Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vertrek was taamlik groot en wit geverf. Dit was vroeg aand en reeds donker buite, soos die begin van n droom. Liggies het van die dak gehang en die vertrek dofweg verlig. Die meubels in die kamer was oud, groot en afgesloof. Die gepoleerde lei-klip vloere het geblink met n helder glans.

Kleurvolle, blink tinsel het ooral gehang in strome kleur; rooi, groen, blou; silver en goud. N String plastiek perels het oor die vuurmaak plek gehang, en twee kerskaartjies het langs die televisie-stel gestaan. Die vertrek was vrolik met die versierings, en in die hoek het die kersboom gestaan, met akkers gestrooi rondom die voetstuk.

Die boom was omtrent sewe voet hoog, n bietjie hoër as n mens se kop. Die blare was n dowwe groen kleur, en liggies het flitsend geblink in pragtige kleure tussen die takkies. Hulle het aan-en-af geflits in helder multi-kleurige skakerings. Tussen die takke was nog kleurvolle tinsel en van die punte het wonderlike ronde balletjies gehang; silver en goud.

Op die bo-punt van die boom het n klein Kers-Vader onseker gebalanseer. Die boom was asemrowend om te aanskou, en het aan almal geluk en blydskap verskaf. Dit het n boodskap van vreugde met almal gedeel gedurende die kerstyd. Dit was groen en blink, en die klein ligges het vrolik ge-pols met lewe deur die donker aand. Dit was die boom van die huis.

En buite in die straat, deur die dun gordyne, kon enige verbyganger die kleur, warmte en geluk wat die boom uitstraal gewaar. Hy sou net vir homself glimlag, met die wete van n gelukkige kersfees daar binne in die klein huisie, en verder stap die straat af…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar