Kortverhale

Titel: Judaskus
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Pieter kyk na die rewolwer wat oop die op Bybel lê. Hy streel liggies met sy duim oor die bloedvlek net bokant Romeine twaalf vers negentien: “My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, sê die Here.” Hulle het die Bybel so oop langs sy ma se lyk gekry...
Hy tel die rewolwer op. Dit voel koud en swaar in sy hand. Hulle het gister oor die nuus gesê ’n jong man is in hegtenis geneem weens die moord op Pieter Grobler en sy vrou, van die plaas Stille Water. Al kon hy nie die man se gesig sien nie, het hy dadelik die baadjie herken. Hy onthou nog goed hoe lank hy en Abraham moes spaar, voordat hulle uiteindelik die identiese bruin leerbaadjies by die koöperasie kon gaan koop.
Sy hand word wit op die kolf van die rewolwer. Ingedagte draai hy die magasyn om en om. Hy en Abraham het saam grootgeword op die plaas. Sy ma het dadelik ingewillig om Abraham in te neem, na sy ouers in die gruwelike kop-aan-kop botsing dood is. Al was Abraham vier jaar jonger as hy, het hulle alles saam gedoen. Toe hy koshuis toe is, was die tye op die plaas saam met sy nefie en beste vriend ’n hoogtepunt.
Hy onthou toe Abraham so siek was met malaria. Sy ma het hom versorg soos haar eie.
Abraham was baie ontsteld toe hy hoor dat ek weggaan om te gaan studeer. “Jy is ’n kind van die plaas,” het hy gesê. “Jy hoort nie in die stad nie.”
“Ek is nie ’n boer nie,” het ek gesê. “My hart is nie daar in nie.”
Ek kon sien Abraham is nie gelukkig met my antwoord nie.
“Nee, Abraham,” het ek gesê, “wees net eerlik dan sal jy met my saamstem. Jy weet self ek kan nie eers ’n hoender slag nie. En met die laaste droogte...”
Abraham vroetel met sy groottoon in die stof. “Dis waar ja. Hoe kan ek ooit vergeet die dag met Blommetjie...”
Blommetjie was my grootmaak kalf. Sy het my soos ’n hond orals gevolg. Maar met die droogte was sy naderhand ook so maer en uitgeteer – ons kon haar nie red nie. Ek het voor haar gestaan met die geweer, maar een kyk in haar sagte oë – ek kon dit net nie doen nie. Dit was Abraham wat die geweer uit my hand gevat en ‘n einde aan haar lyding gemaak het. Daardie dag het ek geweet ek sal nooit kan boer nie.

Die koue windjie teen sy nek laat hom ril. Hy maak die blou boksie oop en begin die rewolwer te laai. Hy, wat nog altyd vuurwapens nie kon verdra nie.
Sy pa was naderhand skoon ongedurig met hom. “Kom nou, Pieter, moet nie so halsstarrig wees nie. Waar het jy nou gesien ’n boerseun wat nie kan skiet nie!”
Hy het dan maar toegegee en saam met sy pa gaan skyfskiet, maar sy hart was nie daarin nie. Dit was maar die eerste in ’n lang ry teleurstellings, die laaste toe Pieter besluit het om nie te kom boer nie, maar om liewer ’n IT-spesialis te word.
Die laaste keer wat hy Abraham gesien het, was net na sy gradeplegtigheid. Daarna het hy nie meer so baie gereeld plaas toe gekom nie. Die opwinding om aan die voorpunt te wees met nuwe ontwikkelings, het gemaak dat hy al hoe langer ure begin werk het. Die besorgdheid in my ma se stem het hy liefs geïgnoreer. Net so nou en dan het hy vaagweg gewonder wat van Abraham geword het – sy ma het nooit oor hom gepraat nie en hy het nie gevra nie.
Hy kan reeds die winter se ysige greep begin te voel toe hy teen elfuur die Woensdagaand by die huis kom. Die geskel van die telefoon skril deur die nag. Hy wonder vererg wie op aarde nou die tyd van die nag sou bel.
Hy wil dit eers ignoreer maar besluit om dan tog maar te antwoord.
“Hallo.”
“Pieter Grobler?”
“Dis hy wat praat.”
“Gerrit du Preez...”
Hy voel die hol kol op my maag. Hoekom sal Gerrit die tyd van die nag skakel, wonder hy beangs.
“Gerrit, wat is fout?”
“Ek is jammer, Pieter. Jou pa en ma... Hulle is albei...”
“Gerrit, wat gaan aan daar op die plaas?”
“Jou ouers is albei geskiet. Jy moet so gou as moontlik kom.”
“Is hulle...” Ek wurg die woorde uit.
“Ek is jammer, Pieter. Ons was te laat...”
Hy dwaal soos ’n gees deur die huis rond. My ma, my arme ma ... Die klein, fyn vroutjie wat my grootgemaak het, al my seerplekke gesond gesoen het. Haar grys hare netjies in ’n bolla saamgevat, die lagplooitjies om haar bruin oë. Die klein vroutjie met die sagte hart wat maar altyd reg was om te help. Hy sien haar nog met die wit voorskoot aan, besig om te bak en brou in die kombuis, of netjies uitgevat vir kerk.
En sy pa...
Hy begin stelselmatig die vensters toe te maak, kyk of al die deure gesluit is, aktiveer die alarm. Sy pa wou nooit hê hy moet vir hulle ’n alarm installeer nie. “God sal ons beskerm, “ het hy net altyd gesê. “Ons vertroue is in Hom.”
“Waar was God?” dink hy bitter.
Dis eers wanneer hy onder die stort staan met die warm water oor sy lyf, dat die snikke uit hom losskeur.
Die volgende oggend toe die son op kom, is hy al vêr op pad plaas toe. Teen sewe uur hamer hy aan Gerrit se deur. Dan staan sy jeugvriend voor hom, geklee in sy polisie-uniform.
“Pieter...”
“Wat het gebeur, Gerrit?” vra ek skor. “Wat het daar op die plaas aangegaan?”
“Die werkers sê hulle het net die skote gehoor. Toe hulle by die huis kom kon hulle sien iemand het ingebreek. Hulle het jou pa en ma in die woonkamer gekry. Hulle is albei op kort afstand geskiet. Hulle het my dadelik gebel. Ek was te laat om hulle te help...”
“Het jy vir Abraham laat weet?”
Gerrit kyk hom snaaks aan. “Weet jy dan nie? Hy en jou pa het ’n vreeslike uitval gehad en hy het nooit teruggekom plaas toe nie.”
“Jy dink nie die werkers was betrokke nie?”
“Nee, Pieter, jy ken tog al die werkers. Hulle werk al jare vir jou pa en was nog altyd lojaal. Arme ou Mafutsa het die hele nag by die opstal gewaak. ”
“En Abraham? Waar is hy nou?”
“ Niemand het nog weer van hom gehoor nie. Ek dink hy is dalk Johannesburg toe. Hy het met die verkeerde mense deurmekaar geraak. Dit is wat tot die rusie met jou pa aanleiding gegee het. Ons vermoed hy werk nou vir ’n dwelm sindikaat.”

Dit het hulle ses maande gevat om die skuldige aan te keer. Maar Abraham! My ouers was altyd net goed vir hom. Ek weet hoekom pa hom gevra het om te loop na die rusie. Pa was altyd ’n wit en swart – reg en verkeerd mens. Geen grys areas vir hom nie.
Die woede stoot bitter soos gal in my keel op. Ek haal die rewolwer oor, mik na die venster. So ’n verraaier. Ek sal daar wees wanneer die hofsaak begin!”
Tydens die hofsaak sit hy in die heel agterste ry. Hy wil seker maak dat Abraham hom nie sien nie. Dag in en dag uit stook hy die woede en bitterheid totdat dit soos ’n verterende vlam in hom brand.
Saans gaan staan hy voor die groot foto van sy ouers wat in die sitkamer hang. Maar dis asof hy nie na sy ma se oë kan kyk nie – asof hy bang is vir wat hy dalk daar kan lees.
Snags slaap hy sleg. Hy weet dat sy ma sal wil hê hy moet vergewe, maar sy woede is te groot. Dan dink hy telkens weer aan die rewolwer in die kluis...
Pieter kan sy ore nie glo toe Abraham onskuldig bevind word weens ’n gebrek aan bewyse. Hy is eerste by die hofsaal uit en staan daar buite onder ’n boom en kyk hoe Abraham by die trappe afgeloop kom – ’n breë glimlag om sy mond. Hy voel die gewig van die rewolwer in sy leerbaadjie se sak.
Impulsief besluit Pieter om hom te volg. Hy hardloop na sy swart Mercedes en is net betyds om agter Abraham se ou bruin, Chevvie in te val. Hy sorg dat daar altyd so drie karre tussen hulle bly. Abraham mag hom nie sien nie!
Pieter se gedagtes is in ’n warboel. Alles wat hy omtrent Abraham gehoor het die afgelope tyd bly maal deur sy kop. Die rusie wat Abraham met sy pa gehad het. Gerrit was sê Abraham is deel van ’n dwelm sindikaat. Iets maak nie sin nie. As Abraham met dwelms gesmokkel het, sou hy tog sekerlik nie so ’n ou kar gery het nie, of dalk is dit net deel van ’n front wat hy voorhou...
Pieter sien hoe Abraham by ’n huis se oprit indraai. Hy ry verby en parkeer onder ’n groot akkerboom. Hy beskou die omgewing. As Abraham in hierdie omgewing kan bly, moet alles waar wees. ’n Huis in ’n gegoede buurt soos die. Dan is die Chevvie maar net vir die skyn.
Hy klim uit en begin stadig aanstap na die huis, sy vingers styf geklem om die kolf van die rewolwer. Versigtig sluip hy by die oprit op. Die huis lyk verlate. Pieter kom by die motorhuis en sien die trappe. Daar is seker ’n woonstel op die motorhuis. Dan is dit dalk waar Abraham bly.
Pieter klim die trappe stadig op en stop vir ’n oomblik voor die ruwe houtdeur, om eers sy rewolwer uit te haal. Hy stoot die deur stadig oop en tree oor die drumpel.
Abraham vlieg om daar waar hy besig was om in ’n laai te krap. “Pieter!” Sy oë rek groot wanneer hy die rewolwer sien.
“Jy’t nie gedink ek sal jou kom soek nie, jou Judas!”
“Pieter, nee! Dis nie wat jy dink nie.”
Pieter lig die rewolwer op, sy vinger wit teen die sneller.
Skielik lag Abraham breed. “Jy sal my nie skiet nie. Jy kon dan nie eers vir Blommetjie uit haar ellende verlos nie...”
Pieter haal die rewolwer stadig oor.
“Dis tog jammer van jou ma,” sê Abraham sag.
Die woorde eggo deur my brein. My arme, arme ma. Die een wat net altyd goed was vir ander, wat nooit ’n vlieg skade sou doen nie.
“Jou ...” Hy hoor die knal van die rewolwer.
Deur ’n waas sien Pieter Abraham voor hom lê. Hy stap nader en kyk af op sy vriend van sy jeugjare. Sy oog val op die Bybel in die laai. Hy tel die swart boek versigtig op en maak dit oop by die geel boekmerk. Sy oog val op Romeine twaalf vers negentien: “ My kom die wraak toe. Ek sal vergeld....”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Judas
Die verhaal het my geboei van die begin tot die einde. Dankie dit was lekker om jou leesstof te geniet.

8 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 9 ure oud


Judas
Lekker sterk verhaal. Ek het dit geniet.

Groete
8 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar