Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hy staan op die stoep met sy rug na die voordeur gekeer toe sy oopmaak. Daar is net een man wat só staan: linkerhand in die broeksak en regterhand agter die nek.

Hy draai om en toe hy die onverbloemde vreugde in haar wese bemerk, omvou hy haar gesig teer met huiwerige hande.

Sy hart bons teen haar oor en sy weet dat die passievlam van veertig jaar gelede se kole nog warm genoeg gloei vir die oorblywende winters; genoeg lig sal verskaf vir die ondekkingsreis.

Hul jeugwens onder ‘n verskietende ster langs branders wat breek het eindelik waar geword.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

sprokie
Hul jeugwens onder ‘n verskietende ster langs branders wat breek het eindelik waar geword.

Baie mooi verwoord Elise
7 jaar 2 maande 3 weke 23 ure oud


kommentaar
soos altyd onverbeterlik geskryf. jy is een van die beste skrywers op die werf. altyd lekker om jou rubrieke te lees.
7 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


Honderd Woorde
Soos altyd doen jy dit. Uitstekend. In 'n honderd woorde kry ek 'n boodskap wat ek nooit sal vergeet nie.
7 jaar 3 maande 5 dae 17 ure oud


100
Jy kan, dis verseker.
7 jaar 3 maande 6 dae 19 ure oud


V
Elise,

Van honderd woorde na 'n Romanza, Baie goed!
7 jaar 3 maande 6 dae 22 ure oud


=)
Dis nou sommer baie goed gedoen in 100 woorde. Hoop ek kan ook eendag so goed skryf.
7 jaar 3 maande 1 week 14 ure oud


Sprokie
Wonderlik mooi gedoen -- veels geluk!
7 jaar 3 maande 1 week 15 ure oud


Sprokie
Ja man, wel gedaan. Go uit of in, Jy't dit goed gedoen en tussen die lyne het ek 'n duisend woorde gelees.
7 jaar 3 maande 1 week 16 ure oud


Sprokie
Goed gedoen!
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag oud


100
Kort en kragtig - pragtig.
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 1 uur oud


Sprokie
Elise, baie goed gedoen. Jy skep met 100 woorde 'n hele verhaal in die leser se gedagtes ...
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


In 'n neutedop
Die kortste liefdesverhaal met die langste geskiedenis wat ek nog ooit gelees het. Wat 'n lieflike slot!
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


100 woorde
Klink of jy my storie skryf-ek moet dringend by haar uitkom.Dis ook 40 jaar gelede se liefde,en ek verlang nog gereeld,maar niemand mag weet nie.
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


Sprokie
Pragtig.
7 jaar 3 maande 1 week 1 dag 7 ure oud



Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar