Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was geen besonderse dag in Worcester nie. Die wind het soos gewoonlik gewaai en die lug was grys. Diana het soos altyd haar motor voor die ou staats kantoor geparkeer. Die jong man wat oorkant die straat bly, het vriendelik gegroet en sy stomende koppie koffie omhoog gehou.
“ Goeie môre, Marius. Hoe heerlik lyk jou koffie.” Het Diana oudergewoonte gegroet en laggend haar aktetas by die klein motortjie se kattebak uitgehaal.
“Kom binne, dan maak ek vir jou.” Het die krulkop mannetjie met die bril vriendelik genooi, soos elke oggend. Op hierdie gewone oggend, het iets binne Diana haar laat besluit om sy uitnodiging te aanvaar en sy het op haar gemak by die ou skakelhuis ingestap.
Die huis was warm binne en in die sitkamer het ‘n kaggelvuur gebrand. Sy kon haar verkyk aan die eenvoud. ‘n Deurgesitte rusbank en ‘n koffietafeltjie wat defnitief al beter dae gesien het is al wat in die sitkamer gestaan het.
“Kom deur kombuis toe. Ek het ‘n lekker pot pap op die stoof.” Marius se stem was diep en rustig .
Diana het versigtig op die lendelam stoel langs die tafel gaan sit. “Weet jy, Marius. Ons groet mekaar nou al drie jaar elke oggend, maar eintlik weet ons niks van mekaar nie.” Sy het haar kuif uit haar oë gevee en 'n sluk van die soet koffie geneem wat Marius voor haar neergesit het.
“Jy weet dalk niks van my nie, Juffrou Potgieter, maar ek weet genoeg van jou.” Sy grys oë het geterg en hy het oorkant haar by die tafel gaan sit.
“ O, en wat weet jy nogal van my, Meneer... Wat’s jou van?”
“Jy werk by die binnelandse sake, en bestuur ‘n klein rooi motortjie. Jou gunsteling kleur is geel en jy koop elke oggend vir jou ‘n toebroodjie by die plek om die hoek.” Sy gesig was ernstig.
“Jy weet verbasend baie van my. Ek dink dit is tyd dat ek bietjie meer van jou uitvind. Wat is jou beroep en waarom stel jy so plegtig belang in wat ek doen elke dag?” Sy het haar kuif uit haar oë gevee en angstig gewag op die man se antwoord. “ Beplan jy dalk iets onheiligs?”
“Met so ‘n mooi meisie soos jy... Dalk.” Hy het speels geknipoog en opgestaan om die pruttende pap van die stoof af te haal. “Kan ek vir jou bietjie pap aanbied?”
“Dit sal lekker wees, dankie.” Sy het die bakkie by hom aangevat. “So, wat beplan jy nogal?”
“Ken jy die grappie van die ingeneur wie se vrou hom winkel toe gestuur het?”
“Nee?”
“Die ingeneur se vrou het hom een aand winkel toe gestuur. Sy sê toe hy moet ‘n bottel melk koop en as hulle eiers het moet hy ses kry. Die ingeneur is toe daar weg en kom ‘n ruk later terug met ses bottels melk. ‘Wat op aarde is die?’ wil sy vrou toe woedend weet. Hy antwoord haar toe ewe dat hulle wel eiers gehad het.” Marius het ‘n flou laggie gegee en gekug.

“My pa was ‘n ingeneur.” Diana het skielik kenmerke van haar pa in Marius gesien. Sy het haar oë gevryf en hoendervleis het stadig teen haar rug afgekruip.
“Was?” het Marius gevra en vraend na die blondekop vrou gekyk.
“Ja, hy...” Ewe skielik kon sy nie die woorde uitkry nie. Dit het gevoel asof sy wurg. ‘n Traan het teen haar wang afgerol en sy kon die soutigheid in haar mond proe.
Marius het simpatiek sy arm om haar skouer gesit. Sy stem was soet en strelend. “Jammer, meisie...”
“Hy was my enigste familie. My ma - sy het weggeloop toe ek nog baie klein was. My boetie was nog ‘n pap baba. Sy’t hom saam geneem. My pa was maar altyd my rots en vesting.” Diana het sag gesnik en die laaste bietjie koffie uit die beker gesluk.
“My pa is ook onlangs oorlede. Ek weet dis nie maklik nie.” Hy het opgestaan en sy sakdoek vir haar aangebied.
“Dankie, Marius. Jy is ‘n goeie mens.” Diana het hom hartlik bedank vir die koffie en pap, haar aktetas opgetel en stadig deur toe begin stap.
Sy het in die voordeur vasgesteek toe sy Marius se sagte stem hoor: “Diana, ek skuld jou nog ‘n antwoord. My van is Potgieter.”




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar