Kortverhale

Titel: GERDA
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Johnny Vermoten maak sy bakkie se deur toe.
Hy staanmaak sy eerste liefde, sy kitaar mooi teen die sy van die bakkie en sukkel om die gaatjie van die sleutel te kry.
Ongeduldig, stamp hy net die deur met die knie om seker te maak dit is wel toe, tel sy kitaar versigtig op en en stap skuins-skuins weg na die agterdeur.

Dit verbaas hom om te sien dat die buite lig brand. Hy hou net die kombuis se lig alleen aan om sy weg oop te sien en nie oor iets te struikel nie.
Hy deursoek die bossie sleutels in sy hand om die agterdeur se sleutel te kry, en steier effe terug toe die deur oopgaan.
Hy knip-knip sy oë en stotter:
“Haai Gerda, w..wat ...wat doen jy hier?”
Sy praat nie, staan net terug en hou die deur oop dat Johnny kan verby kom.
Johnny ruk hom reg, maak of hy nugter is, hou die kitaar vóór hom asof dit ʼn skild is en skuur verby Gerda.
Sy maak die deur agter hom toe:
“Johnny, hoekom doen jy dit aan jouself?”
Johnny sit die kitaar in die hoek van die kombuis op sy staander neer, stap na die yskas en kyk daarin. Hy buk af om dieper te sien. Hy staan terug en maak die deur toe.
“Johnny, soek jy nog ʼn bier?”
Johnny veeg sy mond af en kyk grond toe.
“Johnny, ek is lief vir jou. Jy is ʼn goeie mens. Hoekom jy jouself wil doodmaak, weet ek nie. Ek verstaan dit net nie. jy het ʼn goeie werk en is hoog in aanvraag. Al wat mens is, is baie lief vir jou.
Johnny, wat moet ek met jou maak?”
Johnny het nie woorde nie. Hy kyk net in die kombuis rond en sien dat dit stiptelik netjies en skoon is.
Gerda is net ʼn vriendin en woon alleen op ʼn plot naby hom. Sy kom maak gereeld ʼn draai en hy help haar soms met dinge op haar plot.
Haar ouers is oorlede en as enigste kind wou sy nie verkoop nie, maar het ingetrek en ry elke dag dorp toe om te gaan werk.
“Gerda, ek het gedink hier is nog een biertjie, het jy dit nie gesien nie?”
Sy maak ʼn kasdeur oop, haal die blikkie uit en gee dit aan:
“Dê Johnny, drink. Ek het vir ons kos gebring. Dit is in die oond. Ek het ook gif gebring. Die miere Johnny. Jy leef só morsig dat die miere jou nog gaan opvreet.”
Hy vat die biertjie, maak dit oop, vat sy kitaar en gaan sit.
“Kan ek vir jou ʼn liedjie sing Gerda?”
Gerda het die besem gevat en na die spens geloop om daar te gaan vee.
Sy kom terug met die besem in die hand, gaan staan agter Johnny, vat sy bier en vat self ʼn klein slukkie. Met haar hand op sy skouer, sê sy:
“Sing Johnny, ek het vir jou vrae gevra, sing vir my die antwoorde.”
Johnny stram die eerste akkoorde en die bekende deuntjie ruk aan Gerda.
Johnny se stem kom tot haar deur:
¶ “Waar is jy nou
Jou simpel vrou
Ek is lief vir jou
Ek verlang na jou
Ek.... ¶
Gerda draai weg en begin vee aan die spens se vloer. Vragte sand wat die miere uitgrawe, druk sy met die besem op ʼn hopie.
Haar gemoed is vol.
Sy is waaragtig lief vir die man maar hy is op ʼn planeet van sy eie.
Johnny leef in twee wêrelde. Sy bestaan wêreld waar hy Ingenieur is. En sy privaat wêreld, sing en speel kitaar in die kroeg – vermaak die mensdom, verlief die mensdom, word aanbid deur die mensdom.
Maar, versuip homself in een of ander staat van illusie van dronkenskap en verlorenheid.
ʼn Staat waarin hy toeslaan. Toeslaan met geen sleutel op aarde wat kan oopmaak en rasioneel tot hom deurdring nie.

Gerda stop haar vee met die besem, gryp ʼn vadoek van die warm water se pype teen die muur af en droog haar trane. Vanuit die kombuis kom die weemoedige liedjies waarin Johnny sy dronkmansverdriet hart uitstort.
Die suiwer soet klanke uit die snare, onderdompel Gerda se gemoed en uit moedeloos en weet nie wat om met die verdomde man aan te vang nie, gaan sit sy op ʼn stoel en grens saam met die kitaar.

Na ʼn rukkie, staan sy op, gaan na die kombuis en sit borde op die tafel.
Sy stuur vir Johnny om te gaan hande was en skep kos in die borde. Johnny kom sit , sy neem sy hand en die leiding en doen ʼn tafel gebed.
Hulle eet in stilte. Na ete sit sy die ketel aan en ruim op. Sy maak seker alles is absoluut skoon en opgeruim. Die miere kom in die nag. Johnny het hulle al gewoond gemaak aan kos en as toegif is hulle sommer besig om die huis ook onder sy bas weg te dra.
Sy groet vir Johnny en versoek dat hy die deur van binne sluit. In die moeë staat waarin hy is sal hy nie eers wakker word as inbrekers inkom nie.

Vroeg oggend soek Gerda na haar handsak. Sy het dit nie gemis gisteraand nie omdat alle sleutels aan een bossie is.
Sy haas haar na Johnny se huis. Sy is bly om te sien hy het nog nie gery nie. Gerda klop en klop aan die deur. Daar is geen reaksie nie.
Sy gaan om na Johnny se slaapkamer venster. Dit is toe maar sy hoor die allervreeslikste kerm en kreun geluide.
Gerda soek waansinnig rond, kry ʼn klip en slaan die venster flenters. Deur die diefwering skuif sy die gordyne opsy en sien.
Sy begin waansinnig skree en ruk en pluk aan die staal diefwering terwyl Johnny se laaste kerm en kreune in die kamer wegsterf.
Magteloos kyk sy toe na die miljoene swart miere wat Johnny se rukkende liggaam toepak en by alle liggaamsholtes in en uit stroom, al vretende.

Willie F van Tonder
2012/03/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gerda
Woorde het krag, of hoe? Toe gebeur dit nes sy voorspel het. Lekker storie.
7 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


Gerda
liewe hemel maar dis goed geskryf ek was nou so angstig oor die Johnny, shame nee man kon sy hom nie maar gered het nie..... eks 'n visuele mens Sneeuwolf daai miere oe nee dis erg shame.... dankie die andrenalien het nou gepomp hoor hahahah
7 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar