Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Jare gelede was ek die argitek vir NAMPAK,
die ouens wat onder andere toiletpapier maak.

Nadat die fabriek goed ingewy en in produksie is,
sit ons eendag in die bestuurder se kantoor
en gesêls oor lastige dinge in jou lewe,
en ek verklaar toe ewe plegtig:
"Om uit toiletpapier te raak as jy op die troon sit
en jou maag is effens ontplofbaar!"

So gaan die gesprek van die een na die ander kant,
en die bestuurder, wat 'n ou Springbok Krieketspeler was, beaam toe die dieselfde probleem as hulle so van kleedkamer na kleedkamer jaag om die troon dringend te besoek, en so in die lag vra hy of ek iets teen 'off-cuts' papier het, waar die een ent net nie een honderd persent afgesny is nie?

" . . . nee wat dit pla my nie,
ek hersirkuleer nie gebruikte toiletpapier nie,
nog minder 'recycle' ek dit!"

By die motor staan 'n krat vol 'off-cuts',
en met 'n gesukkel kry ek die duisend rolle by die huis.

By nadere ondersoek, blyk dit dat die 'off-cuts',
net mooi niks makeer nie!

My 'haat-probleem' van sonder toilet-papier was permanent opgelos.

Na so 'n paar maande is dit weer troontyd,
toe ek ontdek die papier is op.

Maak die deur op skrefie oop en skreeu vir dringende reddende hulp.

Almal skarrel en jaag heen en weer en ek wag,
maar niks gebeur nie.

Weer met 'n geskree wil ek weet wat aangaan?

". . . . daar is nie papier nie!"

" . . . . dis onmoontlik, ek het een duisend gebring!"

". . . . daar is nie papier nie!"

"Waar is Mamma?"

"Mamma het gou gery om papier te gaan koop!"

". . . . ek glo dit nie!"

. . . . uitendelik daag die dameshand deur die skrefie met 'n pak van ses rolle op . . . .??

"Lovie, hoekom het jy papier gaan koop?"

". . . . ek't vergeet om te koop!"

"Waar is die krat met toilet papier?"

" . . . . op!"

"Op waarna toe? . . . nie opgebruik nie!"

. . . . sy draai om en loop net weg!

"Pa, Mamma het die toiletpapier by die arm kleuterskole uitgedeel"

"Ek haat . . . . ek haat . . . . ek haat!"

"Wat haat Pa?"

die toilet? . . . . dis beter as die veld of die kleinhuisie!
die omgekrapte maag? . . . . nee dis beter as konstipasie!
die toiletpapier? . . . . nee dis beter as mieliestronke!
die kleuterskool? . . . . nee kinders is kroonjuwele!
Mamma? . . . . nee dis my vrou daai,
wat altyd aan ander eerste sal dink as aan haar self!

Wat haat ek dan?

. . . . 'to be caught with my pants down'
. . . . hulpeloos in 'n toilet sonder papier!

. . . . ek het maar direk in die stort ingeloop en bitterlik geween!

. . . . in die agtergrond speel die Rotel-Hi-Fi kliphard:
' . . . . but I won't do that!'

KFC was nooit weer 'finger-licking-good' nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek haat
Ek het hierdie stuk intens saam beleef. Ek betwyfel of enige persoon nie op daardie oomblik intense haat gevoelens sou koester nie.

Baie dankie vir die verligte emosie stuk van jou ek het dit baie geniet.
4 jaar 11 maande 2 weke 15 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar