Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Pa,” sê Mamma, ”Arno het gisteraand kom sê dat my saak al Woensdag in die Hof gaan begin. Sal Pa asseblief mooi na Tomie en Katryn kyk? Hulle is nog so klein.” Tomie kan hoor dat sy Mamma baie gespanne en hartseer is.

“Ek sal mooi na hulle kyk. Hulle is in elk geval amper groot. Toe ek so groot soos hulle was, was ek al amper met jou Ma getroud.” skerts Oupa om sy dogter van haar gedagtes te probeer af lei.

Tomie glip by die agterdeur uit. Die kraai sit in die appelkoosboom en wag al vir Tomie.

“Ek het sommer Snippie se kosbak leeg gemaak, dan sal niemand agterkom dat hy nie hier is nie.” soek Kraai ‘n verskoning vir sy vraatsug. ”Hy sê dit gaan goed, hulle het hom aanvaar as een van hulle en hulle praat voor hom asof hy nie bestaan nie. Hulle wil Woensdagoggend vroeg met die wa en die gesteelde goed vertrek. Hulle is al besig om die goed op die wa te laai. Snippie sê elkeen vat in die aand sy eie bottel drank en drink dit amper leeg voordat hulle gaan slaap. Hy sê dan is hulle darem blink gedrink en praat die grootste klomp nonsies, sodat hy wat Snippie is, vir hul part skaam kry. Die bietjie wat oorbly, hou hulle langs hul slaapsakke en drink dit wanneer hulle in die nag wakker word.”

Snippie bevestig ook wat Tomie vermoed het. Omdat die herfsaande en -nagte al koeler raak, klim die twee diep in hul slaapsakke in, sodat hul koppe ook toe is om hul ore warm te hou. Tomie glimlag want vir die eerste keer is hy oortuig dat die plan kan werk.

“Sê asseblief vir Snippie hy moet vanaand huis toe kom want ek wil ‘n plan aan almal verduidelik en hoor wat elkeen daarvan dink. Jy moet asseblief ook hier wees, Kraai, want jy is nou ‘n baie belangrike lid van ons span.”

* * *

Soos gewoonlik ondervind Tomie geen probleme om ongesiens die huis uit te glip nie. Snippie en Koninkie wag reeds vir hom en saam loop hulle stal toe. In die stal word die kers aangesteek en elkeen neem op sy gewone plek plaas. Kraai sit in die vensterbank en sy kraalogies glinster in die kerslig.

Tomie verwelkom vir Kraai by hul vergadering en s verwelkom vir Kraai by hul vergadering en sê vir sy vriende dat Kraai nou ‘n volwaardige lid van hul span is. Hy begin om sy plan aan sy vriende te verduidelik. So af-en-toe vra een ‘n vraag waarop Tomie antwoord. Verder is hulle doodstil en luister na die avontuur wat vir hulle deur Tomie se woorde geskilder word. Hulle kan nie glo dat hulle van alles deel gaan wees nie.

Nadat Tomie klaar gepraat het, is almal dit eens dat dit ‘n plan is wat kan werk. Die vriende gaan uitmekaar. Snippie is reguit bloekombos toe, baie bang dat hy iets sal mis. Kraai vlieg vinnig vooruit sodat hy vir Snippie kan waarsku as daar dalk gevaar is. Tomie is tevrede – sy vriende vorm ‘n gedugte span!

* * *
Oupa lê en luister toe Tomie saggies in die huis in kom, gee ‘n effense glimlaggie in die donker en draai hom tevrede op sy sy om te slaap.

* * *

In Rika-hulle se huis neurie haar pa ‘n liedjie terwyl hy al die feite van die saak teen Tomie se ma oorweeg. Dit lyk nie vir hom goed nie. Daar het geen ander diewe tevoorskyn gekom nie en hy moet eerlik wees, niemand het juis ander moontlikhede ondersoek nie. Miskien kan hy daarin slaag dat sy ‘n opgeskorte vonnis kry. Dit beteken dat sy nie tronk toe sal gaan nie, tensy sy weer ’n oortreding begaan.


* * *

In die bos het die skurke al ingekruip, die vuur brand laag en hulle koppe is in die slaapsakke ingetrek om die koue van hul ore af weg te hou.

Koos steek skielik sy hand uit en vat ‘n paar groot slukke uit die bottel wat langs hom staan. Nie lank daarna doen Klaas dieselfde met sy bottel. So hou die twee aan tot die bottels leeg is.















Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar