Kortverhale

Titel: Genade
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis nou al dae, selfs weke dat hy so doelloos rondhang. Ja, hy hang, want as hy sit of le sal hy slaap en dit wil en mag hy nie.
Nee, veel eerder net rond hang , dan pla hy niemand nie en niemand pla hom nie.

Iemand het op ‘n keer in ‘n gedig of geskrif gese “Slaap is ‘n wonderskone ding.” En tot so maand of wat terug kon hy hom heelhartig met daardie stelling vereenselwig . Slaap was vir hom die einde van ‘n dag se arbeid en die begin van ‘n nuwe dag. Om te slaap was om te lewe , te lewe soos in ‘n spanningsverhaal. Wanneer hy in die oggend op gestaan het, was hy verfris en kon hy nie wag om die dag vars en met afwagting in die oe te kyk nie. Saans as hy klaar gewerk het en klaar met sy HERE gepraat het, ja, hy en sy HERE het gepraat, eintlik gesels , hy was so naby aan sy HERE dat hy kon hoor wat sy SKEPPER vir hom se.
Wanneer hy dan klaar met daardie kuiertjie was, het hy hom met genoegdoening in sy bed neer gevlei en met verwagting sy oe gesluit en sommer onmiddelik weggevoer geraak. Drome was sy nag vriende en hy kon sonder om moeg te word met sy drome kuier. Nooit het hy iets gedroom wat hom ontstel het nie , nee, sy drome was ‘n verlenging van sy dag of ‘n voorbereiding vir iets nuuts . Hy kon al sy drome onthou , want dit was soos kuier.

Slaap was sy mater en vertroueling , tot daardie verskriklike dag , nou wil hy nie meer slaap nie , want sy nagtelike vriende is nie meer daar nie . Nare drome het sy vriende vervang, drome waarin goeters gebeur wat hy vir niemand durf vertel nie.

Maar afgesien van sy slapeloosheid , is hy bang, eintlik vrek bang. As die deurklokkie lui wip hy soos hy skrik en dan sit hy vir etlike sekondes , partykeer vir minute , te lam en bang om te beweeg . Hy wil partykeer by die loergaatjie gaan loer, maar dis te gevaarlik, se nou net een van hulle kyk terug.
Sy landlyn het hy uitgeprop, want hy kan nie sien wie hom bel nie. Sy selfoon is op sag gestel sodat hy die ding nie kan hoor nie . Hy bel slegs terug as dit sy Pa, Ma of Baas is.

Sy baas verstaan, want toe hy , sy baas na daardie dag gebel het , het die onmiddelik gese hy mag maar van die huis af werk. Sy baas is eintlik ‘n goeie mens , sy baas verstaan as iemand ‘n probleem het , al is die probleem nie so groot soos sy probleem nie, maar sy baas verstaan . Sy baas is eintlik oraait.

Sy Pa is ‘n perd van ‘n ander kleur. Sy Pa se hy moet opstaan en die lewe vierkantig in die oe kyk. Sy Pa se dis net lafaards en sawwe mannetjies wat te sleg of te lui is om die lewe vierkantig in die oe te kyk. Sy Pa is kwaad vir hom , want sy Pa se hy is ;n swakkeling en sy Pa het hom nie so groot gemaak nie . Sy Pa het laaskeer vir hom gese” Kyk noord en f@# voort .” Sy Pa verstaan nie . Hy dink nie hy hou baie van sy Pa nie.

Sy Ma is ‘n neurotiese entjie mens. Sy Ma se hy moet oppas , want die lewe is wreed . Sy Ma se sy is jammer , maar sy kan hom nie help nie ,want sy het haar eie demone wat haar jaag. Sy Ma huil altyd as hy met haar praat en dan voel hy sleg. Hy kan nie sy probleem , met sy Ma bespreek nie want sy is ‘n patetiese bondeltjie iets.
Sy Ma se sy verstaan , maar hy weet sy is te dom om te verstaan. Sy Ma maak hom naar.

Hy wens hy was ‘n sterker mens, ‘n beter mens . Dalk sou dit gehelp het as hy ‘n groot , sterk , fris man was, maar nou is hy nie . Hy het nie eers plekke waar ander ouens spiere het nie. Dalk sou dit help as hy goeie oe gehad het, dan kon hy probleme van ver af sien , maar nou het hy sulke poep ogies wat sukkel om deur siy dik bril te sien.

Hy wens hy weet wanneer het sy SKEPPER besluit hy is te pateties om hom nog lief te he , want as sy SKEPPER aan sy kant was , dan kon hy die lewe dalk hanteer het.
Sy gewete begin hom aan te kla en hy besef, dis hy wat opgehou het om te bid. Sy Bybel le en stof vergader, want sedert daardie dag het hy nog nooit weer sy Bybel oopgemaak nie . Hierdie wete skok hom tot stilstand en hy staan soos iemand wat fisies gebrekkig is , hy kan nie beweeg nie .

Na ‘n ruk is die skok verby en hy begin naarstiglik in sy bedkassie se laai soek na sy ou geliefde Bybel , maar dis nie daar nie . Hy gaan sit verslae op sy bed en beloer sy kamer met groot oe.
Skielik sien hy sy Bybel , oopgeflerts teen die muur en vloer waar hy dit laas gegooi het , na daardie verskriklike dag .

Skaam-skaam staan hy nader en tel die verslete Bybel op en druk die boek styf teen sy bors vas. Trane biggel oor sy wange en hy staan en wieg met die Bybel teen sy bors .
Hy strompel bed toe en gaan kniel langs sy bed , hy maak sy Bybel oop en die eerste woorde wat sy oog vang is” ..en SY GENADE is vir jou genoeg.”
Stamelend begin hy bid ,trane loop oor sy wange en in sy mond in ,maar hy gee nie om nie.
Terwyl hy met sy nuutgevonde SKEPPER praat , verdwyn die donker en voel sy hart asof dit wat daarop druk ,wegsmelt. Hy bid al hou harder en later begin hy sing en hoe harder hy bid en sing hoe meer vind hy berusting.

Teen die vroee oggend ure maak hy sy oe behaaglik toe en verwelkom sy nag vriende hom met ope arms.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Genade
Dis net ondervinding wat mens so iets laat skryf. Ek beleef dit elke dag. dan druk ek my Bybel styf teen my vas en se: "Here vergewe my, want ek is 'n sondaar."

Goeie ware vertelling.
7 jaar 7 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud



n Vergane Era

deur neels claasen

n boek met verhale en staaltjies uit die skrywer se eie eie spoorwegloopbaan



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar