Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Ek weet nie.” sê sy. “Ons is klaar terug waar ons begin het.”
Ek kyk hulpeloos rond. Dis nie sommer net so wat ek paniek kan ervaar nie, maar vandag is die eerste keer.
“Ons het alles onder beheer gehad, het ons nie?”. Hy praat asof hy oppad is om te huil.
“Ons het, maar êrens het ons weer ‘n verkeerde draai gemaak.” Sy klink kwaad. “En jy weet dis JOU skuld!”
Die beskuldiging tref my hart, dit ruk alles uitmekaar uit. Dit is my skuld. My besluite het ons hierheen gelei.
“Wat gaan ons nou doen?”
“Seker maar wag vir die ander?”
“Teen die tyd wat hulle hier aankom is dit te laat.”
“Miskien moet ons weer teruggaan op ons ou roete?”
“Ja? En kyk wat het dit vir ons in die sak gebring?”
Ek staan weg. Ek moet dink. Ek moet voel. Ek moet weet.
“Dit help nie jy onttrek nou nie, jy is reeds hierin gedompel. Dis nou te laat.” Dis hy. Die een wat nie van lig hou nie. Hy is deel van ons groep, maar sy insette is min.
“Ek reken ons moet wel teruggaan. Miskien vind ons die regte draai.”
Die ander twee lag hardop. “Jy IS mal!”
“Ons al nooit ons fout agterkom nie.”
Ek gaan sit ne dink so bietjie. “Miskien is dit tog beter dat ons ons spore herroep. Dit sal ons darem ‘n rigting gee.”
Die gil van haar af stuur ‘n koue rilling teen my ruggraat af. Sy is ‘n bedorwe brokkie. Sy kry altyd alles wat sy wil hê. En soos ek haar ken gaan hierdie vloermoer lank hou. Ek staan op en begin loop. Hulle volg my. Soos ons aanstap probeer ek al die belangrike landmerke en bekende punte herroep. Dit bly vaag. Miskien het een van hulle iets onthou.
“Kan julle iets onthou?”
Hy praat weer hier naby my.
“Ons was al hier. Ek kan dit onthou soos gister.” Sy sadistiese lag laat my kriewel. Ek weet hy speel weer met ons almal. Ek skrik. Sonder waarskuwingh is daar iemand anders langs ons.
“Ek was bang, so ek hier vir julle gewag.”
Sy is beeldskoon, mooier as wat ek gedink het. Maar haar oë maak my bang. Dis verwilderd, groot, chaoties. Ons stap verder teen die paadjie op. Na ‘n voorstel het ons besluit ons moet die hoogste grond bereik. Dalk sal ons van daar af die regte pad sien. Bo-op die heuwel sien ek ‘n bekende gesig.
“Ek het nogal gereken ek sal jou hier bo kry.”
Met ‘n glimlag kyk hy na my en knik sy kop. Hy is die een in die groep wat altyd min woorde gehad het, maar niemand kon stry met sy logika nie.

Dis nou al ‘n paar jaar wat die groep saam bly, saam oorleef. Nie uit keuse uit nie egter. Dit is as gevolg van druk. En oorlewing. Die wêreld het ‘n koue plek geword en ons is gedwing om verskille opsy te skuif om te oorleef. Hierdie wêreld het ons almal geknak. Party van ons gebreek. Maar ons het oorleef. Dis egter erger nou, hierdie oomblik wat ons die pad soek.

Hy het die beste roete gekry. Ons stap stadig agter hom aan. Metens is ons in ‘n donker tonnel. Die lig wat aan die anderkant inskyn, lyk wasig. Die reuk van water prikkel my neus. Daar moet iewers water wees. ‘n Skaarste in hierdie tye. Ek kyk vinnig om my. Die ander het dit ook geruik. Hulle weet dis goud werd. Maar algaande loop hulle stadiger. Die gevaar wat in hulle gedagtes speel, speel ook in myne. ‘n Bron van water beteken ‘n lokval, mededingers. Ek mloet leiding neem.
“Kom ons wag vir ‘n oomblik hier.” Hulle hoor my nie.
Skielik is ek voor. Juis die plek waar ek nie wil wees nie. Ek probeer keer, maar soos een man kom almal se stemme: “Gaan!”
Met die word ek in die lig ingestoot. My oë vind dit moeilik om aan te pas. Wat ek wel weet is dat waar ek ‘n oomblik gelede op vaste grond gestaan het, is daar skielik niks. Ek ruik weer die water, maar ek sien niks nie. Die wêreld het om my begin draai. Dis erger as daardie val-drome, want ek val regtig. En dit voel of dit ‘n ewigheid gaan aanhou. Soos my lyf tol en draai kan ek hulle sporadies hoor. Eers klink dit onduidelik, maar skielik kan ek sin maak daarvan. Hulle lag. Hulle lag nie net nie. Nee, hulle juig. Is ek dan so groot las op hulle gewees? Duisende beelde en vrae flits deur my kop. Gaan ek dit voel as ek tref? Die beeld van ‘n strokiesprentkarakter wat die grond tref, flits verby my oë. Hoe lank nog? Gaan ek dit kan oorleef? Hoekom lag hulle? Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom moes ek juis daardie afdraaipaadjie gekies het? In daardie millisekonde tref dit my harder as wat ek dink die water my sou tref. Waar is God? Het Hy my verlaat? Het Hy my laat val? Dit is Sy skuld dat ek hier sit! Hy het my in hierdie gemors gekry! Dit is Hy wat die wêreld so omgekrap het!

Skielik is daar ‘n kleurlose massa voor my. So dis defi nitief die einde. Ek het tot nou toe oorleef. Miskien is een persoon minder in hierdie ongoddelike wêreld nie so groot probleem nie. Dis dalk beter so vir my. Vir almal…Vir die wêreld. Ek bring my hande stadig op na my gesig toe. Dis die einde. Die water tref my soos ‘n sementblok…

Ek staan en kyk terug na die persoon in die spieël. Die lewe, die vonkel, is skielik terug in sy oë. Dis iets wat ek jare laas gesien het. Die persoon in die spieël trek sy mondhoeke ‘n bietjie skeef. Dit lyk asof hy wil glimlag. Dan begin ons beide uitbundig te lag. En aanhoudend. Ek lag so hard vir hom en hy vir my dat ek naderhand op die teëlvloer sit in die badkamer. Ek stut my rug teen die muur. Die glimlag bly egter op my gesig, asof dit aangeplak is. Ek dink weer aan die water. Daardie oomblik voor ek dit getref het. Ek kan dit nie keer toe ek my hande omdraai en oplig na bo nie. Ek kan dit nie keer toe die woorde by my mond begin uitstroom nie.
“Dankie my Vader. Dankie vir redding. Dankie vir aanvaarding. Dankie dat U my nooit gelos het nie. Dankie dat U my nooit verlaat het nie. Ek is jammer oor dit wat ek al gedoen het in my lewe. Ek is meer jammer dat ek U blameer het daarvoor. U is Almagtig. U het onvoorwaardelik lief. U het…U het…” Op hierdie oomblik vloei trane soos watervalle uit my oë uit. Elke druppel wat op die grond val, ‘n druppel spyt oor my lewe. Die besluite wat ek geneem het. Maar elke druppel wat val maak plek vir ‘n druppel genade. ‘n Druppel van God se Liefde. “Dankie.” Dis al wat ek oor my lippe kry voordat ek meegevoer raak, hierdie keer deur God.
Die laaste ding wat ek gesien het voor ek die water getref het, speel weer in my kop. ‘n Man, vasgespyker aan ‘n kruis, ‘n doringkroon op Sy voorkop. Die feit dat Hy my op die naam geroep het. Sy laaste woorde: “Ek het jou lief, daarom is jy vrygemaak.” Toe ek wakker word, rus ek. Ek het finaal vrede. Ek weet “hulle” sal my nooit weer oorneem nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar