Jeugverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis amper tyd dat Tomie vir Witkous in die dorpskamp moet gaan haal. Tomie loop ingedagte en vryf met sy regter wysvinger oor die moesie op sy linkerwang. Hy dink aan Raanewot en wonder wat sou gebeur het as hy nie weer vir Raanewot begrawe het nie. Dan sien hy vir Snippie wat onder die appelkoosboom lê.

"Snippie!" roep Tomie, "Dis tyd om te loop. Kom jy saam?"

"Ja, ek kom!" Tomie kan sy ore nie glo nie. Het Snippie met hom gepraat? Dit kan nie waar wees nie. Hy het hom dit seker verbeel!

Tomie stap na Snippie toe.

"Waarom is jy so bleek, Tomie en jou oë so groot? Het jy 'n spook gesien? So helder oordag?" sê Snippie en dit lyk kompleet asof sy ogies met Tomie glimlag!

"Jy het wraggies met my gepraat, ou Snip! Ek kan dit nog nie glo nie!" Hy buk om Snippie agter die ore te vryf. Ek is so bly om nou 'n praatmaatjie te hê. Ek was altyd so alleen en het altyd na 'n praatmaatjie verlang!" roep Tomie uit.

Hy gryp vir Snippie en gee hom 'n stywe drukkie. Snippie vroetel met sy nat neusie hier in Tomie se nek en sê saggies: "Ek het nog altyd met jou gepraat, Tomie, jy kon my net nooit verstaan nie! Dit lyk vir my jy het nou dieretaal geleer en ek is baie, baie bly daaroor!"

Hulle stap al geselsende in die voetpadjie op pad dorpskamp toe. Snippie voor en Tomie net agter hom. By die dorpskamp se hek wag Witkou al op hulle.

"Wat draai julle twee vanmiddag so? Ek is al moeg hier by die hek gewag." sê Witkous terwyl sy haar herkoutjie van die een kies na die ander verskuif. "As julle my nie vanmiddag so vinnig aanjaag nie, gee ek vanaand 'n vol emmer melk, Tomie."

Tomie is net so verbaas om vir Witkous te hoor praat. Hy stap nader en gee haar 'n drukkie om die nek. "Ek kan jou nou verstaan as jy praat, Witkous. Ek hoop jy is net so bly soos ek. Ons was nog altyd vriende maar nou gaan ons baie groot praafvriende word!" Tomie gee haar 'n vryf oor die neus.

"Toe-toe, julle twee. Ek wonder wie nou draai! As ons nie opskud nie, dan is Tomie se mamma al by die huis voor hy met die melkery klaar is. Sy sal nie daarvan hou nie!"

So loop die drie toe al geselsende in die voetpadjie huis toe. Snippie voor, dan Witkous met Tomie agter haar. Elkeen gesels oor dit wat hulle die dag gedoen het. Tomie praat van sy speltoets en Rika wat tot sy redding gekom het, Meneer wat bly was dat hy volpunte gekry het en Kieriebeen wat hom lig daarvan af laat kom het, maar hy sê niks van Raanewot nie!

"Ek het al baie storietjies by die ander diere oor Kieriebeen se ouers gehoor wat Kierie dalk in 'n heel ander lig by jou sal plaas, Tomie. Maar ek vertel jou later daarvan. Hier is ons nou by die stal en jy moet eers die melkery afhandel!" sê Witkous en druk-druk met haar neus aan die staldeur tot Tomie dit oopmaak en sy kan ingaan en by die krip staan en wag vir haar voer. Tomie gee haar sommer twee emmertjies voer en sy val dadelik weg om daaraan te smul.

* * *

In die kombuis gooi Tomie warm water uit die ketel op die stoof in die wasskotteltjie. Hy skep koue water uit die emmer en gooi dit by die warm water om dit effens af te koel sodat hy sy hande daarin kan was. Hy maak gou sy naels skoon en maak lou water in die melkemmertjie aan om Witkous se uier en spene mee te was.

By die stal aangekom, word Witkous se agterbene met die spantou gespan, dan skuif Tomie die melkstoeltjie op sy regte plek aan die regterkant van Witkous in. Hy gaan sit en begin om water op Witkous se uier en spene te spat en te was.

"Hierts!" giggel Witkous, "Tomie, jy kielie my!"

Tomie lag: "Jy moet net uithou tot ek klaar is, want as daar kieme is, moet dit afgewas word!"

Uiteindelik is Tomie klaar met die voorbereiding en kan hy met die melkery begin. Tomie begin altyd by die voorspene. Hy vat die regterspeen in sy linkerhand en die linkerspeen in sy regterhand, dan trek hy die melk wat in die spene sak met sy duim en voorvinger sodat dit in die emmer spuit. Eers die een speen en dan die ander - so om die beurt tot hulle leeg is, dan doen hy dieselfde met die agterspene.

Witkous was reg, want toe Tomie die laaste trek gee, loop die emmer amper oor!

* * *

Tomie loop en soek oral buite na Koninkie maar kan hom nêrens vind nie. Toe dink Tomie eers weer aan die muis en die slagyster en hy hardloop met vollevaart kamer toe om te kyk of Koninkie nie dalk in die val gevang is nie. Hy loer onder die kas in en sug van verligting, want Koninkie is nie daar nie. Die muis is ook nie gevang nie!

* * *

Daardie aand toe hulle sit en wag dat Tomie en Katryn se mamma van die werk af kom, sê oupa: "Tomie, jy en Katryn moenie verder na die skat soek nie - ek dink hy is al klaar gevind!"



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Bothaville in the Second Anglo Boer War

    deur Francis Gillieron

    CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar