Kortverhale

Titel: Stort
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek skrik wakker uit my nagmerrie, die kombuis rondom my is doodstil, ek hoor nie eers iemand asemhaal of ‘n kriek raas nie. Ek kyk rondom my rond om te sien of ek Adriaan kan sien, hy lê nie op die matras waar hy vroeër was nie. Ek staan op en maak die kombuis deur saggies oop, ek het nodig om net klein bietjie te gaan asemskep.

Ek is effens omkant gevang deur die prentjie wat my begroet, maar ek staan vasgenael en kyk. Die maan se lig weerkaats glinsterend oor sy nat lyf terwyl hy die dag se hitte en sweet onder die buite stort af spoel. Ek is heeltemal gehipnotiseer deur hoe die waterdruppels oor sy goed gevormde rug afloop, my oë volg die paadjie langs sy ruggraat af tot waar van die druppels by die begin van sy stuitjie bymekaar kom, dit vorm ‘n dun straaltjie wat tussen sy mooi gespierde boude deurloop. Van die ander druppels vorm straaltjies teen die buite kante van boude en bene verby. Ek byt my onderlip liggies vas en leuen so half teen die deurkosyn om my balans terug te probeer kry, skaamteloos bewonder ek sy skouers en sy arms. Mooi bly darem maar mooi, en die man is perfek aanmekaar gesit. Ek laat my gedagtes en my oë oor sy lyf dwaal, sy sterk atletiese bene, die definiese van sy gespierde lyf, sy vingers wat hy deur sy nat donker hare trek...

Adriaan draai skielik om en kyk my vas in my oë, ek snak na my asem.
“Wat, het jy nog nooit ‘n kaal man gesien nie juffrou?”
Ek skrik myself skoon boeglam toe ek sy stem hoor. Daar is ‘n speelse stoute trek op sy gesig, lyk of hy die dilemma geniet! Deksels, vir wat het ek nie net omgedraai en terug en die kooi geklim toe ek moes nie? Gelukkig kan hy nie in die maanlig sien dat ek nou bloedrooi bloos nie.
“Ek ... uhmm.. ek is jammer..” stammel ek oor my woorde.
“Ek wou net bietjie asem kom skep het...” probeer ek verduidelik.
Wonderlik! Nou dink die man ek is ‘n totale bakvissie ook nog. Hy tel sy handoek op en draai dit om sy nat lyf. Genugtig hy is aantreklik, my kniee swik so effens onder my toe ek omdraai en terug in die kombuis inloop....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hmmmmmm
Gedink die storie kan nie so kort eindig nie...
;-)
Goed geskryf dink ek. Ek sal die res van die storie graag wou lees.
4 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 23 ure oud


Storie
Hierdie is 'n kort stukkie uit 'n verhaal waaraan ek besig is om te skryf..
4 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 6 ure oud



Vader, vergeef

deur http://www.woes.co.za/

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar