Kortverhale

Titel: Weer
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het gewonder toe die weer nou skielik so koud begin wore en ek die houtjies vir die ou Queen Ann houtstofie buite in die kissie pak vir die aand se vuurtjie, waar gaan die kaboutertjies en die veetjies hulle huisie vir hierdie winter maak. Sal hulle ook darem ‘n ou vuurjie of kaggeltjie he waar hulle die ou jeugjare se beserings so ‘n bietjie kan verwarm as die weer so koud is.

Groot ekskuus tog dat ek nou nie verduidelik dat ek een van daardie min grootmens kinders is wat nog steeds glo in kabouters en veetjies. Mens kan hulle nie sien nie omdat hulle mikroskopies klein is. En ja, as ek in die tuin werk gesels ek nog steeds met hulle.
Seker daarom dat ek nog nooit nodig gehad het om op ‘n bank agteroor te gaan le en my probleme met ‘n sielkundige te staan en bespreek nie. Hulle se as die weer so koud is maak die sielkundiges baie geld, want dan ly almal skielik aan depressie. Het ook nie die geld daarvoor nie. Verstaan hulle vra nogal ‘n aardige bedraggie vir so ‘n geselsie.

Sien toe ek kind was kon ek ure met hulle gesels daar in die groot ou akkerbos op die plaas. Dis nou die kabouterjies en veetjies. Ek het dan stelling ingeneem in die uitgeholde stam van my ou geliefde akkerboom daar naby die watervalletjie van die bergstroom wat deur die akkerbos loop. Die stam was so gerieflik uitgehol soos ‘n wafferse leunstoel se rugleuning. Ek kon ure ook net daar stil sit en luister na die waterval, die voelgesang en duiwe se gekoer en roep in die bos. Somtyds het ek my verbeel ek hoor die kabouters en veetjies met mekaar kommunikeer met hulle eiesoortige taal, of miskien was dit net die bos geluide wat ek gehoor het. Wie sal nou eintlik weet.

Ek het nooit 'n kabouter of veetjies gesien of duidelik gehoor nie, maar geweet hulle is daar en hulle is so besig met hulle takies dat hulle nooit tyd kry om terug te gesels nie. Hulle het wel aandagtig geluister as ek hulle hardop ‘n storie vertel of sommer oor die alledaagse dinge van ‘n kind se lief en leed vertel het. Hulle het my problem goed verstaan het ek geglo.

Die stadsmense van vandag se kinders glo nie daaraan om met kabouters en veetjies te gesels nie. Nee hulle sal my seker uitlag. Nee , as hulle nodig het om met iemand te gesels oor hulle probleme word ‘n kliniese sielkundige ten duurste gehuur sodat die kind hul probleme met die persoon bespreek wat ook gewoonlik net sit en luister en miskien so af en toe ‘n vraag vra net om te wys hulle stel belang in die kind se storie of dat hulle darem nog wakker is en nie aan die slaap geraak het nie. Somtyds word daar ook nog een of ander drug voorgeskryf om die kind te help cope met sy probleem.

Ja dit voel vir my so asof die weer hierdie jaar sommer skielik gaan toeslaan en ons onverwags gaan vang. Miskien is dit maar die ouderdom wat mens so stilletjies bekruip en dan kom al die ou pyne en skete wat jy in jou jeugjare opgedoen het skielik na vore.

Veral daardie ou knieg wat ek seergemaak het toe ek kalwers gery het in die kawelwerhok en ek dit gewaag het om daardie parmantige ou bulletjie wat al begin horings kry het te ry. Wou so ‘n bietjie shine vang sien. Ai dit was lekker, maar toe hy na ‘n rukkie met een bokspring my in die lug op gooi en my knieg eerste grond vat presies daar waar die enigste klip in die beeskraal le en ek met die sykant van my bakkies in so ‘n sagte hoop vars beesmis val was alles nie meer so aangenaam nie. Veral nie toe die bure se drie dogters en die plaaswerkers se kinders almal die petalje op ‘n veilige afstand van agter die kraalmuur staan en dophou. Die indruk wat ek graag op die middelste dogter wou maak het saam met my aan skerwe geval in die hoop beesmis. Hulle onophoudelike gelag het so hard opgeklink dat dit oor die hele werf weergalm het.
Wel gelukkig darem nie almal se gelag nie. Die middelste dogter het seker ook ‘n sagte plekkie vir my gehad. Sy het darem nie gelag nie en oor die muur gespring om my te hulp te snel. Kan nog onthou hoe bekommerd sy oor my knieg was en dit het darem gehelp vir die fisiese pyn, asook geestelike pyn, maar vandag op my oudag wanneer die weer so koud is help nie eens daardie gedagtes die pyn nie. Nee sal maar ‘n ou vuurjie aanslaan as teenvoeter vir die pyne van die koue weer en vir die kabouterjies en veetjies vertel van my pyn in die rug en been as die weer so koud is.

Ek weet die kaboutertjies en veetjies sal elke keer weer luister na my pyne. Wel een geluk is dat met die grysheid kom wysheid en ‘n kalf se rug sien my nooit weer nie.
11/05/2014
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

weer
het heerlik gelees en verdwaal in jou kabouter en feetjie drome.. ja Schatz ek glo ook nog aan hulle... wat sal die ou lewe wees as daar geen fantasie is om oor te droom nie?
5 jaar 4 maande 5 dae oud


weer
Ek voel weer soos n klein dogtertjie en dankie vir jou pragtige skrywe. Ek het dit terdeë genet. Dankie
5 jaar 4 maande 1 week 3 dae 9 ure oud


Ano
Weer
whahaha. Wel, dis jammer daardie feetjies en kabouters kon nie die miskoek vinnig genoeg uit die pad rol nie! Hoekom is ander se glipse tog so geweldig snaaks? As jy mooi luister sal jy my lag vanuit daardie knetterende vuurtje kan hoor...
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 8 ure oud


weer
Kalwers ry eish nou vat jy my ver terug. daar op Valsrivier het my n paar koeie gehad en moes ek die koeie altyd in die middag gaan haal. ek het so n tollie ghad wat so mak soos n lam was en hy was my ryperd
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 20 ure oud



Botes Stamregister en Kwartierstaat

deur Willie Botes

Genealogiese kwartierstaat oor die Botes familie. Ander vanne sluit in Oosthuizen, Botha, Putter, Du Preez en Shafer



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar