skiet na vore en wikkel die vier so vas dat hulle nie kan roer nie. Pureman gaan haal hul perde en bind hulle agterstevoor op hul saals vas. Hy vat die vier perde se teuels en lei die perde padlangs in die rigting van die aankomende kapkar.

* * *

“Nou wat is hier aan die gang!” Arno trek die leisels in en bring die kapkar tot stilstand. “My goeiste, maar dis mos Pureman!. Wat doen hy met daardie agterstevoorruiters?” vra hy sonder om ‘n antwoord te verwag.

“Môre,” groet Pureman vriendelik. “ek het hierdie vier gevang waar hulle julle voorgelê het. Hulle wou julle beroof. Daar is nog twee wat julle volg. Ek gaan kyk of ek met hulle ‘n plan kan maak. Ek bind die teuels agter waar Tomie sit, aan die kapkar vas. Moet onder geen omstandighede stop voor ek weer by julle aansluit nie.”

Pureman bind die teuels vas en gee die teken dat hulle maar kan ry. Hy beweeg vinnig langs die pad tussen die bome in en wink vir Kraai om nader te kom.

Binne oomblikke is hy op Kraai se rug.

* * *

“Ek sê jou daar is fout. Waar kom daardie ruiters skielik vandaan? Hulle kyk almal hiernatoe of hulle ons verwag. Ek verstaan dit nie. Ons moet omdraai!” sê een van die agtervolgers aan die ander.

“Jy’s gek man. Gert sal ons vermoor as ons nie sy opdragte nakom nie.”

“Om vermoor te wees, is dalk ‘n baie beter opsie as wat nou met julle gaan gebeur. Hulle sê ryswater en hardepad is nie kinderspeletjies nie. Ek is Pureman – jul naarste nagmerrie!”

Voordat hulle nog na hul wapens kon gryp, het Pureman hul van hul perde afgeruk, hul koppe so liggies teen mekaar gestamp en net voor dit vir hom lekker begin raak, hul agterstevoor op hul perde vasgemaak.

“Julle twee moet so gou as wat jul kan die kapkar inhaal. Daar wag vir elkeen ‘n suikerklontjie.” fluister Pureman in die perde se ore. Hy stap tussen die bome in waar Kraai hom oplaai.

* * *

Arno het intussen met die kapkar aangestoot om nie tyd te verloor nie. Hulle moet die stad voor donker haal. Die perde het ‘n blaaskans nodig en hulle kan almal doen met bene rek en ‘n bietjie koffie.

Pureman kom voor hulle uit die bosse en wys dat hulle moet stop. “Die ander twee is op pad hiernatoe. Hulle is ook goed vasgebind en behoort nie probleme te veroorsaak nie. Hulle sal niks praat voor hulle aan die gereg oorhandig word nie, daarom sal ek nie hul monde toeplak nie. Hierdie ouens word seker al lank gesoek Oorhandig hulle asseblief aan die polisie. Ek het nou ander verpligtinge. Totsiens.” voordat hulle nog kon groet, het Pureman tussen die bosse verdwyn.

“Esmè, jy het nog nie die geleentheid gehad om vir Pureman te ontmoet nie. Ek ken hom al ‘n bietjie. Hy is altyd kort en saaklik en op die man af!” sê Arno toe hy Esmè se verbaasde uitdrukking sien.











Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar