lank lank gelede
in baarmoeder gewag
vir my eie geboortedag
tien tone tien vingers
oë neus en ore
hoe ma en pa sou lyk
watter taal ek sou hoor
wat my naam sal wees
broers en susters ontmoet
oupas en oumas gegroet
tannies en ooms
neefs en niggies
angstig verskyn
my landing te refrein
lank lank gelede na lange wag
ontdek ek lig en eerste dag
word forseer om tepel te suig
veroorsaak papnat doek
lewe begin om antwoorde te soek
lank lank gelede na eerste dag
lank gewag en ure se slaap
moeder se soene op my lyf en mond
soetste woorde van liefde
goue woorde in morestond
lank lank gelede
eers kruip, dan selfgeloop
lewe bestaan uit koop en verkoop
liewe jesus en valse hoop gekry
om verniet iewers in die hemel te bly
lank lank gelede begin werklike dag
skool en huiswerk en speel
kinders kaskenades en dogters
iets wat my nooit sal verveel
was dalk net eens te veel
lank lank na gewag
kom sy met bruidsgedrag
my hart te steel om lewe te begin
soete liefde in gesange gesing
wonderlike ure deur te bring
lank lank gelede loop dinge skeef
gesukkel om hier te oorleef
sondes en skandes bring skades
duiwel kry aarde om te heers
hoop op hemel nuwe sin vir oorbegin
lank lank gelede in eie kis
lewe verby in dooierus
begin laaste wag
vir opstandingskrag
se lewe in geboortedag
lang gewag
wag vir laaste wag
nagwaak vir eerstedag
wag op YAH wat kom
hemel se wag op kinderprag
opgedra halleluyah wat wag
Lees ander kortverhale deur spookskrywer
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae