Kortverhale

Titel: Letsels
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Op my lyf.

Op my hart.

In my siel.

Aanvanklik was dit seer. Toe dit nog rou en oop was. Nou is dit slegs ‘n merk, ‘n herinnering aan iets wat eendag lank terug met my gebeur het. Sommiges is sigbaar, lê oop en bloot en kruis en dwars, elk met ‘n storie. Van dommigheid, van nooit kyk waar ek loop nie. Van die nuwe tipe oefening wat ek nou doen. Ek spog nou te lekker met bloukolle, met nuwes elke week. Skouers, sleutelbene, kniekoppe. Een word: trots. Want dis harde werk en ek dra dit as ‘n balkie kan jy maar sê. Het jy al gesien hoe kan ‘n springtou piets? Hoe vinniger/stadiger jy spring – m.a.w. jou tegniek is baie, baie belangrik - hoe groter die kans dat die hale gaan val.

Ander lê dieper, waar net jy daarvan bewus is. Net onder die oppervlak. Dit is juis daardie soort wat langer vat om te genees. Erger as ‘n skop op die maermerrie, is ‘n skop teen die hart. Iets wat die binnestes rou laat en kan laat bloei vir dae aan een, figuurlik.

“A scar does not form on the dying. A scar means I survived.” Chris Cleave.

Maar die beste ding van ‘n letsel, is dat jy onthou wat jy gedoen het om dit te veroorsaak, sonder om ooit weer dieselfde intensiteit van pyn te ervaar. Jy weet dit was hel seer, maar die presiese pyn voel jy nooit ooit weer nie.

Al wat oorbly is die les wat geleer is. Hopelik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Letsels
So baie letsels kom so ongevraagd aan gestap.
4 jaar 3 maande 4 dae 19 ure oud


Letsels
Goed gepen. Stem saam met Kiekies en Evelyn.
4 jaar 3 maande 5 dae 9 ure oud


letsels
Jou slot vat dit alles mooi saam, as mens onthou wat die pyn veroorsaak het en nie jou kop twee keer wil stamp, sal die letsels dowwer raak mettertyd. Goed gepen.
4 jaar 3 maande 6 dae 4 ure oud


Letsels
Is beslis so: 'n letsel is die teken van oorwinning!
Goed bedink!!
4 jaar 3 maande 6 dae 4 ure oud



Bothaville in the Second Anglo Boer War

deur Francis Gillieron

CHRONICLE OF BOTHAVILLE'S ROLE IN THE SECOND ANGLO-BOER WAR



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar