Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wee jy , wat se operasie skoene aantrek vir ‘n pokkelpensie soos ek is ?
As ek die dag moet skoen, dan raak alles sommer blou, nie so ‘n sawwe mooi poeierblou nie ,nee ‘n donker onheilspellende donder blou. Die dag verloor sommer sy glans, die funksie of anner rede vir die skoenery word verwens en gepekel en my gemoed is in syse maai in.

Van kleinse tyd af was ek die een wat nie skoene gedra het nie , ek was die een wie se hemp altyd uitgehang het en ek was die een wie se kortbroek altyd skeef gesit het of besig was om na benede te neig , amper asof hy bebollie is.
Pa het geraas, Ma het gepleit en ek het probeer ,maar twee minute na ek getooi was , was iets of skeef of sommer net weg.
Familie kiekies word gekenmerk deur almal wat gedress is en dan ek , wat so agter almal wegkruip, want ek is mos eintlik ‘n skaam mens . Die anner ding wat uitgestaan het op ‘n foto was almal wat smaail soos die see en ek wat my een oog toeknyp vir die son, snaaks die ogie wat toeknyp was ook altyd aan dieselle kant as wat die broek skeef gehang het. Ons het dit maar altyd toegeskryf aan die hogere hoeveelheid Mediteriaanse bloed in my konsitusie.

So word ek groter en had ek nie ‘n keuse of ek wil skoen of nie , maar die eerste geleentheid wat opduik was skoen en sy maat net ‘n nagedagtenis.
Ek dink die grootste marteling in my hele lewe was daai twee jaar wat ek vir oom PW moes werk . Verstaan my mooi, ek het absoluut niks teen blink skoene of boetse nie , maar om elke dag daai boetse te moet vasryg tot hier skuins onner die belt was nie geskik vir my brose konsitusie nie . Maar nou ja, ek heb geen gesag , dus moes ek doen soos beveel. Heeldag opgetof in ‘n hemp en broek wat so dik is soos ouma se karringmelk en dan mag jy ook nie eers bietjie sweet nie, want dan is jy ‘n sissie . Alhoewel ek geen affiniteit vir daai swart Lugmag boetse gehad het nie , het hulle geblink en was hulle veel hoger op my ranglys van aanbevole klere as daai stjoepid keppie wat ons moes dra. Kyk , as ‘n man ‘n baret dra kan hy dit met waardigheid doen, selfs daai kepse wat die Poelieste dra verleen ‘n form van gesag en daai keppies wat die nurste so met knippies moet vassteek , maak sekere hormone in my wakker en kan maklik lei tot anner gedagtes , maar daai sielboot stukkie ding wat ons moes dra, was niks anders as ‘n verleentheid vir enige man met rooi bloed in sy are nie.

Op universiteit het ek vinnig ‘n gepaste bynaam gekry naamlik Koos Plak, want winter of sommer, reen of sonskyn ,klasdraf of huiskomitee vergadering , sokkie of saam met pelle filosofeer , my voete was altyd in plakkies. Ek het een stel gedra dat sy agterkant skoon weggeraak het en my voete het gelyk soos ‘n ou wat smaail sonner sy keffie tanne.

Vandag kan ek nog steeds nie die alewige skoenery verduur nie , net soos ek nie kan vertaan hoekom mans in hierdie mooie sonskyn land van ons elke dag ‘n pakkie soet en taai aantrek nie . Die hele tyd vrek hulle van die hitte , maar alles is toe soos ‘n ou tjestidie belt.
Vandag dra ek plakkies of Crocs ,nie om ‘n stytment te maak nie , maar omdat dit gerieflik is. Partykeer het my plestiek skoentjies my al lelik in die steek gelaat, soos daai oggende wat ek uitstrompel en in ‘n doring so lank soos die lewe self trap , dan steek daai doring hier tot diep in myse vlees in, dit voel of hy myse are besit van neem. Dan ook daai kere wat ek in die tonnels loop en my plestiek skoentjies gly soos snot onder my uit , want hulle laaik nie die nat modder of plestiek op die grond nie.
Swaer, weet jy hoe dit voel om so sonner waarskuwing en vangnet na benede te tuimel en dan op ‘n klomp kaktusse te val . Daai goete het mos geen genade nie en deel makliker dorings uit as wat ‘n perdeby steek. Vir dae , weke en maande het ek geloop en gesit soos iemand wat bang is vir sy eie skaduwee totdat al daai dorinkies hulleself uit my lyf gewerk het .

Die vrou is natuurlik uit ‘n ander stuk hout gesny, dalk nie eers hout nie , dalk leer of iets dergliks . Kyk, die vrou laat haar makliker verlei deur ‘n paar mooi skoene as ou Tier van golf deur ‘n antie met los sedes en geen klere.
Sy sal haar hele koningkryk verpand vir skoene , gelukkig het sy nie ‘n koningkryk nie anners het al haar onderdane in dose gebly.
As dit tyd is vir optooi, vat die uitsoek vir geskikte of is dit gepaste skoen amper net so lank as om met daai inkleur potlode die gesiggie te bevlek.
Skoene is daar vir gemak, gerief, ongerief, werk kerk, huis, tuin en uitgaan. Sy is amper so erg soos daai antie van een of ander land wie se man ontdinges is .
Kerkskoene is nie geskik vir werk nie en huisskoene en tuinskoene is ok nie dieselle nie. Groenskoene word nie by geel gedra nie en swart skoene is net vir uitgaan. Shym, die swart skoentjies groei al hare .

Gelukkig vir die vrou het sy ‘n suster wat se rykdom strek sover as die oog nie kan sien en die oor nie kan hoor nie. Die suster koop vir elke geleentheid en verleentheid ‘n nuwe paar skoene en dan word alle skoene en klere met ander woorde die die gadrobe, ook elke seisoen vervang en die oue moet plek maak vir die nuwe. Gelukkig is sy heel mededeelsaam en word klere wat moontlik sal pas en al die skoene dan gesirkuleer in die famlie. Die vrou kry gewoonlik eerste debs en wat sy nie wil of kan vat nie , word dan verder aangepaas.
So sit die vrou dan met skoene vir elke dag van die week en in my kas word daar darem spasie gehou vir my plestiekskoentjies, een paar slippers en my bruin boetse.

Maar ek is gelukkig , want van al daai skoene in haar arsenal pas sommige nie, terwyl my plestiek skoene om my voete vou soos ‘n liefdes kombersie.

Daarom se ek as die skoen jou pas , go for it.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar