Kortverhale

Titel: Enkeling
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hy voel skielik vasgedruk agter die stuurwiel van sy motor. Hy besluit om die waarskuwingstekens langs die pad te ignoreer en draai sy motor se venster af. Dit help steeds nie en hy voel hoe die sweet hom aftap. Hy trek van die die pad af en bring sy voertuig onder ‘n boom tot stilstand. Hy klim uit en skielik voel hy sommer heelwat beter.

Dan word hy bewus van n aankomende rytuig . Toe dit naderkom besef hy dis n motorfiets met n syspan. Die bestuurder verminder spoed en trek ‘n paar tree voor sy voertuig ook van die pad af . Hy herken die persoon onmiddelik as’ n verkeersman aan die kleredrag. Hy is egter nog meer verbaas om te sien dis ‘n vrou toe sy die valhelm van haar kop afhaal en haar blonde hare n bietjie regskud. Sy plaas die valhelm op die sitplek en kom dan na sy kant toe aangestap. Lank en slank en nogal aantreklik, dink hy by himself. Dan bereik sy hom en draai geen doekies om oor waaroor dit eintlik gaan nie.

“ Meneer, u is nie veronderstel om u voertuig te verlaat op hierdie roete of ‘n venster van u voertuig af te draai nie. Dis alles net vir u eie veiligheid.”

“ En as ek weier,wat dan!”

“ Wel daar is altyd raad met ongehoorsame mense . Ek gee jou ‘n kaartjie.”

Hy is nog glad nie tevrede met die situasie nie en vra haar toe
.
“Nou hoe kan jy hier rondry op ‘n oop rytuig sonder enige beskerming en ek moet reëls en regulasies gehoorsaam.”

“Meneer ek ken die wilde gevaarlike diere hier rond en hulle ken my . Doen net soos ek sê en klim in jou voertuig en maak die venster toe .”

Terwyl hy inklim vang sy oog ‘n beweging agter haar aan die oorkant van die pad .Dan kom ‘n yslike Leeumannetjie in hulle rigting aangestap
.
Sy mond is skielik kurkdroog. Hy wil haar waarsku, maar kry geen geluid oor sy lippe nie .Hy draai die venster op sonder dat hy bewus is daarvan. Dan is die leeu by haar en tot sy verbasing skuur hy sy kop teen haar been. Dan gaan haar hand af na sy kop en streel sy die gevaarlike dier.

Hy en die leeu se oë ontmoet en skielik lyk die dier vir hom so vriendelik dat sy vrees soos mis voor die son verdwyn. Hy draai die ruit af en voor sy kon keer steek hy ook sy hand na die dier uit. Alles gebeur daarna so vining .In ‘n oogwenk gryp die dier sy hele hand. Hy voel die pyn en gil aanmekaar ...(word vervolg)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

enkeling
Oom ek is nou sommer baie nuuskierig oor die opvolg
3 jaar 7 maande 2 weke 11 ure oud


enkeling
lekker gelees en wag in spanning vir die opvolg!
3 jaar 7 maande 3 weke 12 ure oud


vervolg
Toe,ons wag. Het die meisie tot die man se redding gekom?
3 jaar 7 maande 3 weke 12 ure oud


Appel
Die (oog)appel val nie ver van die boom af nie. Dit sal baie lekker wees om n duet van julle af te lees.

Hier kom n storie!
3 jaar 8 maande 2 weke 2 dae oud


Ano
Enkeling
Baie oulik! Die arme ou kan mos nou nie sommer net so opgevreet word nie? Sal daar darem iets oorbly om uitgespoeg te word?
3 jaar 8 maande 4 weke 14 ure oud


Leeu
Dis nou 'n goeie storie. Wag vir die volgende deel.
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 18 ure oud


leeu
mmmm kan nie wag vir die opvolg nie
3 jaar 8 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


>>>
Dis nou sommer 'n lekker leesstorie gewees. Moet nie dat ons te lank wag vir die opvolg nie.
3 jaar 9 maande 2 ure oud


Z
O Genade! Net toe ek lekker lees hou jy op. Ek hoop die ou skrik wakker en dat net 'n droom is anders word hy sweerlik opgevreet
3 jaar 9 maande 3 ure oud


Enkeling
Oh nooooo! Nee man, jy kan ons mos nie so uithang om te verdroog nie. Vertel nou!
3 jaar 9 maande 6 ure oud


Enkeling
Goed gedoen janneman!
Ek hou hierdie storie dop!
kan nie wag vir die opvolg nie.
Lekker gelees dankie.
3 jaar 9 maande 6 ure oud


Enkeling

Gegroet Oupa!
Ja-nee, dit begin sommer interessant. Gooi die opvolg!
3 jaar 9 maande 8 ure oud


~~~
Oupa dit is sommer 'n lekker interessante storie. Ek kan nie wag vir die opvolg nie. Moet ons nie te lank laat wag nie.
3 jaar 9 maande 10 ure oud


Enkeling
Dit lyk na 'n opwinende storie, wag vir die opvolg!
3 jaar 9 maande 10 ure oud



Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar