Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe Tomie sy mamma en Katryn se rustige asemhaling hoor, staan hy op en maak die venster versigtig oop. Kraai wag al! Die woorde sonder betekenis borrel oor sy lippe, Kraai verander in ‘n uil en Tomie krimp om in die saal op sy rug te pas. Binne oomblikke is hulle in die lug en kies koers in die rigting van hul dorpie.

Uil lewer verslag van die dag se speurwerk en voor hulle hulle kom kry, is dit tyd om voor die stal se hek te land.

“Maggies maar julle kan ‘n mens darem laat wag!” dis duidelik dat Snippie al erg ongeduldig begin word het. Hy is lus vir aksie, maar as Tomie moes raai, het hy sekerlik ook al ‘n bietjie begin verlang.

Koninkie skuur teen Tomie se bene en spin van tevredenheid om weer by hom te kan wees.

“Waarmee help ons – of het julle twee te veel verlang?” sê Witkous terwyl sy haar herkoutjie van die een kies na die ander verskuif.

Tomie vertel hulle alles wat gebeur het vandat hulle hier weg is. Hy laat niks uit nie en hy vergeet ook nie om hulle van sy eerste melkskommel te vertel nie. Hy prys vir Kraai oor sy opmerksaamheid en sê dat as dit nie vir hom was nie, sou sy mamma dalk haar beloning verloor het en dit sou haar hart breek!

Die diere is gretig om met die ondersoek te help en dit was nie lank nie, toe is hulle op Uil se rug op pad terug stad toe.

* * *

In die stad aangekom, word Snippie by die Baas se huis gelos. Hy moet kyk wat hy kan uitvind. Wie is hierdie mense en waarom betrek hulle vir oom Arno en Tomie se mamma?

Koninkie moet by die hotel bly en ‘n ogie oor die kamerbediendes hou. Albei moet aan Kraai wat weer die rol van boodskapper oorneem, rapporteer.

Witkous verander na Sokkie sodat sy beskikbaar sal wees as Pureman ‘n ryperd nodig het.

Pureman boek in die vroeë oggendure in die hotel in en is gelukkig om ‘n kamer net oorkant Tomie-hulle se kamer te kry. Hy vra dat die portier asseblief na sy ryperd sal omsien.

Tomie sluip stilletjies by hulle kamerdeur, wat nie gesluit was nie, in en is gou aan die slaap.

* * *

“My wêreld, my kindjie, mens kry jou amper nie wakker nie! As ek nie met my eie oë gesien het dat jy gisteraand saam met ons bed toe is nie, sou ek kon sweer dat jy eers in die klein uurtjies van die oggend kom slaap het. Dis seker maar die verandering van die lug wat jou aantas.” los Tomie se ma haar raaisel self op.

Tomie gee ‘n yslike gaap en vergeet skoon om sy hand voor sy mond te sit.

“A, nee, a Thomas! Het jou maniere vanoggend in droomland agtergebly?”

“Aag, Ma.” is al wat Tomie kan sê, want hy weet dat Mamma nie daarvan hou as jy jou maniere vergeet nie.

* * *

Rika en haar pa wag al in die eetsaal vir Tomie-hulle om by hulle aan te sluit. Rika se gesiggie helder sommer op toe sy hulle sien. Sy het al klaar na Tomie verlang.

Die kelner trek vir Tomie se mamma haar stoel uit. Sy bedank hom en neem haar plek in. Oom Arno skink vir hulle lemoensap.

“Ek sien in die koerant die polisie is van mening dat die leier van die Agterstevoorbende nog op vrye voet is. As hy nie aangekeer word nie, maak hy eenvoudig net vir hom ‘n ander klomp skurke bymekaar om sy vuilwerk te doen. Niemand weet wie hy is en waar hy hom bevind nie. Die lede van die bende wat gevang is, sê hulle het hom nog nooit gesien nie, want hy werk deur middel van twee tussengangers met hulle. Ek hoop Pureman lees hierdie berig. As daar iemand is wat die leier aan die kaak kan stel, is dit hy.”

Tomie vryf ingedagte met sy regter wysvinger oor die moesie op sy linkerwang. Pureman is al verder met sy ondersoek as wat hulle dink! Hy moet ‘n plan bedink om te verdwyn, sodat Pureman vryelik kan rondbeweeg.

“Rika,” sê Tomie, “help my om van hierdie oorskiet kossies bymekaar te maak. Ek het daar onder ‘n kat gesien wat net soos Koninkie lyk. Ek wil hom net gou gaan voer. Hy is baie wild – totdat hy ‘n bietjie makker is, moet ek liefs alleen gaan.”







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar