Kortverhale

Titel: Die Begin
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

wat soos ‘n diamant blink
hang silwer druppels
aan elke takkie blink
in die oggendson

lyk dit soos ‘n sprokiesland
met doudruppels wat weerkaats
op elke doringdraad
en grassaadjie

soos die oggendson sy kop lig
verdamp elke druppel
vorm silwer randjies
op droeë takkies
en gladde blink drade

verander ‘n koel oggendluggie
in ‘n warm sondeurdrenkte dag
met sweet wat op aangesig
begin vorm aanneem

dankbaar as die aandskemer
oor berg en dal neerdaal
sak ons saam in mekaar se arms
neer op sagte mat van gras

saam wag ons vir die aanster
kyk ons na die maan se opkoms
wens ons ‘n wens
met die skiet van ster.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Begin
. . . ek sien jul op die gras le, ek sien deur jou oe, die aandster, die maan en ek sien jou pragtige woorde van n lieflike gedig . . . en ek se dankie, dis puik verwoord.
6 jaar 1 maand 1 dag 8 ure oud


Begin.
Pragtig Ans. So romanties.
6 jaar 1 maand 1 dag 20 ure oud


begin
pragtig verwoord!!! klink soos n sprokiesland
6 jaar 1 maand 2 dae 4 ure oud


die begin
Pragtige werkie Ans, so heerlik romanties. Ons waardeer nie altyd wat die natuur ons bied nie
6 jaar 1 maand 5 dae 10 ure oud



Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar