Jeugverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kortverhaal is geskik vir die jeug, maar die ouderdomsgroepe is van 16 tot 18 jaar.

Zack skrik vinnig wakker. Hy vee die angssweet weg en sit regop. En gooi die beddegoed van sy lyf af en gaan badkamer toe. Hy kyk na homself in die klein, ronde muurspieël; skielik hoor hy ‘n harde slag in die huis.

Hy maak die koue kraan toe. Sy ligblou oë dwaal oor die woonkamer. In die kamer is die skuifdeur ‘n glefie oop. Hy loop in die kamer en sien ‘n staalmes op die houttafel lê. Hy gryp gou die mes – en maak gereed om die vreemdeling aan te val.

Dan beweeg Zack versigtig voorhoutdeur toe. Hy loer deur die glefie; raaksien twee mans. Waarmee hulle besig is weet Zack glad nie. En dit nogals onder sy neus, op sy voorstoep en wat net twee meter weg is van die houtvoordeur.

Maar Zarcus maak gou sy besluit.

Vinnig ruk Zarcus die deur vieserig oop. Die twee mans is nog jonk. Maar hulle dra leer uniforms; skoene swartblink onder die buitelig.

“Wat soek julle op my eiendom!” skree Zack hard, woedend. “Gee pad hier!”

Die mans skrik en verdwyn skielik weg. Zarcus slaan vies weer die deur toe. Hy draai om en gaan na Karel se slaapkamer toe.

Zack loop in die kamer in. Die gordyntjie beweeg liggies heen en weer. Gou skakel Zack die kamerlig aan. Karel diepslaap onder die beddegoed. Dan skakel hy die lig weer af. Hy wil nie sy oom versteur nie.

Hy het die man al voorheen gesien, maar waar? En Zack se herinneringe oor die man is onduidelik. Dan sug Zack moedeloos. Want sy donker gedagtes is vol dinge.

Nou stap Zack onrustig vinnig na die ruskamer toe. Hy slaan woedend die staalhoutdeur toe. Die deur kreun-breek af, en val hard op die teëlvloer neer. Hy het vergeet hoe sterk sy kragte is.

Wag tot ek julle in die hande kry, dink Zack. Dan gaan die hel los wees.

‘n Paar ure daarna verlaat Zack die ruskamer. Hy is nie honger vir ontbyt nie. Maar hy loop treurig kombuis toe. Daar is Karel besig om te eet, ontbyt.

“Het jy ‘n lekker nagrus gehad?” begroet Karel vriendelik vir Zack.

Zack sug hard. “Nie regtig nie. Ek het al weer moeilikheid gehad met die smokkelaars.”

“Vir hoe lank soek jy al na hulle?” vra Karel nuuskierig. En hy sit ‘n glaswitbord op die houttafel neer.
Zack grinnik-lag. “Baie lank. Hopeloos te lank,” sê Zack stadig.

Maar al wat Karel doen is kil-lag vir Zack. Zack draai sy gesig skuins, kyk Karel vies aan en versigtig sluk Karel sy kos af. “Sterkte met jou soektog Zack,” sê Karel ferm, maar ernstig.

Zack skud sy kop liggies, nog deurmekaar. Hy groet vir Karel en verlaat die baksteenhuis. Hy haal diep asem en gluur na die blou lug. Dan blaas hy weer die ou suurstof uit.

Dan sien Zack die oggendkoerant raak. Vinnig loop hy op die geel-groen grasperk soontoe en tel die koerant ongeërg op. En blaai hy na die volgende bladsy; lees elke koerantberig noukeurig deur. Na die lees, loop Zack na sy vuilgeel Golfie toe. Hy klim kalm in, skakel die enjin aan. Maar die motor brul-raas net.

“Ag, kom nou jou ou blik,” brom Zack ongeduldig. En na die derde probeerslag, kry Zack die motorwiele op die teerpad.

So, tussen Zack se pastelbou oë verskyn ‘n frons. Hy gluur in die klein truspieël. Daar is geen voertuie sigbaar nie. Maar in die kristalhelder koningsblou lug sien hy donkergrys wolke raak.

Hy skrik. Toe ‘n vreemde ouvrou aan sy vensterruit kom tik-tik. Hy draai haastig ‘n bietjie die vensterruit af. “Kan ek help mevrou?” vra Zach ordentlik.

Sy knik stadig haar kop; kleredrag lyk verwaarloos-vuil. “Weet jy dalk waar Mooi straat is?” het sy gevra.

Zack skud sy kop. “Jammer mevrou; ek’t geen idee nie.”

Nou word Zack skeef aangelguur. “Dankie,” antwoord sy terug, en loop bot weg.

Hy sug hardop, en druk die radio aan. Daar is niks interessants wat die omroeper oor praat nie. Kyk dan vlugtig rond, voordat hy weer bestuur.

Toe Zack oor die groenlig ry, stop die Golfie langs die sypad. Die wolke het weer verkleur en mense hardloop oor die strate. Hy besluit om uit die motor te klim. Daar is snaakse geure en reuke in die lug.
“Dit is die einde van die wêreld!” hoor Zack ‘n man in die verte skree. Hy sien kinders wat huil en hoor honde wat tjank, dan blaf. Om hom gil ook mense.

Zack hardloop oor die straat, gaan stilstaan langs die groep mense. Hulle aanstaar die donker, onhelder lug. “Wat gaan aan?” durf Zack vra.

Dan voeg Zack by: “Wat sien julle in die lug wat ek nie kan sien nie.”

En gou verwys die vrou na die pofferige asgrys wolke. Hulle skrik verboureerd. Na die swart mistigheid wat op die sypad land. Hulle transformeer na mense. Zack herken een van die buiteaardse mans. Dit was dieselfde man wat gisteraand op sy voorstoep was.

Die man haal sy donkerbril af en sy oë gloei blinkrooi, onmenslik. Hulle op die sypad word op en af beloer. Die man loop na Zack toe. Hy bekyk Zack nou geheimsinnig aan.

“Jy lyk na ‘n sterk, onmenslike man. ‘n Man wat ons benodig,” sê die vreemde wese.

Zack grinnik-lag. “Om wat te doen?” wil Zack Dadedelik weet.

Die man lag kil; sit sy bril weer op. “Om Meton te red van sy vyande,” is sy antwoord.

Zack frons diep. “Meton, te red? Waarvan nogals?” sêvra Zack sarkasties. "Julle kan nie dit van my verwag nie, ek's net 'n student!"

Die man roep die ander vreemde wesens nader. Hulle begin mense te hiptoniseer. Die mense val flou op die sypad. En Zack se ysblou oë dwaal oor die strate.

“Ons... wel, ek het jou gekies om Meton te red.”

Zack laat sak sy gesig broos. Hy staar na sy vuilwit tekkies. Dan lig hy weer sy kop op; skrik toe hy in Karel se gesig vaskyk.

“Karel... Dit kan nie wees nie,” stotter Zack geskok. “Jy is my oom. Hoe kon jy?”

Karel glimlag. “Ja Zack,” sê Karel. “Vir jare het ek jou gebluf, en jou planeet ook. Ek is kragtig net soos jy, maar jy is die spesiale een,” voeg hy by.

Dit verduidelik gisteraand se besigheid. So ook al die ander aande, dit was al die tyd Karel gewees.
Van woede kners Zack op sy tande. En hy hou Karel deur skrefiesoë dop.

“Waar is Meton, as ek mag vra?” sêvra Zack nuuskierig-vies.

Vlugtig kyk Karel na die vuilgrys lug. Hy sien die massiewe ligte van die ruimtetuig. Dan land die tuig op die teerpad. Sy metaaldeure skuif automaties oop; meer wesens kom uit. Hulle loop gemaklik na Karel en Zack toe.

“Meton is ‘n...”

“Vergeet dit wesens,” val Zack hulle in die rede. “Ek.gaan nie my kragte vir julle wys nie!” skree hy uit.

“Wel...”

Zack frons onrustig. “Wel, wat?” vra Zack, en kyk Karel vies aan.

“Dan gaan ons jou planeet moet vernietig,” klink Karel ernstig, maar kalm.

Dit sal die dag wees, dink Zack. Op die ou end van die dag sal hulle, hulle planeet moet red van my kragte af.

En Zack sluk swaar toe hy Karel se killende oë gewaar. Hy wil nie meer verder na Karel luister nie. Hy hardloop na sy geroeste Golfie toe. Hy tel die motor met albei hande op, gooi die motor na die ruimtestaaltuig toe. Rooi-orange flamme skiet uit die tuig.

“Ek gaan nêrens heen nie,” skree Zack.

Die vreemde wesens skrik vir Zack se vermoëns. Hulle verander weer in swartrook en verdwyn tussendeur die wolke in.

Sy blinkblou oë dwaal weer oor die teerpad en sypad. Die mense ontwaak uit hulle hiptoniseering. Gelukkig het net die wesens sy geheime identiteit raakgesien. Maar hy wonder nog steeds oor Karel. Hoekom het hy stilgebly?

Wie is ek dan nou regtig? wonder Zack agterdogtig. O, ja, ek’s Karel se bloed en deel van Meton se planeet in die buitenste ruimte. Hoe kon ek dit vergeet? dink hy verder sugtend.












Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Terugvoering
Dankie vir die teruvoering. Maar net 'n paar feite: Jy hoef nie in 'n kortverhaal die ouderdomsgetal van die persoon te noem nie. Dit het ek geleer in my ander kursusse.

So ook hoef jy ook nie vreemde wesens name te gee nie. Zack woon by sy oom, Henk. Hoekom moet hy heeltyd homself herinner aan sy ouers? Dit sal nie pas in die verhaal nie. 'n Mens moet die leser ook bietjie laat wonder, darem.

Zack het kragte. Ek het in die verhaal genoem dat hy sy motor met albei arms opgetel het, en dit in die ruimtetuig gegooi het. So dit bewys klaar dat hy sterk en magtig is. Hy is goed en die wesens is sleg.

Die wesens soek vir Zack; sy magte om Meton te red. Aangesien Henk hom vir jare dopgehou het, om ook boos te word soos hy, en die ander wesens. Maar ongelukkig is Zack goed.

Soos ek ook genoem het in die verhaal, is die wesens swartmis, en het in menslike figure verander, op die aarde. Ek hoef nie meer te verduidelik nie.
1 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Zack tot die redding
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die KONTRAS projek.
1 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud


Zack
Oulik.
Tog, ek het vrae: Wat is Zack se kragte? Hoe lyk die wesens van Meton? Hoe lyk Zack (behalwe vir sy oë)? Hoe oud is Zack (jy noem net op 'n stadium dat hy 'n student is...)? Wat maak hom so spesiaal? Waar is sy ouers en ander familie? Het hy vriende?
Die oomblik van konflik is 'n bietjie vaag: hoeveel wesens is daar? ; wat wil hulle hê, presies? ; is daar 'n geveg of gaan Zack saam met hulle?
Die laaste paragraaf: het Zack nie nog altyd gewonder of hy anders is nie?
Dis 'n interessante storie, maar dit kort iets meer om dit 'n volle verhaal te maak. Skrywers is nooit klaar geskryf nie: stories vat volle vorm in die herskryf. Lekker skryf.
1 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud



ROEPSTEM

deur Charmain*

Charmain Potgieter besit die vermoë om ʼn leser gevange te neem in haar beeldryke digkuns. Haar woorde vorm en vloei gemaklik in mens se gedagtes met ʼn belofte om te bly. By die lees van haar gedigte staan ek telkens opnuut verwonderd oor haar wonderlike gawe wat sy met soveel passie oordra. Haar werk is in diepte verrykend en laat altyd stof tot nadenke en iets kosbaar om te bêre in die hart. Ek kan haar bundel met die grootste vrymoedigheid voor elkeen met ʼn liefde en koestering vir digkuns kom neersit. Karen van der Merwe



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar